EFF hof toe oor Zuma

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

Die EFF gaan die konstitusionele hof nader in ʼn poging om die parlement te dwing om pres. Jacob Zuma te dissiplineer.

Volgens Julius Malema is speaker Baleka Mbete “bevooroordeeld en partydig” en gaan die party om dié rede die konstitusionele hof nader. “Ons sal die hof direk nader om te versoek dat Mbete gedwing word om Zuma te dissiplineer.”

Die konstitusionele hof het verlede jaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Volgens die EFF moet die parlement die konstitusionele hof se uitspraak “verder neem” en dit nie net “op die rak laat nie” aangesien dit die hoogste hof van die land “nutteloos” sal maak. “Die parlement moet dissiplinêre aksie teen Zuma neem of hom vervolg.”

Malema het gesê sy party sal nie toelaat dat Zuma en die parlement “maak soos hulle goeddink” nie en sodoende die Grondwet ondermyn.

Die EFF het Dinsdag se debat rakende die staatsrede geboikot. Zuma het verlede week sy staatsrede gelewer en EFF-LP’s is nadat die sessie herhaaldelik ontwrig is, met geweld uit die Nasionale Vergadering verwyder. Die DA en VF Plus se LP’s het hierna uitgestap.

Malema het gesê Zuma is ʼn “onwettige president” en dat die debat rakende die staatsrede nie “die moeite werd is” vir die EFF nie.

Volgens Malema het sy party intussen minstens twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïdentifiseer wat hulle glo as parlementêre veiligheidsbeamptes, oftewel withemde, voorgedoen het. “Die polisie word nie in die Nasionale Vergadering toegelaat nie en ons het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat in dié verband genader. Ons is ook besig om die ander 21 withemde te identifiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ronald ·

Hulle altwee ewe koerup. Die een steel die hele land bankrott en die ander een die oorsaak dat die Boere so vermoor word. Hulle ondersteun mekaar. Trek die aandag van alles af wat saak maak en gedra hulle soos barbare.

PJ ·

Stem saam oor die Kostitusionele Hof gee goeie uitsprake maar daar kom niks daarvan nie so hof het nie “tande”nie

Eugene ·

Ten minste het die EFF met Malema “guts” en is nie draadsitters nie! Hulle help immers ook vir die DA om in 3 stede the regeer!

Jaco ·

Ag asseblief, as die EFF in bewind was sou hul die grondwet so mooi eerbiedig? Zuma en Malema, soos Vinkel en Koljander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.