EFF herhaal oproepe oor Krugerwildtuin, ‘Die Stem’

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

EFF-leier Julius Malema het op Erfenisdag weer geëis dat die Krugerwildtuin se naam verander moet word en dat “Die Stem” uit die volkslied verwyder moet word.

Volgens Malema moet die land ’n kollektiewe erfenis oproep vir ’n regverdiger toekoms na ’n verdeelde, pynlike en onregverdige verlede.

Die begin van alle erfenis is volgens Malema grond en dit is die fondament van Afrika-mense se aanspraak op enige erfenis.

“Ons herhaal daarom ons beroep vir grondonteiening sonder vergoeding vir gelyke herverdeling om te verseker dat grond aan sy regmatige eienaars terugbesorg word.”

Die party het verder geëis dat die name van openbare plekke met “koloniale en apartheidsname” verander moet word.

“Alle standbeelde van apartheid- en koloniale moordenaars moet verwyder word, insluitend straat- en openbare plekke se name soos die Krugerwildtuin.”

Die EFF wil ook hê die name van die Kaapstad- en die Oos-Londen-lughawe moet onderskeidelik na Winnie Mandela en Steve Biko hernoem word.

“Laastens doen ons ook ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om die volkslied wat apartheid vier uit demokratiese Suid-Afrika se volkslied te verwyder.”

Volgens Malema moet “Die Stem” op dieselfde wyse as die “apartheidsvlag” verban word. “Niemand, en veral nie wit mense nie, moet trots wees daarop om enige deel van ‘Die Stem’ in enige van sy vorms te sing nie.”

Die EFF meen eers wanneer al die bogenoemde gedoen is, kan daar ʼn egte viering van erfenis wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

100 Kommentare

jongste oudste gewildste
KrokodilBotha

n Stem jaag sy brein rond. Shame. O ja ons moenie 10 Oktober vergeet nie.

Willa

Droom maar lekker Julius.Weet nie wat jy rook nie.As jy jou mond oopmaak praat jy snert

Gatvol vir Mal ema

Ek begin nou gatvol raak vir hierdie mal rassis. Tyd dat hy gesit word waar hy hoort. In die tronk in afsondering sonder parool ooit.

koos

Hy moet meer worry om sy bas uit die tronk te hou as oor grond en die stem. Ek wonder of sy ondersteuners nog in hom gaan glo as hulle eendag die waarheid oor die EFF verstaan.

Heksie

ek het ‘n “hollow point” met jou naam op …