EFF hoor vandag oor OVK-deposito

EFF-lede buite die hof verlede week. Foto: SAPA

EFF-lede buite die hof verlede week. Foto: SAPA

Die Pretoriase hooggeregshof sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer in die aansoek van die EFF rakende ʼn interdik oor die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wil nie ‘n deposito van R600 000 betaal wanneer hy sy kandidaatlys vir vanjaar se nasionale verkiesing indien nie.

Maroela Media het vroeër berig Julius Malema, leier van die EFF, het aangedui daar moet ander metodes buiten geld wees wat ʼn party se erns aandui. Hy het ook gesê die OVK voer ʼn oorlog teen armes. Die EFF is bereid om aan die eise te voldoen indien die verkiesingsliggaam ʼn bedrag van tussen R100 en R200 voorstel.

Lees ook:
Uitspraak voorbehou in EFF-saak; joernaliste gedreig
EFF-ondersteuner sterf buite hof
EFF in hof oor OVK-deposito
EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie
EFF hof toe oor OVK

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.