EFF-hoof van sekuriteit skuldig ná klap

Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, is Vrydagoggend skuldig bevind op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy in 2019 ’n polisieman geklap het. (Foto: pa.org.za)

Die EFF se sekretaris-generaal en hoof van sekuriteit, Marshall Dlamini, is Vrydagoggend skuldig bevind op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy in Februarie 2019 ’n polisieman in die parlement geklap het.

Dlamini is ook skuldig bevind op ʼn klag van opsetlike saakbeskadiging.

Landdros Nasha Banwari het in die Kaapstad-streekhof Dlamini se bewering dat hy die partyleier Julius Malema teen ’n sluipmoorddreigement beskerm het, verwerp.

Dlamini het 7 Februarie 2019 Johan Carstens se bril tydens ʼn lawaaierige onderonsie ná president Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede gebreek.

Leticia Robertson, ʼn polisielid wat die betrokke dag by die parlement aan diens was, het in Maart 2022 getuig sy het gevoel iets is uit EFF-geledere aan die broei toe hulle in ʼn groep na die staatsrede in die voorportaal van die gebou ingeloop het. Sy het destyds getuig sy het gedink: “Hier kom ʼn ding. Iemand gaan geklap word”, het News24 destyds berig.

Robertson het gesê Carstens het sy hande op en af gelig en vir EFF-lede wat om hom saamgedrom het, gesê “wag, wag”. Die volgende oomblik is Carstens geklap.

Sy het getuig Carstens het gestruikel en daar was bloed op die brug van sy neus. Sy bril het op die vloer geland en een van die brillense het uitgeval. Die brilraam was effe beskadig.

Robertson het Dlamini weggestoot en Carstens gaan help. “Alles het so vinnig gebeur,” het sy getuig.

Sy het gesê Carstens het Dlamini geen rede gegee om te glo sy lewe was in gevaar nie. Die EFF het ná die voorval in ʼn verklaring gesê hulle het ʼn wenk ontvang van ʼn moontlike sluipmoordaanval op Malema en dat hulle op dié manier gereageer het omdat hulle geglo het die aanvalsplan word uitgevoer.

Dlamini sal op 31 Mei gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Olive ·

Nogal Marshall. Waarom gebruik die spul Europese name? Net so ook ou Cyril en Julius en al die ander wat nou nie ‘n prins, precious of blessing is nie. Seker skaam vir hulle eie name.

domheks ·

kry vir jou, jy verdien dit. Wat van permanent geskors uit die parlement?

hendrik ·

En so Sal die seders Val een na die ander tot die hele bos op die grond le. Die spreek woord se mos kap al die ou droee hout uit.

JohanR ·

Wat was verkeerd met daai polisieman? Waaneer daai eerste klap geval het sou ek Marshall Dlamini soe geneuk het hy sou inderhaas gevalle by Chris Barnard gejaag word. Jammer maar niemand klap aan niemand sonder consequences!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.