EFF in hof om Zuma te verwyder

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die konstitusionele hof sal na verwagting Dinsdag ʼn aansoek deur die EFF aanhoor om die bal aan die rol te kry sodat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder kan word en aanspreeklik gehou word vir sy rol in die Nkandla-debakel.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê die party vra in die aansoek dat die parlement die proses aan die gang moet sit om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas nadat die konstitusionele hof vroeër bevind het Zuma het sy ampseed verbreek en die Grondwet van die land oortree.

“Nadat ons verskeie kere aan die speaker van die Nasionale Vergadering geskryf het om te eis dat Zuma dissiplinêr verhoor moet word om te bepaal of sy oortreding van die ampseed op ʼn ernstige oortreding van die Grondwet neerkom, het sy geweier,” het Ndlozi Maandag gesê. “Gevolglik het die EFF ʼn aansoek voor die konstitusionele hof gebring om te versoek dat die hof beslis die speaker moet Zuma aan ʼn dissiplinêre proses onderwerp soos deur die EFF versoek.”

Die konstitusionele hof het in Maart verlede jaar in ʼn verdoemende beslissing gesê Zuma het versuim om die Grondwet die handhaaf, te verdedig en te respekteer toe hy nie gehoor gegee het aan die regstellende stappe van die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, nie.

Madonsela het drie jaar gelede die sogenaamde Nkandla-verslag beskikbaar gestel waarin sy bevind het dat miljoene rande wat gebruik is om Zuma se private woning in Nkandla te opgradeer, nie regmatig aangewend is nie. Madonsela het bevind Zuma het onregmatig voordeel getrek uit die veiligheidsopgraderings by die huis wat later meer as R200 miljoen gekos het en uiteindelik ʼn swembad, ʼn beeskraal en ʼn amfiteater op die belastingbetaler se onkoste ingesluit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

alida ·

Ek steun nie alles wat die EFF doen nie maar hierdie keer staan ek agter hulle. Dit kan nie so aangaan nie. Daardie man kom weg met absoluut alles en word nie vervolg op een enkele klag van die 700+ nie. Hy is nie verhewe bo die wet nie.

Boetman ·

Probeer maar eff, maar hy het al sy pelle in dir regte plekke om hom te beskerm

snoefie ·

ag ou Julius, julle het al ag keer probeer. dis omdat daar nie perke gestel is nie. ek weet hoeveel het my eie veiligheidsopgraderings beloop. daarom dink ek n limit van R100 000 behoort voldoende te wees. die uitgawe moet net veiligheidstoerusting dek. enige hoenderhokke en beeskrale en hie hie hie brandpoele moet op eie onkoste gedoen word. in zuma se geval moet die waarde van die opgraderings bepaal word en die verskil tussen die waarde en die prys deur die leweransiers terugbetaal word. dis staatsgeld nie zuma se spaarvarkie nie.

CWK ·

Julius dit help nie jy probeer Zuma hof toe sleep nie. Slaan liewer sy lewer met ‘n plank dan is almal van hom ontslae.

n ·

He he he arg ai ou Julius sorg dat jou lyfwagte 24/24 paraat is want wees verseker daar gaan n aanslag op jou kom erger as die op Cyrel en ja gryp elke wettige geleentheid aan om teen Duduzane se pa op te tree want in die praathuis gaan julle nie regkom nie.

Anoniem ·

Ek dink die EFF het ‘n groter kans op sukses as die DA wat vroeër wil stem.

m ·

Ag rerig. Hierdie man gaan nerens nie al se wie wat. Mense moet eerder hulle energie en tyd aan die opbou van hierdie land bestee.

jaco ·

die regters se salarisse word deur die Staat, wat deur die ANC beheer word, betaal, so hulle sal hierdie saak uitgooi of met ‘n slim uitspraak kom wat beteken Zuma bly.
Boere in Zimbabwe het ook gedink hulle is veilig toe meeste regters gesê het plaasbesettings en afvat van plase is onwettig. Al wat Mugabe toe gedoen het, was om daardie regters af da k en regters aan te stel wat sy beleid 100% konsekwent napraat.

Alida ·

Moenie die regters onderskat nie. Hulle weet wat hulle doen en kan nie net sommer afgedank word deur Zuma nie. Hy het nie alleen die se nie.

Bernard ·

Julle opskrif van hierdie berig lees: “EFF in hof om Zuma te verwyder” maar dit moet eintlik lees: “EFF in hof om Zuma te PROBEER verwyder.” Vele het al probeer en vele sal dalk nog vorentoe probeer maar zuma klou net eenvoudig soos ‘n neet aan sy magsposisie. Voorspoed EFF, ek hoop JULLE slaag.

AL ·

Wat sou hul agenda wees om hom uit die kussings te probeer lig? Dalk is hy n speek in hul politieke toekomsdrome.

Toppie ·

Lyk of EFF hulle naam ook geslaan het met ‘n plank soos die DA. Dink hulle is slim maar meester Zuma is hulle altyd een voor

Haan ·

Nie een van julle besef dat hy dit doen vir PUBLISITEIT. Al kry hy niks reg nie, die swartmense sien dat HY wat JUJU is vir hulle sal “veg” en ek skat sy steun gaan met die volgende verkiesing kommerwekkend groot wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.