EFF hof toe voor tugverskyning

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof om ʼn dringende interdik aansoek gedoen om die parlement te verhoed om tugstappe teen 20 van die party se LP’s te doen.

“Ons wag nou op ʼn datum,” het Mbyuseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê. Die party se LP’s is veronderstel om Dinsdag voor die parlement se komitee oor regte en voorregte te verskyn op aanklagte wat verband hou met hulle uitjouery van president Jacob Zuma.

EFF-LP’s het verlede maand chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl Zuma besig was om vrae te antwoord oor Nkandla. Die party se LP’s het “betaal die geld terug” begin dreunsing.

Die EFF se LP’s kan vir tot 14 dae geskors word indien hulle skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Dit is mos die DA se kollegas – het hulle nie onlangs begin saamwerk?

Charles ·

Ten minste is daar iemand wat saamwerk. As ons almal kon saamwerk teen die euwel en korrupsie sou dit dalk anders gewees het maar daar is meer dwars trekkers en mense wat net kyk waar hul ander kan afkraak eerder as om saam te werk. Dis ook hulle wat die gouste kla as dinge nie na hul sin verloop nie.

Dave ·

‘Saamwerk’ teen die euwel deur vir ‘regstellende aksie’ te stem’ Saamwerk teen die euwel deur vir grondhervorming te stem. Saamwerk teen die euwel asook saamwerk teen Afrikaans. Dìt word inderwaarheid genoem ‘saamwerk mèt die euwel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.