EFF-kandidaat doodgeskiet

Foto bloot ter illustrasie van die EFF en die opkomende munisipale verkiesing. Foto: EFF/Facebook)

’n Kandidaat van die EFF vir die komende munisipale verkiesing is Sondag kort ná ’n veldtogvergadering in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Michael Thulani Shangasewas, ’n inwoner van Kwanyamazane, was glo op pad terug van die vergadering in Dambula toe hy omstreeks 17:00 in die Herwood-omgewing in Pietermaritzburg vermoor is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê die motief vir die moord is nog onbekend.

Die polisie het die 72 uur-aktiveringsplan in werking gestel om seker te maak dat alle nodige hulpbronne beskikbaar gemaak word om die moord te ondersoek. Dit sluit in gespesialiseerde eenhede soos misdaadintelligensie, die provinsiale politieke taakmag en die Valke.

Naidoo doen intussen ’n beroep op die gemeenskap om enige relevante inligting by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 086 00 10111 aan te meld. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tipper

Did I miss something!

Barney

Die motief is geld. Elke raadslid kry ń staats geldjie en ń pensioen. Jy hoef nie matrix wiskunde te geslaag het om daai afleiding te kan maak nie.

marius

Blanke man doodgeskiet vir sy fiets . Niks van 72 uur taakspan nie .

Hennie J

So die n72 uur aktiveringsplan is in werking gestel. Wat van die ander moorde in piesangland. Die slagoffers nie bvelangrik genoeg nie?

Buck

Kan ons n taakspan kry om elke plaasmoord te ondersoek