EFF-huis in Nkandla val uitmekaar

Die huis wat die EFF vir Hlongwane gebou het. In die agtergrond is pres. Zuma se Nkandla-woning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die huis wat die EFF vir Hlongwane gebou het. In die agtergrond is pres. Zuma se Nkandla-woning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die huis wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning gebou is, val glo uitmekaar.

Julius Malema, leier van die EFF, het toegegee dat die huis op die rand van ineenstorting is weens slordige konstruksiewerk. Malema het aan News24 gesê die huis sal gesloop en herbou word.

Sthandiwe Hlongwane (32), die vrou wat in die huis woon, het bevestig dat boukontrakteurs Dinsdag ʼn inspeksie gedoen het. Die huis is in Januarie verlede jaar aan Hlongwane oorhandig as deel van die EFF se verkiesingsveldtog.

Hlongwane het News24 op ʼn toer deur die huis gevat en gewys hoe die dak op plekke insak weens die swaar dakteëls. Daar is krake in die mure en Hlongwane en haar gesin moet van ʼn buitetoilet gebruik maak aangesien daar nie ’n waterstelsel aan die huis gekoppel is nie.

Nkululeko Ngubane, die EFF se streeksekretaris in Uthungulu, het die huis Dinsdag besoek. “Ons het nodig om klarigheid te kry want ons wil nie hê dit moet lyk of ons verlede jaar Nkandla toe gekom het om stemme te werf nie. Ek het die krake en probleme gesien maar die kontrakteurs gaan seker maak dit word herstel.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pop ·

Nou waaaar sou die idiee vandaan kom dat hulle stemme wou werf. Lag my klaaaaaar vir die lot. Maar dan kan mens huil ook want die kraaie sal aanhou snert opvreet vir soetkoek.

CHRISTA ·

Ek hoop Kwa-Zulu se mense kom vroegtydig by! As nie eers EEN huis wat deur die EFF gebou/laat bou is vir ‘n jaar staande kan bly nie, hoe gaan die EFF ‘n LAND staande laat bly wanneer hulle aan bewind is?

Machiel Nel ·

Duidelik ‘n BEE bouer gewees… Dis hoekom alles uitmekaar uit val. Wys nou maar weer, om so te probeer stemme “koop” kos duur.

jjobson ·

EFF huis i bespotting teenoor stortkop se rookgooi paradys.

Leeutjie ·

JJobson…probeer jy nou weer ‘n hoek uitgooi om ons bloeddruk op te jaag! Ek lees jou kommentaar en vererg my lekker vir jou. Dis maar alles deel van die game ne… ons kan nie altyd almal dieselfde voel nie! Ek lag baie vir julle klomp!

jjobson ·

Editor, my comment is it not accessible to the readers. I like like reaction on/to it.

C Taute ·

O nou verstaan ek…bra julius & co sukkel bietjie met die huis BOU nou gaan hulle maar weer terug na hulle sterkpunt… standbeeld BREEK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.