EFF in KZN vra Shivambu moet bedank

Floyd Shivambu

Floyd Shivambu

Die KwaZulu-Natalse tak van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het versoek Floyd Shivambu, adjunkpresident van die party, moet bedank.

EWN berig die tak beweer Shivambu is die rede waarom die party nie goed gevaar het tydens die plaaslikeregeringsverkiesing nie en hulle wil ook by hom weet wat met die geld, wat vir verkiesingsdoeleindes in die provinsie geallokeer is, gebeur het.

Die groep beweer daar is ʼn gebrek aan kommunikasie binne die struktuur en daarom het hulle die media direk genader om hul griewe te lug.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die ANC sit agter die hele storie, nes Cope, moet hulle alle teenstand, veral uit hul vorige ondersteuning, sink. Omkoop geld (belasting geld?) sekerlik gebruik.

vermeende ·

kyk mooi, die konsep van n demokrasie is net suksesvol in n homogene samelewing soos in die weste waar westerse kultuur en morele waardes dominant is.
Afrika demokrasie soos deur die ANC en EFF bewys word, is niks anders as bende oorhwersing nie.
Alle ellimente en bewyse van die bendes is in Afrikaan politiek promonent.
Leirskap word gedurig uitgedaag.
Geen toliransie vir opkominde bendes nie (politieke geweld)
Bende moorde vir grond gebied (politiek moorde)
Die bende in beheer moor, plindet en roof soos ons daagliks in die media lees met SAL, Transnet, Eskom, tenders en grond onteining.

Hierdie is nie gesonde politiek nie en voorspel niks goed vir ons land wanner bendes binne gevegte het in hulle stryd tot beheer nie want die publiek word in die spervuur vasgevang.

Bendes beheer ons land!

Lance ·

Oooo die begin van die einde …kan nie eers met mekaar saamwerk nie …kyk maar van die kantlyn hulle gaan nog mekaar lekker uitsorteer en dieselfde pad gaan as Cope …nou hoe cope mens met dit alles hehe

Adoons ·

Ek wens iemand wil vir Floyd wys hoe om ‘n beret op te sit. Syne sit soos ‘n pi-pi-pot op sy kop!

CHRISTA ·

Hoekom het hulle nie ook vir Mal-ema aangetree nie? Wil julle vir my sê die miljoene wat hy op ‘n onvoltooide huis spandeer het was SY EIE GELD? Maar hierdie binnegevegte gaan ook hulle party skade aandoen – hulle kan maar net kyk na die ANC!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.