Die leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sal Saterdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, toesig hou oor die party se provinsiale verkiesingskonferensie.
Die twee dag lange vergadering by die YMCA sal die grootste byeenkoms van die EFF wees sedert ʼn vrouedagbyeenkoms in Augustus by die Caluza-sportkompleks. Vusi Khoza, provinsiale leier, het gesê hulle is gereed vir die konferensie en word bemoedig deur die reaksie en ondersteuning wat hulle van die publiek geniet.
“Ons het goed gedoen by kampusse omdat ons boodskap by die mense aanklank vind. Ons was die eerste party wat oor gratis onderrig gepraat het. Mense het gedink ons is mal, maar gou het die #FeesMustFall-beweging die regering gelei om fondse beskikbaar te maak vir studente uit behoeftige gesinne. Ons het gepraat oor die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding en doemprofete het beweer dit sal verdeeldheid saai – en tog is dit die posisie wat tans ingeneem word deur diegene aan bewind. Ons is die voorlopers.”
Hy het verwys na die party se studenteliga wat die VSR-verkiesings gewen het by die Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban Universiteit van Tegnologie en Mangosuthu Universiteit van Tegnologie. Die EFF sal sy ondersteuning by dié instansies saamvoeg om volgende jaar goed te vaar in die verkiesing, het Khoza bygevoeg.
Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC, het gesê die EFF se oorwinnings is kommerwekkend vir sy party. Hulle is besorg oor die feit dat jongmense verkies om die EFF te ondersteun.
Khoza het bevestig dat sommige lede van die EFF hom versoek het om homself in die pos van voorsitter beskikbaar te maak.
Julius Malema, leier van die EFF, sal na verwagting ook die konferensie bywoon.
As die heelal bestaan uit ‘n ongelooflike groot getal plekke, kan ek aan ‘n ongelooflike groot getal plekke minus een, beter plekke dink om te wees as op die EFF se konferensie.
Minus twee, ‘n ANC konferensie…
Hier kom n groot Sirkus
En gaan hulle nie toestig hou nie né?
“”Verkiesingskonferensie” met ander woorde, opstoking-byeenkoms.
Ek stem nie saam met hulle beleid nie, maar ek bewonder hulle ywer en posetiewe houding van “we are a government in waiting” en “eendag sal ons nog wen”. Dis maar hoe die Nasionale Party ook geduldig aangehou het vanaf 1934 tot 1948.