EFF hou vol ‘Die Stem’ moet gaan

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Die EFF het Maandag opnuut ʼn beroep gedoen dat ‘Die Stem’ uit die nasionale volkslied verwyder moet word.

Die party het dié uitsprake gemaak in die verklaring wat hy ter viering van Erfenisdag uitgereik het. Dit is nie die eerste keer dat die EFF daarop aandring dat ‘Die Stem’ uit die volkslied verwyder moet word nie.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het verlede jaar gesê die insluiting van ‘Die Stem’ in die volkslied is ʼn vervalsing van Enoch Sontonga, wat Nkosi Sikelel’ iAfrika gekomponeer het, se gebed om die mense van Afrika te verenig. “Dit wek ook die indruk dat Nkosi Sikelel’ iAfrika net volledig is wanneer Europese tale daarby gevoeg word,” het hy gesê.

Die rooi barette het Maandag ook ʼn beroep op die regering gedoen om “alle apartheid- en koloniale statusse en simbole te verwyder”, aangesien hierdie simbole “die gemak van rassiste en wit opperheerskappy handhaaf”.

Die EFF het ook weereens van die geleentheid gebruik gemaak om die grondkwessie aan te roer en gesê die Grondwet moet onmiddellik gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak “sodat die grond teruggegee kan word”.

“Ons doen ook ʼn beroep op die hele kontinent om Kiswahili as ʼn taal van kontinentale eenheid te omarm. Laat ons trots wees op ons erfenis,” lui die verklaring. Luidens mediaberigte het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, verlede week gesê Kiswahili sal vanaf 2020 as ʼn opsionele nie-amptelike taal in skole aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Stem ·

Ja want dit gaan die probleme soos werkloosheid, armoede ens oplos !

Landi ·

Laat die wat nog “volk” is, n volkslied sing. Maar as jy niks het om oor te sing nie, hoe wil jy n volkslied hê? Dis Ons Lied: Die Stem. Sal altyd wees. Mag die lied ons herhinner van harde, eerlikke werk en ontwikkeling, wat ons met eerbare trots en vervulde geluk gelaat het. Mag dit ons verwysing na inspirasie en motivering wees vir n toekoms met hoop in n huidigge gebroke onuitspreekbare, onregverdigge haatdraendheid, wat dit moeilik maak vir ons om n volk te wees, n identiteit te he en om op te kan staan met erkening.

Willem ·

Hulle voel seker nou hulle het ‘n berg versit en dit laat hulle breëbors rondloop. Enigiets om aandag te trek en om die voorblaai te kom.

Landi ·

Die nuwe vlag is net so skreeu lellik, maar ons bring ons kant, ons dra daai vlag en aanvaar daai vlag, en het oor en oor bewys dat ons nie moeilikheid of n oorlog wil he nie. Al ons samewerking is gegee. Ons is die werk skeppers. Ons belasting is betaal. Tog is Die Stem hoe nou weer n probleem?

marous ·

Geen trots om dit vanaf ‘n rommelhoop te hoor of te sien nie , so verwyder dit asseblief self , sonder enige kennis of kruipery.

Pensioenaris ·

Agt tog, wat nog? Mens sou sweer hulle regeer die wereld.

Mrs H ·

N Volkslied is iets wat hulle nog nooit gehad het van te vore nie. Interesant hoe DIT nie TE Kolloniaal vir hulle is om n volkslied te he nie? Net nog n hekse gejaggery, anders sou dit hulle mos nie pla nie.

Trots Afrikaans ·

Hulle wil hê dat alle apartheid statusse en simbole moet verwyder word.
Hiet is ‘n paar statusse waarmee hulle kan begin:
Selfone
TV
Klere
Krag
Lopende water
Toilette
Skole
Taxi’s
Gewere

Hulle kan ook weg doen met die titels, onder andere “eerbare lid”.

Theresa ·

Nog vir lysie:
Tee
Aerosols
Vliegtuie (alle vlugte vir almal afskaf!)
Westerse huise
Ensovoorts, ensovoorts
Teerpaaie en padreëls (o nee – reeds besig om oral te ry – het vergeet)
GPS (hie hie)

Wie het al ooit van Kiswahili gehoor? Lief om tale te leer – waar kan ek inskryf?
EN gaan alle borde, boeke, GPS ensovoorts dan vertaal word?

Piet ·

Ja en ook die wiel, ne. Jan Van Riebeeck het die eerste wiel hierheen gebring. Voorheen is alles op jou kop gedra.

Elna ·

EFF moet gaan!! sing julle maar die volkslied ons afrikaners sal die stem sing tot in die ewigheid in! #EFFMUST FALL#

PPP ·

Kom ons gee ons stem vir die STEM waarvoor moet ons bang wees.

Hettie ·

Hulle Was te lank uit die nuus uit ! Soek nou aandag !moenie reageer nie !

Francois le Cochon ·

Eintlik stem ek nogal saam. So is Nkosi Sikelela ook nou uitgedien. Ons behoort nou ‘n totale nuwe volkslied te kry,

Koos1 ·

Elke slag as ‘n politiese party of groep niks meer het om te bied aan sy kiesers nie, moet die blankes en hulle geskiedenis dit ontgeld. Weet jy, haal die stem uit die volkslied, verwoes alle beelde ens. Vat die Springbokke. Haal alles uit wat hulle ook al pla. Wat gaan hulle dan oor moan? Ek is moeg baklei vir my deel in hierdie land, en om onder hulle “vrygewingheid” te leef.

Marius ·

Ons stem behoort nie daar vat dit weg wil dit nie vergelyk met die korrupte een van ANC.

Jerry ·

Die ANC en ander partye moet toegelaat word om eerste te reageer en indien daar nie steun is vir die eff “demand” vanaf spesifiek die ANC, dan hoef die Afrikaner organisasies nie daarop te reageer nie. Indien daar wel steun is moet Afrikaner organisasies dit duidellik maak dat enige verandering aan die volkslied net soos enige verandering aan die grondwet enige verdere versoening onmoontlik maak. Afrikanerorganisasies moet dan sonder om dit uit te basuin, buitelandse druk versnel en verhoog, maar meer belangrik, buitelandse daadwerklike optrede moet geld teen spesifiek die EFF en wie ookal hulle “demand” steun. Indien die volkslied en grondwet verander word en die buiteland tree nie op nie, moet Afrikaner organisasies dit sterk begin oorweeg om hulle belange na die buiteland te begin skuif (belangrikste belang is mense).

Lollie ·

Kan ons ook ‘Stem’ oor dit wat moet gaan? EFF beslis eerste!!!!!!!

Sloet ·

Dr Ndlozi is right.
Die apartheid Stem MUST be taken out of the anthem.
Most South Africans don’t even sing that part. And they shouldn’t.
Together with the ugly OrangeWhiteBlue apartheid flag, it should ONLY be seen or heard in a museum.
Weg daarmee!

Anoniem ·

Ek stem volkome saam met die EFF. Die Stem moet uitgehaal word, want dis skandalig om dit saam met die ander gemors waarvoor ek geen agting het nie te sing. Dit hoort op sy eie.

Hendrik ·

Ek stem ook die keer saam met die EFF. “Die Stem” hoort nie deel van die nuwe volkslied te wees nie. Dis baie mooier en word afgebreek deur deel te wees van die saameflanste lied. Gee ons egter die vryheid om “Die Stem” te sing waar en wanneer ons wil.

Adrian ·

Aha ek is lankal nie meer n patriot van die land, dit het ’94 gestop. Ek ken gelukkig nie n woord van die volksvreemde volkslied nie, staan nie eens op as dit gespeel word nie so eff doen net wat julle wol maar julle vat nie aan my eiendom nie …. wees gewaarsku ??

Onnodig ·

Kan ons nie Die Stem vrygespreek kry soos van Kill the Boer kill the Farmer is nie? Dan haal hulle dit uit die volkslied en ons sing dit wanneer en waar ons wil?

christa ·

stem. Vat weg die pragtige lied uit die volkslied. Toe die Stem geskryf is was dit met eer en respek gedoen. Nou vermeng hulle die lieflike lied met ander tale. Ek sing die “Stem” met trots ( al is dit in my eie huis) want ek is ‘n trotse Suid Afrikaner.

Casper Labuschagne ·

Nog ‘n spyker in die doodskis van die reënboognasie. Tog sal diegene wat nou dekades al deur die skyn van Mandelatopia verblind is, aanhou glo, en hulle sal selfs inval by die verwydering van Die Stem se gedeelte ter wille van nasiebou. Hulle moet regtig die EFF leier se Twitterstroom besoek (googel gerus na “Julius Sello Malema twitter.com”) en sien hoe min die radikale swart nasionaliste vir of nasiebou of Mandela of witmense, omgee.

Wat my betref, as Die Stem gedeelte wegval sal ek self dan geen deel van die volkslied meer sing nie. Ek was eens ‘n burger van Suid Afrika, maar hierdie is nie meer die land wat ek eens geken het nie, en gevolglik is ek hoegenaamd nie meer ‘n burger van hierdie land nie.

pinkie ·

Haal dit maar uit. Dit is ‘n pragtige lied en behoort nie in die lied saamgesing te word waar iemand anders as onse enigste lewende God gevra word om Afrika te seën nie.

Chinese ·

Maak die volkslied Chinees – ons behoort mos aan hulle.

Ek sien die eff het niks om te doen nie – nou kom hulle met sulke tjoll.

Sodra Die Stem gedeelte uit die Volkslied verwyder worde – gaan ons verseker nie meer saamsing nie.

Willehond ·

Hoekom het malema wit lyfwagte? Hoekom dra hy skoene en hopelik kouse? Hoekom bly hy in n baksteen huis? Hoekom ry hy in n kar? Hoekom vlieg hy in n vliegtuig? Hoekom dra hy klere? Vra maar net! Kolonialisme?

Afrikaanse Knaap ·

Moet hulle net nie vernietig nie asb. Gee vir ons ‘n Vokstaat or Volkstate, dan sal ons die standbeelde daar oprig.

Lorraine ·

Wie is hulle en van wanneer kan hul noem wat moet gebeur. Dan moet die ANC nog aan hul eiste voldoen ook.

Boy van die Suburbs ·

Hulle is meer as WELKOM om die Die Stem te verwyder. Ek sing in elk geval nie daai mengelmoes kardoes nie!! Sing net die suiwer Stem!!

Ben ·

Kom ons kyk na feite, geen emosies nie, 1) Die Stem wat deur C.J Langenhoven gekomponeer was, was vir almal in Suid Afrika voor Apartheid. 2) Nkosi, is ter ere van Voorvader Geeste. DIe Nkosi is nie die skepper nie. So elke keer as jy NKosie sing spreek jy dood oor jou land, daarom die vreeslike droogtes, Aids, Swak Ekonomie, Staatskapings, Korrupsie ,Bafana in die Wereld beker ens. Se maar net.

Alias ·

Die oorloggesind, EFF Mbuyiseni Ndlozi moet ook van die land verwyder word. Hulle soek vir lelike burgeroorlog.

Johan ·

Ja asseblief haal Die Stem uit.
Soos talle ander is ek trots op die Stem en sal dit sing. As ANC geledere hulle gemors kan sing en hul mk uniform kan dra. Kan ons ook seker doen wat ons wil. Hulle hoort eerder in ‘n sirkus. Geen wonder die land is in so ‘n gemors nie. ‘n Klomp narre wat besluite moet neem

Magda ·

Dit wat die massas as die volkslied aanvaar, het ek nog nooit gesing nie, ek ken nie die woordie nie want die enigste volkslied wat ek ken en aanvaar is: DIE STEM! Ek stel ook nie belang om Nkosi Sikelela te leer of te ken nie, dit is nie MY volkslied nie en sal ook nooit wees nie.

Lerato ·

Skrap die hele volkslied dan doen ons maar die haka nes NZ wat nie ‘n volkslied het nie.

Casper Labuschagne ·

DIe naaste wat ons aan ‘n haka het wat al 11 taalgroepe en kulture sal verstaan, sal verskeker die mynwerkers se “gumboot dance” wees.

Tanya Crouse ·

NZ het ‘n volkslied: “God Defend New Zealand”.

Casper Labuschagne ·

Nog ‘n spyker in die doodskis van die reënboognasie. Tog sal diegene wat nou dekades al deur die skyn van Mandelatopia verblind is, aanhou glo, en hulle sal selfs inval by die verwydering van Die Stem se gedeelte ter wille van nasiebou. Hulle moet regtig die EFF leier se Twitterstroom besoek (googel gerus na “Julius Sello Malema twitter.com”) en sien hoe min die radikale swart nasionaliste vir of nasiebou of Mandela of witmense, omgee.

Wat my betref, as Die Stem gedeelte wegval sal ek self dan geen deel van die volkslied meer sing nie. Hierdie land het vir my ‘n vreemde land geword.

Cornelia Hartzenberg ·

Malema oppas die Here slaap nie. Oppas ook maar vir jou eie mense in jou party. jy dink hulle is almal vir jou maar jy weet nie wie is teen jou nie. Hulle wil graag op TV verskyn en gesien wees en jy is maar net hulle TOEGANG daartoe, maar andersins mag jy hulle ONDERGANG wees.

Nikita ·

STEM 100% saam julle. Die Stem hoort nie saam Nkosi sikelel ‘iAfrika nie. Ek het ook nog nooit Nkosi sikelel ‘iAfrika gesing nie, maar ken beslis die eerste reeltjie, en as n mens mooi navorsing gaan doen, vind mens gou uit wat en wie Nkosi is!!

Gatvol ·

Hoekom moet die volkslied vir hom ‘n bedreiging wees..Laat hy net sy mond hou vir die gedeelte wat hom nie pas…

GTH ·

Wie op aarde praat KISHWAHILI? DIT is nie eers een van die landstale nie maar die wragtie weet die mense sal dit ‘n verpligte taal op skool wil maak . maar AFRIKAANS MOET UIT !! HOE BELAGLIK kan ‘n mens raak . OF ALLES ENGELS .. of niks .. te hel met julle Swahili maar julle werk die ander tale uit ..

Gatvol ·

Die man tart die hele land….hy moet liewers net stilbly en sy kinders grootmaak

zis ·

Ek sing onder geen omstandighede n`kosi nie. Dit maak my naar. Ek sing DIE STEM alleen uit volle bors, al doen ek dit ook alleen.

willem Botha ·

Ek stem saam ,sloop sommer hierdie mandela afgodsbeelde ook en sloop die unie gebou en wyl julle besig is verkoop die hele land aan die Chinese.

Bokka ·

Hahahaha haal maar die stem uit ek gee nie om nie ek sal die stem by die huis sing kan nie so n mooi lied besoedel met nkosi nie.

Foxi ·

Mnr die rooikappie, kry tog n gly……
Ons Volkslied behoort aan ons. Dit sal altyd…..altyd in ons harte bly, al word dit verwyder.
Ons kan dink wat ons wil, maar kan nie sê wat ons wil nie! Ons swyg maar in stilte……

Katy ·

Ons moes ons lands vlag laat gaan, ons moes die stem verander, ons moes Godsdiens in skole laat gaan, ons wette verander op verskillende lisensies, hul wil grond hê van voor geslagte wat hul nie eers ken nie en wat ons mense hard af betaal , hul sal in haglike omstandig hede gaan woon masr te lui is om self in te spring en iets te doen. Waneer kom als tot ‘n end van vra gratis en kry. Ag nee wat te erg is, is te erg. Los die stem (volkslied) uit. Die EFF krap nou behoorlik waar dit nie jeuk nie. Hul het ‘n kompleks. Hul moet liewers bid vir vrede en mense help in plaas van eise stel.

Al ·

Die wieg van die mensdom is in SA gevind. Ons bly net hier in SA.
Dis ons land, ons erfenis.
So ook die res van die wêreld hoort hier.
Jammer Malematjie dat jou bubble gebars word.

AttnieNo1 ·

Ek stem saam, haal asb. Die Stem, uit daardie vrot anc lied uit. Dankie!

Vegter ·

Eff en Blf regeer kla die land hul dreig daagliks op fb wat hul gaan doen met wittes.
Ramaphosa het nie meer n sê

Ben ·

Stem vir die een. Lekker ritme, hou van die hoeder want besluite in SA word soos afkop hoender gemaak. LOL

Landi ·

Wonder wat sal gebeur as ons saam beplan om as Afrikaners by n internasionale rugby spel op te daag, sjoep stil te bly as “Nkosi” gesing word, maar saam n oorverdowende “uit die blou van onse hemel…” laat los trek met mag, mening, volle bors en volume..?! Kry skoon hoendervleis as ek my indink hoe dit mag klink en voel. Sou hulle dié uithaal, sal ons net die volle Stem sing van die begin af, wanneer hulle gedog het dat hulle een of ander lied, bedoel vir voorvader geeste, sing! Sing ons hulle mors dood. Die verskil is, ons sing vir n lewende God. Ons ken Die Stem. Hulle ken hul eie Verdeelde volkslied nie.

HPV ·

Alles is vir 6% Malema ‘n bedreiging, maklik een van die bangste mense op die planeet. Soos ‘n klein seuntjie, bang vir die donker, spoke en die Stem…

Mrs H ·

Solank as wat ek belasting betaal en met n SA geboorte sertifikaat sit, sal ek my Die Stem sing! Daar is geen “K” woord daarin nie.

Trots Wit ·

Die probleem is egter dat ons wit kinders die nkosi geleer word van kleuterskool dae af. Haal uit die stem se ek ook maar hoe lank voor ons dit ook net in die geskiedenis boeke gaan lees. My voorspelling is in elk geval dat ons wit mense binne n paar generasies net deel gaan wees van Ons land se geskiedenis. Wit mense en dit waarop ons eers op trots was sal stelselmatig verdwyn met ons kinders en die se kinders wat n beter heenkome elders gaan soek.

Cornelia ·

Daar is soveel onwegneembare, rotsvaste geloofskrag in ons geskiedenis, deur ons Voorgeslagte aan ons voorgeleef. Ons het gewoeker met Godgegewe gawes en dit diensbaar gemaak in ons Land. Sou ‘n vrye volk so gou vergeet hoe duur vryheid is? Sou ‘n volk so gou vergeet dat ‘n Gideonsbende genoeg was, om met die aflê van ‘n Gelofte, God se Genade oor ‘n hele nasie te verseël? Hoe gou het ons “selfstandig” en “onafhanklik” geword? Die Here roep elkeen van ons om na dieselfde Afhanklikheid, Lof en Aanbidding terug te keer. So sal ons individueel maar ook as ‘n Afrikaner volk, van God se Groot dade teenoor ons, aan die hele wêreld getuig. Dit gaan gebeur. Voordat “Die Stem” gedig en getoonset is, het ons na God se Stem gevra en baie het geluister. Hou koers en wéét u hét hier ‘n plig en taak om te volbring.

MS ·

Hulle mag hulle “Struggle” liedjies sing omdat dit deel is van hulle “erfenis” maar ons is nie geregtig op ons eie “erfenis” nie?

ac ·

Sy dra maar net die eer van minister maar dom verby,dink net aan hulself,

ACJ ·

Na die nuwe dagga wet,is die nuwe landslied Green Green Grass of Home.
ahhaa Malema

Anoniem-Pta ·

Ek is moeg daarvoor om die heeltyd beroof en ontneem te word van alles wat ons trotse blanke Afrikaners maak. As ons blankes enige kriesel van trots of afrikaans wees uitleef dan word ons as rasisties of die onderdrukkers gebrandmerk. Is dit dan ‘n sonde om wit te wees? Wel in die land voel dit so.

Ek kan nie meer nie, ek gee op. As ‘n jong professionele persoon ervaar ek beperkte groei geleenthede in my beroep. Ek kan nie ‘n besigheid oopmaak sonder om 51% weg te gee nie en dan word ons daagliks herinner aan die sondes van ons voorvaders tydens apartheid.

Ek het nou die punt bereik waar my hoop vir dié land verwyn het. Ek en my vrou gaan ons goed vat en die land verlaat na ‘n plek waar ons meer gelyk geag sal word, waar ons ons koppe hopg kan hou as mense sonder enige veroordeling.

Vaarwel Suid Afrika

Ann ·

Weet jy, as mens mooi na die Stem se woorde luister, sal jy agterkom daar is nie ʼn ondertoon van enige rassisme in nie. Die hemel bly blou, die see bly diep, die kranse by antwoord gee, ons land bly Suid Afrika. Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra.
Ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika!!

Jaco Brits ·

In my Oe voel ek dat ons die STEM moet uithaal.

Voor julle my kruisig lees eers klaar..

Wie was Nkosi gewees?

Hy was n voorvader afgod gewees. So elke keer as daar gesing word vra mense dat n voorvader afgod Afrika moet seen……. Met die sing van dit huts ons mos die afgode aan om sy nageslag te help met wat hulle doen. Reg of verkeerd..

GOD se ek is n jaloerse God jy mag GEEN afgode dien nie. Nou onwetind sing jy vir n afgod. En dan Sing jy die STEM ook waar jy met GOD praat. Nou hoe kan ons,ons GOD saam met n afgod dien.

Nou is my vraag is dit nie een van die redes hoekom RSA is waar hy is vandag nie.

GODS diens is uit skole gehaal en dan sit ons GOD nog saam n afgod in ‘n landslied saam. Dit is hoe ons gebreinspoel word sonder om dit te besef.

Elke keer as die Nkosi gesing word vra ons mos direk ‘n afgod om ons te seen en ons bid hom mos aan.

Dink oor ons onkunig is oor die taal en geskiedenis verstaan ons nie altyd wat gese word en gedoen word nie.

Onthou voor hulle enige misdaad pleeg bid hulle vir die selfde Nkosi as wat gesing word om hulle misdaad te seen teenoor ons.

Net so bietjie iets om oor te dink wat ons elke dag doen sonder om te besef………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.