Die EFF se studentevleuel (EFFSC) het nóg ʼn oorwinning by ʼn Suid-Afrikaanse universiteit behaal deur in ʼn vurig betwiste verkiesing 12 van die 15 setels in die studenteraad (SR) van die Universiteit van Witwatersrand (Wits) op te raap.
Dit is die eerste keer dat die EFFSC koning kraai in hierdie universiteit se SR-verkiesing. Die EFFSC neem beheer van die SR by die ANC-belynde Progressive Youth Alliance oor.
Die SR-verkiesing is Dinsdag en Woensdag by die universiteit gehou en die uitslae is Donderdag laat aangekondig. “Dit is met groot vreugde dat ons aankondig dat die EFF 12 van die 15 SR-setels gewen het. Wits is gereed vir ʼn studenteraad gelei deur die EFF,” het die EFFSC in ʼn verklaring gesê.
Die EFF se nasionale leiers, insluitend Julius Malema, sy adjunk, Floyd Shivambu, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, het die Wits-studentelede gelukgewens met die oorwinning.
Die EFFSC het in Mei die SR-verkiesing by die Universiteit van Kaapstad gewen. Vroeër vandeesmaand het die EFFSC ook ʼn oorwinning behaal in die SR-verkiesing by die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) in Vanderbijlpark.
Arme Universiteit!!! En met Joansen nou by Stellenbosch is dit seker hulle volgende teiken. hy sal dit sommer vir hulle gee sonder ‘n verkiesing.
Dis jare der jare die libs se uithangplek. Hul behoort baie tuis te voel met die studenteraad.
Die poppe gaan dans.
Gaan die EFF vir hulle studies OOK betaal?
Met die jeug wat meer as 50% van die bevolking uit maak is hierdie dalk die kleedrepitisie van wat oppad is.