‘EFF het ANC nederig gemaak’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag gesê sy party het die ANC “nederig” gemaak in vanjaar se munisipale verkiesing.

“Ons is bly dat die EFF die eerste organisasie is om die ANC nederig te maak, die arrogantste organisasie wat gedink het hulle is geregtig op die leierskapposisie in Suid-Afrika. Die EFF het gekom en die party nederig gemaak tot op die punt waar die leierskap van die ANC rondhardloop soos afkophoenders,” het Malema gesê.

“Hulle weet nie of hulle kom of gaan nie weens ons drie jaar oue organisasie. As ons organisasie dit in drie jaar kan doen, dink net wat ons kan doen vir die mense van Suid-Afrika,” het Malema tydens ʼn mediakonferensie by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

Malema het gesê hy is gelukkig met die party se uitslae in die munisipale verkiesing en dat die EFF sy se steun met 100% toegeneem het.

Die EFF word tans in baie gevalle as sogenaamde koningmaker gesien in groot metro’s soos Tshwane en Johannesburg waar die ANC en DA kop aan kop is.

Malema het egter bewerings dat sy party ʼn koalisie met die DA wil vorm verwerp en gesê die EFF sal met enige politieke party gesels wat aan sy party se eise sal voldoen.

“Ons sal wag vir diegene wat belangstel om ons te nader en die gesprekke van daar af voortsit. Ek sou dink die mense wat die ander moet nader is diegene wat voorloop in die metro’s en nie die klein partye nie, want dit lei tot ʼn onbeheerste begeerte vir mag.”

Malema het gesê hoewel die leierskap van die EFF vroeër gesê het hulle stel nie belang om ʼn koalisie met die ANC te vorm nie, die party nie “sy ore kan toedruk wanneer daar gepraat word nie aangesien ons is ʼn demokratiese samelewing verkeer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Veritas ·

In ‘n verklaring gister, het die EFF gesê dat hulle nie met die ANC ‘n koalisie sal vorm nie aangesien hulle nie vereenselwig wil word met ‘n krimpende party nie.

dirk ·

Dit sal gaaf wees as ‘n ekonoom net kan gesels met die EFF oor hul sogenaame transformasie planne.

Anti DA ·

Hy het ook nie so goed gedoen soos hy voor die verkiesing gespog het nie daar waar hulle in beheer is sal ‘n laaste wees want hy het beloftes gemaak van vry elektrisiteit ens ens nou moet hy sy beloftes nakom of hy gaan sink

Jcwf ·

Die ANC het geglo dat die EFF meer ‘n probleem sou wees as die DA. Maar die resultate is omgekeerd. Die kaart het blouer geword pleks van rooier. Ek dink dat Julius oor homself praat as hy ‘nederig’ sê.

Jaco Grobler ·

Ja Julius, ek kan dink wat julle vir die land kan regkry, ALMAL sal dan soos afkop hoenders rondhol!

Lance ·

Die ou is nou een om te praat …hy verstaan niks van ekonomie ….die Rand het versterk omdat die land in n beter rigting gaan met meer DA steun ( die Kaap werk ) ….nie eff steun nie HALLOO ….met meer eff steun is ons meer in n zimbabwe rigting oppad ….the penny just doesnt drop ! Eff breek af ….wys asb net 1 iets wat hulle al opgebou het ….die een verteenwoordiger op tv wou selfs die voirtrekker monument n ander naam gee ….hoe onnosel en onkundig !

Jan maak n plan ·

Hier klein windbol en sy everything for free party is eintlik n groot grap hier op die platelandse mense. Kry nie juis mense wat sy storie goed gesind is nie.

hans brits ·

Die duiwel is los.Kriminele regeer,die koms van Jesus is hier.

John ·

‘Koningmaker’ nogal… eerder windmaker, moeilikheidmaker, belofte-maker, grondskaker en Afrikaner-afkraker. Die EFF wil van die grond af regeer. Diegene wat met hulle wil saamwerk sal sommer nou al ‘n slim advokaat en ‘n uitstekende hartspesialis se dienste moet ko-op.

Ronnie ·

Julius Malema sal dalk nie ‘n goeie staatshoof uitmaak nie, en dit sal ‘n hartseer dag wees indien sy party eendag aan bewind kom. Wat hy egter sê, is korrek. Sy idee was om stemme te werf: stemme vanaf hoofsaaklik die ANC. Die EFF het die ander partye ‘n groot guns gedoen.

Rynhardt ·

Almal Anc-faksies wat op een of ander manier koalisie-regerings vorm!Verder word daar dan net transformasie gehandhaaf en aan die eise voldoen van die massas in die onderskeie provinsies,waar hierdie koalisies seevier!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.