EFF kla Gordhan by OB aan

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Die EFF het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel of Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die parlement mislei het.

Dit kom nadat Gordhan se 68 bladsy lange verklaring aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping Donderdag aan die media gelek is. Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het intussen gesê ʼn ondersoek sal gedoen word oor die uitlek van getuieverklarings vóór daardie getuies voor die kommissie kon getuig.

Volgens die EFF dui Gordhan se verklaring daarop dat hy gejok het oor sy ontmoeting met die Gupta-familie. Volgens dié party het Gordhan in 2016 in die wetgewer gesê hy nie met die Gupta-familie by Saxonwold ontmoet nie

Die EFF het gesê dit blyk dat Gordhan met opset nie inligting verskaf het oor ʼn vergadering wat hy glo met ʼn miljardêr Indiese sakeman en Ajay Gupta gehad het nie. Die EFF meen Gordhan het dus die etiese kode vir kabinetslede oortree.

Die EFF beskuldig Gordhan daarvan dat hy sy voorlegging aan die kommissie gewysig het nadat Nhlanhla Nene as minister van finansies bedank het toe dit aan die lig gekom het dat hy nie sy vergadering met die Guptas bekend gemaak het nie.

Gordhan se kantoor het ná die uitlek van die minister se verklaring gesê hy gaan nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie. Gordhan is veronderstel om volgende week oor sy verklaring voor die kommissie te getuig.

Terwyl die ondersoek aan die gang is om te bepaal wie dié verklaring laat uitlek het, het Zondo gesê die media moet gehoor gee aan die regulerings waaronder die kommissie funksioneer.

Luidens dié regulerings mag geen persoon enige dokumente wat by die kommissie ingedien is, bekend maak of inligting daaruit publiseer of versprei sonder die geskrewe toestemming van die voorsitter nie.

Zondo sê dit is ook ʼn misdaad om enige dokument wat aan die voorsitter gestuur is “te onderskep” terwyl dit nog op pad na die voorsitter is. Dié oortreding kan ʼn boete of tronkstraf tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genieve ·

Ja ek het geweet dit gaan kom sal interessant wees om te sien wat die uitkoms gaan wees, want daar is Gigaba se saak wat hy onder eed gelieg het whooo die politieke dramas is die land.

Gert ·

HOEKOM NIE DIE HELE ANC AANKLA VIR ONDERSOEK NIE. DINK NET WAT SAL NA DIE OPPERVLAKTE KOM WANNEER ELKEEN DEURSIGTIG MOET WEES. DIE VRAAG IS NET HOEVEEL HET NIE GEBAAT VAN DIE VBS BANK LOOT NIE.

Linda ·

ALMAL…INSLUITENDE DIE EFF, DRINK SOP UIT DIESELFDE POT UIT !!!

Hoe nou....... ·

Wou nou net se…..sluit die EFF en BLF sommer in net vir sommer!

D B ·

Liewe vader! Of jy nou van die EFF hou of nie, die outjies ken die “blame game”.

Sodra hulle in die moeilikheid is (die VBS betrokkenheid), maak hulle so gou as moontlik om die kollig te verskuif sodat hulle dade soos mis voor die son kan verdwyn.

Gordham is een van die min ministers, indien nie die enigste een, wat nog probeer om sy werk te doen en hy gaan nog die EFF hard ry.

Hoe nou....... ·

Dis hoe hulle rol……Everything For Free en blameer almal behalwe hulle self.

humor ·

Die manne met die vuilste hande staan voor i n die ry om aan te kla en te beredder.

lorita ·

Ai so vinnig om ander aan te kla – hoekom so stil oor VBS, EFF?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.