Die party het gesê hy sal die hofaansoek indien op grond daarvan dat polisiemin. Nathi Nhleko se verslag poog om die voorskrifte van die openbare beskermer, Thuli Mandonsela, ongedaan te maak. Madonsela het aanbeveel dat Zuma die geld terugbetaal wat aan luukshede soos ʼn swembad, veekraal en hoenderhok bestee is en uiteindelik die projek by R246 miljoen laat draai het.
Die 50-bladsye-verslag wat verlede Donderdag vrygestel is, het bevind die swembad, veekraal, amfiteater en besoekersentrum is noodsaaklik vir die president se veiligheid.
“Nadat ons die verslag wat deur [Nhleko] vrygestel is, gelees het en regsadvies ingewin het, gaan die EFF ʼn regsgeding teen die aksies van min. Nhleko, min. Thulas Nxesi, pres. Zuma en die Suid-Afrikaanse kabinet bring vir hul gesamentlike en doelbewuste oortreding van die Grondwet in verskeie opsigte,” het EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi gesê.
“Hierdie partye het saamgesweer om die bevindinge van die openbare beskermer, wat ʼn onafhanklike hoofstuk 9-instelling is, te hersien, te weerspreek en om te keer.” Hy het bygevoeg slegs ʼn hof kan die bevindinge van die openbare beskermer omkeer – ʼn siening wat ook deur Madonsela uitgespreek is in haar reaksie op Nhleko se verslag.
“Dit kan nie deur ʼn mediakonferensie gedoen word soos lede van die uitvoerende raad verlede Donderdag gedoen het nie,” het Ndlozi gesê.
Vat hom flaffie. Gee hulle vet.
Dis baie goed EFF. Dis baie meer as wat ons kan se van ons sogenaamde Afr wit party VF±.
Loeis, is daar ‘n rede dat jy juis VF+ uitsonder vir jou aanval? Daar is tog talle ander partye?
Jy klink so bewonderend. Gaan jy aansluit?
Dis baie goed EFF. Dis baie meer as wat ons kan se van ons sogenaamde Afrikaanse wit party VF±
Jy is so vol van bewondering vir hulle, gaan jy lid word van die EFF, sogenaamde alex?
Ja, wraggies Alex. En daar hou ek toe ook asem op om te hoor wat hulle gaan doen. NIKS :(
Alex jou kouse het jou weg gegee.Daar is baie aangeleenthede waar jou sg EFF ook maar skitter in hulle afwesigheid onthou net dat jou EFF gal braak teen die Afrikaner soos BV dat ons die grond moet teruggee wat die Afrikaner van hulle gesteel het.ASB weerhou jou van sulke onsmaaklike kommentaar dit stink.
@ Bruno Stef ek dink jy moet weer lees wat ek geskryf het. Nie genoem dat ek hulle ondersteun of nie. Jou opmerking stink.
George Orwell se Animal Farm: ek ruik piesang!
Sogenaamde Dave wat het my lidmaatskap met jou te doen. Terloops behoort nie aan enige party nie.