EFF: ‘Keel sny-uitspraak was figuurlik’

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Die EFF het Vrydag aangevoer sy leier, Julius Malema, se dreigement dat hulle Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, se keel sal afsny, was figuurlik bedoel.

Dit volg nadat die DA Donderdag gesê het hy sal ʼn klag van haatspraak teen Malema aanhangig maak oor dié dreigement.

Maroela Media het vroeër berig Malema het, terwyl hy sy ondersteuners toegespreek het, gesê: “Ons gaan ʼn burgemeester van Port Elizabeth verwyder. Ons gaan jou kom kry, wit man. Ons gaan die keel afsny.”

Refiloe Nt’sekhe, die DA se nasionale woordvoerder, het in reaksie hierop gesê Malema se stellings is niks anders as haatspraak en aanhitsing tot geweld nie. Nt’sekhe het uitgewys dat Malema self toegegee het die verwydering van Trollip het niks te doen met enige onderprestasie as burgemeester nie.

Mbuyiseni Quintin Ndlozi, die EFF se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die “keel afsny”-aanmerking is figuurlik bedoel. “Die DA weet ons het ‘keel afsny’ figuurlik gebruik om te verwys na die onapologetiese en onsimpatieke verwydering van Trollip as ʼn spieëlbeeld van hul eie onsimpatieke houding teenoor swart-grondverlies,” het Ndlozi gesê.

“Ons gebruik daardie metafoor om aan te dui dat ons ons ondersteuning van die DA beëindig weens hul eie rassisme. Omdat ons gekies het om dit met Athol Trollip te doen, brei die DA die stryd uit sodat alle ander burgemeesters in Johannesburg en Tshwane verwyder kan word. Die punt is, as hulle Trollip verloor, moet hulle die ander ook verloor, want ander burgemeesters is nie wit nie.”

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Ndlozi het gesê die EFF gaan voort met sy voorneme om ʼn mosie van wantroue teen Trollip in te dien en sal nie toelaat dat “ʼn opsetlike wanvoorstelling van Malema se uitsprake” hulle van stryk bring nie.

“Dit is die DA se algemene minagting van die misdaad van koloniale- en apartheid-grondonteiening wat ons die meeste die josie in maak. Elke keer dat die grondkwessie bespreek word, ignoreer hulle doelbewus die duidelike en onweerlegbare geskiedenis van grondonteiening. Hulle argument is basies dat die regering wit mense moet betaal vir grond wat bekom is deur ʼn sistemiese misdaad teen die mensdom.”

Ndlozi het verder beklemtoon dat die EFF tydens onderhandelinge met die DA vir regering in plaaslike munisipaliteite altyd eerlik was oor die party se doelwit om grondonteiening sonder vergoeding ʼn realiteit te maak. “Ons het dit nooit vir hulle weggesteek nie – sodra ons die geleentheid kry om die rassisme in hul geledere te straf, sal ons dit doen deur ons stemmag te gebruik,” het hy gesê.

Die EFF meen die DA is onsensitief teenoor “swart mense se grondverlies” en dat hulle “wit voordeel verdedig”.

“Daarom maak ons geen verskoning dat ons vir Athol Trollip sal gaan nie. Trollip is ʼn nasionale DA-lid wat behoort te weet daar is gevolge vir die optrede van die DA in die parlement en sy politieke besluite op enige ander plek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Aasvoels ·

Natuurlik gaan hy se dit is figuurlik!!
Dan kan ons ook mos ‘n paar “figuurlike” uitsprake maak!!

STOP DIT ·

Julius, hou net op lieg asseblief, alles wat jy altyd se is altyd FIGUURLIK….hoe dom dink jy is Suid Afrikaners nou regtig…..?

Aasvoels ·

Figuurlik?
Asseblief!
Hy het daardie rede ook mos al voorheen gebruik?
Mag ons dit ook gebruik?

Klippie ·

Ja, “sure” – en ons glo die EFF – wie dink hulle gaan glo dat dit n “figuurlike” uitspraak was!

Marie ·

maar ander mense wat ‘n figuurlike bedoeling maak word beboet vir haatspraak en rassistiese uitlatings en moet derduisende Rande opdok….
RY hom Gerrie Nel!

Albatros ·

Kom ons veronderstel hierdie is nie haatspraak en aanhitsing to geweld nie — kan iemand dan asb vir my mooi verduidelik wat is?

Nita ·

En wit mense word ook daagliks net figuurlik vermoor oor sy haatspraak.

HvH ·

Dat niemand in ‘n magsposisie hom in die bek ruk, is ‘n duidelike bewys dat die haat vir die wit volk hier heeltemal aanvaarbaar is. Dit maak nie saak hoe hard jy werk om ‘n positiewe bydrae tot hierdie land te maak nie – jy is wit, en dis al wat saak maak.
Hierdie openlike haat is vir my persoonlik sieldodend.
Ek leef elke dag in vrees dat die rasgedrewe geweldenaars iemand na aan my gaan vermoor. Koppel dit aan my totale weersin aan Kommunisme en Sosialisme en die eindresultaat is iemand wat regtig wens hul kon die land verlaat.
Helaas, ek beskik nie oor die nodige miljoene nie. Dis genoeg om enige mens onder te kry en ek is seker daar is baie mede afrikaners wat my ongelukkigheid deel.
Ek is sekerlik naief, maar dat die wereld toelaat dat iemand soos Malema ‘n podium het om naakte rassehaat te verkondig en aan te blaas, gaan my verstand te bowe.

John Corden ·

Mr Malema. Im a 67 old English speaking proud South African. Getting tired of your White Hate. Bring your coward red caps. Put your comment ill send my adresss.

Penellope Jones ·

Figuurlik of nie, daar is diegene wat dit ernstig opneem en doen wat hy se!
Mens kan nie sulke aanmerkings maak en dan agterna sogenaamd probeer verdoesel om dit te verdoesel met allerhande woorde en sinsnedes nie.
Die boodskap is nog steeds daarbuite.
Daar Is diegene in die land wat dink, redeneer, perspektief het en deur mense se woorde, beloftes en optredes sien!

Jerry ·

Letterlik of figuurlik, dit bly haatspraak volgens wet. Dit is ook aanhitsing tot moord omrede dit algemeen aanvaar word dat swartmense verskriklike pyn verduur agv die letsels van apartheid en dus rondloop met wraak in hulle harte en gedagtes en dat die kans bestaan dat so n persoon of persone Malema se uitspraak beskou as n opdrag om Trollip se keel af te sny, sou so geleentheid hom voordoen. Die DA sal alle Suid Afrikaners n groot guns bewys om te verseker dat Malema gearresteer word en vanuit die selle in die hof verskyn. Dit kan die EFF poppe lekker laat dans en die wetstoepassers met geen keuse laat as om teen die EFF ondersteuners op te tree. Dit kan daartoe lei dat die EFF die wetstoepassers begin teiken en die wetstoepassers die EFF lelik seermaak! Komaan DA, nou moet julle ernstig raak en Malema vir eens en vir altyd goed op sy plek sit!

PIPPIE ·

En as ons so iets kwytraak!!! Dan was ons lankal gearresteer en aangekla van rassisme

Cobus ·

Wanneer ‘n verdagte ‘n speelgoed pistool op ‘n klaer rig word dit wat die klaer op daardie stadium glo wetlik in ag geneem. Dus indien die klaer glo dat die pistool eg was wat op hom/haar gerig is, dan ag die wet dit as rig van ‘n vuurwapen. Al was die vuurwapen ‘n werklike speelding.
Met dieselfde benadering, hoe kan ‘n keel afsny dreigement afgemaak word as figuurspraak? Dit in ‘n land waar mense soms doodgemartel word? As dit dan figuurspraak is, dan is die verdagte in die rig van vuurwapen met ‘n speelding ook nie skuldig nie. Dié verdagte sal hom dan beroep nadat hy vasgetrek is, dat hy net “gespeel” het….

Neit ·

“we’re coming to get you, WHITE MAN, and cut your throat” maar dis figuurlik, asseblief, julle bedoel sulke stellings.

Denise ·

Haatlik om sulke uitlatings te uiter nou kom hulle met bogstories wonder wie het vir hulle gese hulle moet se dit was figuurlik ????????? Weet hulle ooit wat dit beteken ????

VM ·

Nou wonder ek net – kon niemand maar destyds vir Penny Sparrow reggehelp het sodat sy moes aanvoer dat haar uitspraak ook figuurlik was nie??

Klaus Zwiegler ·

Inrterressant hoe Penny Sparrow the ape op die strand letterlik opgeneem word en sy tot in die hel vervolg is. Meneer hier los kort-kort sulke uiters swak rassistiese uitlatings of dreigemente- maar ons lees NOOIT hoe hy vervolg word nie. Anti-wit Hippokrasie?

Janneman ·

Ek het nuus vir malema en ndlozi. Julle kan Trollip maar verwyder – Cyril Trump gaan volgende jaar die vloer vee met beide die da en eff. Die anc gaan in elk geval die metros terug vat. Ek voorspel ook bestendige groei vir cope.

Malema en tsotsi kan dalk by zuma in die werklose ry aansluit…he,he,he….he.he.he

Annemé ·

As ons regering net minder bekommer oor wie wat se en meer konsentreer op ons land se probleme soos geweld, armoede en werkloosheid sal die sweerlik beter gaan in SA. Ons regering begin klink soos n Gr2 klas wat heeltyd moet nuus aandra na juffrou toe. “Juffrou! Julius se hy gaan my keel afsny!”
“Julius, se jammer vir die maatjie.”
“Jammer maatjie.”
“Mooi so klas, kom ons dink gou saam aan n oplossing vir die lae matriek slaagsyfers in SA.”

Chris ·

En as ‘n wit mens se ons moet die president se keel afsny dan word jy sommer in die tronk gestop. Hier moet iets gedoen word en gou! Wat hy gese het is haatspraak. Niks minder nie. Tronk toe!

Sybil ·

South African farmers. Use your spiritual weapons. Take the book of Esther and hang Haman + all his sons and destroy your enemies. Put Mordechai in office.

Albert Hertzog ·

Dit het tyd geword dat ‘n onafhanklike komissie aangestel word om vir eens en vir altyd die onkunde rondom die grondkwessie uit te roei. Stel Antropoloë aan met onafhanklike studies en hou politici verantwoordelik vir wat hulle sê. Boere gaan dood op plase en ons leef letterlik in vrees. Julius moet aanspreeklik gehou word vir elke Boer wat vermoor word en elke plaaswerkers moet die EFF verantwoordelik hou word vir verlies aan inkomste met elke Landbouer wat vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.