EFF haal die 1 miljoen kerf

Argieffoto

Argieffoto

Julius Malema se jong party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydagoggend reeds meer as een miljoen stemme in hul eerste nasionale verkiesing gewerf.

Teen 07:05 is presies 1 002 355 stemme by die verkiesingsentrum in Pretoria vir dié party getel. Die EFF het tans 6.06% van die land se nasionale stemme, wat sover 20 setels in die parlement verseker.

Altesaam 94.61% stemme is sover getel. Die ANC loop voor met 62.51%, die DA is tweede met 21.96% en die EFF is in die derde plek.

ʼn Totaal van 16 529 857 stemme is tot dusver getel. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco Grobler ·

Kommerwekkend, groot fout as iemand van sy kaliber soveel stemme in so kort tyd kan werf, en iemand met ‘n profiel soos Mamphele net ‘n fraksie daarvan kon werf in meer tyd. Dit moet mens laat wonder oor die morele oortuigings en algemene begrip van ons land se mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.