EFF-hoë se broer ontken ‘skenking’ van R16 miljoen

Brian Shivambu se profielfoto op Twitter.

Brian Answer Shivambu, broer van die EFF-adjunkpresident, Floyd Shivambu, ontken hy het R16 miljoen van die nou gewese VBS Mutual Bank ontvang.

Shivambu sê in ʼn verklaring hy is van voorneme om die Reserwebank vir naamskending te dagvaar. “Ek is bereid om met die gereg saam te werk om dié saak af te handel.

“Ek glo enigeen wat skuldig bevind word aan oortredings in die VBS-saak moet verantwoordelik gehou word en die geld wat hulle wederregtelik bekom het, terugbetaal word,” lui sy verklaring.

“Terselfdertyd is ek van plan om regstappe te doen teen die eienaars van die VBS [Bank] vir laster en vir die skending van my maatskappy se naam asook vir die leed wat dié verslag my familie aangedoen het.”

Die Reserwebank het Woensdag die plofbare verslag deur adv. Terry Motau, getiteld “The Great Bank Heist”, uitgereik. Dit verstrek besonderhede van hoe R1,894 miljard in ʼn tydperk van drie jaar van die bank geplunder is deur VBS-hooggeplaastes en instellings wat met hulle vereenselwig word, veral Vele Investments.

Luidens dié verslag het Shivambu na bewering R16 miljoen van VBS ontvang.

Hy beweer Vele Investments het sy maatskappy, Sgameka Projects, in 2017 aangestel om professionele raadgewende dienste te lewer. Sgameka het geen sakeverhouding met die VBS Mutual Bank gehad nie en ook nie geld van hulle ontvang nie, beweer Shivambu.

“Die kontrak wat Sgameka Projects met Vela Investments gesluit het, sê nêrens dat my firma betalings van VBS Mutual Bank sal ontvang nie. Vele Investments het aan my gesê aangesien hulle by VBS bank, behoort ek as direkteur en my maatskappy ʼn rekening by VBS oop te maak om betalings te vergemaklik.

“Om geld deur ʼn VBS-rekening te ontvang beteken nie dat VBS my geld betaal het nie,” sê Shivambu in die verklaring.

Hy het volgens hom in Braamfontein vir die EFF se Studentekommandement as administrateur gewerk, maar die party se diens in Junie 2017 verlaat om hom “toe te spits” op sy “sakebelange”.

Volgens die nuuswebwerf Daily Maverick het die EFF glo R1,3 miljoen wat van die VBS Bank na die party se rekening oorbetaal is onwettig bekom. In die verslag word beweer Brian Shivambu het R10 miljoen deur sy maatskappy na Floyd Shivambu se rekening herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Blits ·

hulle ontken altyd alles al word hulle op kamera vas gevang, so dis niks nuut nie

Marietjie ·

Regtig, dit het jou ‘n hele daggevat om die nonsense uitte dink…. waar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. Niemand sal ligtelik so aantyging maak sonder bewyse nie. Dink weer…

Duncan Potgieter ·

Ou JZ se net word ook al nouer gespan – hy het mos destyds `n lening byVBS bekom om vir sy opstal se onwettige veiligheidstrukture wat met belastinggeld betaal is, aan Tesourie terug te betaal. Die waarheid sal seker ook binnekort uitkom dat die “Lening” aan hom nie meer op die boeke van VBS bestaan nie , maar dat dit omgeskakel is as `n “Skenking”. Dit sal beteken die korrupte JZ het ook voordeel getrek uit “The Great Bank Heist” val.

Ja Nee ·

Waars ou julius nou, stil soos n kerkmuis, dit is sy brothers in arms wat nou moet pa staan vir korrupsie.

Joe ·

Ou Julias hou duimvas hulle sien nie sy mpy naam ook daar nie, hy is mos bekend vir hierdie dinge.

Andrea van Vuren ·

Eienaardig hoe elkeen wat aangekla of verdink word dit altyd ontken. Gaan ondervra maar enigeen in die tronke en hy sal jou sê hy is onskuldig. “What did I do wrong” (JZ). Wie is hierdie swendelaars se rolmodel?

Alida ·

Julius se mond was vanaand op TV toe. Wonderlik. Die EFF kry nou hul eie medisyne.

Johanna Botha ·

Natuurlik ontken …..dan kan jy maar weet dit is waar !

Smirre ·

Nou weet niemand niks. Dis ‘n veldtog om sy en die EFF se goeie naam te beswadder. Hulle Sal regstappe neem om hulle naam te beserm – wat ‘n grap. Die mense is van leuens aanmekaargesit. SA is klaar, verby.

Johann ·

Oo e e.. Wassi ek ni? Het gawerk fo daai tjelete!!! WHAHAHAHAHAHAA!!!!!

jean ·

Ag nê…..ontken en weet seker niks…maar leef soos koning. Dis maar die ou adam in die mens…kan homself nie keer nie….

Adam ·

Geen verrassing!!. Die ANC en EFF is die heeltyd nog besig om alles wat hullle sien te “expropriate without compensation” ongeag of dit grond is of nie. BEE het bang Cyril en Motsepe tot biljoeners ge-“expropriate”.

Platpoot. ·

Kry die beste speurders in die werêld om die gemors by die bank te ondersoek. Ons manne hier is te lig

Andrea van Vuren ·

Vra vir Trump om iemand uit die VSA te stuur. Ons ouens hier is te lig in die broek. Wié beveel die OB aan?

Oom Kalahari ·

Ontkenning is gewoonlik die eerste reaksie om die geldigheid van bewyse te toets. Dali Mpofu sal weer baie tegniese punte bestudeer om ‘n uitweg en gesigwaarde vir sy party te behou in die saak en gaan al hierdie hofsake kostes op die belasting betaler se sakke wees?
Daar is en moet ook heelwat geraamtes in EFF se kaste wees, maar met hul geweldadige gesindheid het almal in die politiek maar ‘n groot vrees om die slot van hul monde af te haal. Ek het my lewe lank hard gewerk en het nie eers daai tipe geld nie, O’ wag dit is mos BEE en voorheen benadeelde uitbetalings wat so vrylik ge-offer of geskenk word. Hang af waar die familie lyne in die Parlement beweeg. Hoop hier gaan ‘n deeglike ondersoek toegepas word sonder toegewings, omkoperye, beloftes of dokumente en leers wat vermis raak nie. Hoop dit vat ‘n Kommissie van ondersoek uit die privaat sektor met geen interne belange nie. Knip die katjie se naels.

Johan ·

Moenie v JZ en Cyril en al hul trawante onderskat nie almal kom uit die selfde kamp

Koos1 ·

Mmmm…. en Adv. Motau het al die name en bedrae uit sy duim gesuig nè?
En die volgende van die EFF gaan wees dat Adv. Motau ‘n teen revolusionêr is wat die voorheen benadeelde lede van ons gemeenskap wil ondermyn en hulle in ‘n swak lig stel.

PLP ·

Ai die voorheen benadeelde mense word maar altyd uitgevang. Hulle kan darem maar net nie die geld stilletjies gebruik nie. Eerste gevaar tekens dat n persoon groot geld ontvang het is die volgende – hulle koop altyd eerste n swart 4×4 – hulle koop tweede n baie groot huis (sonder meubels – geld is klaar) met n DSTV skottel sonder TV (moet darem soort van die bure beindruk). Ja hulle leer ok nie.

Basjan ·

Die net span al hoe stywer om die spul. Daar moet net nie iewers ‘n “gat” in die net ontstaan nie. Slegs wanneer AL die skuldiges krimineel vervolg word, sal geregtigheid seëvier. Andersins is hierdie ‘n vrugtelose oefening.

FRED ·

EK DINK DIT IS NOU ZUMA SE BEURT – PAY BACK THAT MONEY – PAY BACK THAT MONEY. HY VERLUSTIG HOM NOU SEKER – SY BEURT IS SY BEURT.

Andrea van Vuren ·

Dit kom daarvan as jy onnosele kaders in hoë poste aanstel. Finansies, Sassa, Buitelandse sake….ens. ens. ens

Anti Korrup ·

S A se howe is so korrup – sal moet sien wat gebeur maar ek hoop hulle gaan sit – en vir lank – en dat die saak nie jare en jare neem nie.

Sarel ·

Hulle moet net aanhou appelleer tot by die Konstitusionele Hof en se hulle het net custodianship van die bank geneem dan is hulle tollos .

Everything For Free ·

Eers ‘denial’, dan ‘defence’ en dan die jail.

ac ·

Hulle almal is ewe korrup hulle weet hulle het dit gedoen maar sal altyd ‘n rede uitdink om daarvan weg te kom soos sy oupa zuma.’n skelm bly ‘n skelm

HPV ·

Ongelooflik, ‘n klein groepie plunder ‘n bank dat dit sy deure moet sluit! Die land word geplunder en verniel dat dit op die rand van ‘n afgrond staan en die regime neem steeds nie kennis. Solank daar nog iets is om te plunder of te brand sal hulle waarskynlik nie kennis neem. Die volgende gaan die minderheidsgroep se bates wees, om dit te verdeel onder 50 miljoen en as dit op is wat dan!?

Robert ·

dagvaar – jy dink seker iemand gaan skrik. Daar is ‘n ding soos state en wat die engelsman noem ‘paper trail” sal seker sê dis vervals!

Ons weet ·

O ja, ons weet…… hulle is almal weer onskuldig…… tra la la la la……

alida ·

PAY BACK THE MONEY is mos wat die EFF sporadies uitgeskreeu het in die parlement. Dit is julle beurt.

SANDRA ·

BLAMESHIFTING, LIES, CORRUPT..
MORE LIES..
STEALING
HYPOCRISY…..the practice of claiming to have higher standards or more noble beliefs than is the case.

Richard ·

Asseblief Afriforum stel n wettige model op waarvolgens die volk en enersdenkundes hul belasting kan gebruik om druk op die korrupte en onbekwame ANC uit te oefen.

Anoniem ·

As ons belastingbetalers maar net wettiglik ‘n “Sannieshof” kan trek op SARS….

koos1 ·

Anoniem, ek dink jy het reeds jou antwoord. As hy nie eers belasting wil betaal nie, en SARS tot bykans die vloer afgebreek het om hom uit die howe te hou (lees maar The President’s Keepers), wat is die kans dat hy die lening terug betaal?
Ek is meer nuuskierig om te sien of die bank se sakeredding mense beslag gaan lê op Nkandla, OF is dit die rede hoekom sy huis in JHB in die mark is vir R6mij+, om die lening terug te betaal voordat hy homself in die hof bevind?
Judge Judy sê altyd: “Volg die geld”.

ne ·

So kom alle skandes maar weer uit. EFF dink hulle is verhewe bo die reg. CR sal seker vir sy stout seuntjies alles reg maak. CR vry mos al lank na die EFF.

ZET ·

Sy boetie en sy boetie se tjommie het vir hom gese om so te lieg!

Foxi ·

En so het die koringspringkaan saam als opgevreet en net verdwyn……..

waarheid ·

Jip ons weet mos wat het met die sprinkane gebeur.
Jy is reg Foxi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.