EFF-interdik: Hof sê dan

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal volgende week uitspraak lewer in die EFF se aansoek om ʼn dringende interdik te kry teen die parlement se skorsing van 20 EFF-LP’s.

Die saak is Vrydag deur regter Dennis Davis aangehoor. “Dit is duidelik dringend en ek sal Dinsdag uitspraak lewer.” Die EFF het vroeër die maand aangevoer dat die Wes-Kaapse hooggeregshof weier om die saak aan te hoor waarna die party hofdokumente by die konstitusionele hof ingedien het.

Willie Duminy, die parlement se regsverteenwoordiger, het aan verslaggewers gesê die interdik wat deur die EFF versoek word bevat bevele waaroor slegs die konstitusionele hof kan besluit. Die parlement het intussen ook in ʼn verklaring gesê hy sal wag tot uitspraak gelewer is voor hy verder kommentaar sal lewer.

Die EFF-LP’s is verlede maand deur die parlementêre komitee oor regte en voorregte geskors nadat hulle van wangedrag aangekla is.

Julius Malema, leier van die EFF, hoofsweep Floyd Shivambu, Godrich Garee, Mpho Ramakatsa, Khanyisile Litchfield-Tshabalala en Mbuyiseni Ndlozi is vir 30 dae sonder vergoeding geskors. EFF-LP’s Elsabe Louw, Ngwanamakwetle Mashabela, Nthako Matiase, Hlengiwe Maxon, Magdalene Moonsamy en Andile Mngxitama is vir 14 dae geskors. Agt EFF-LP’s moet die huis persoonlik om verskoning vra en hulle is ook ʼn boete gelykstaande aan 14 dae se salaris en toelae opgelê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.