EFF kry stemme in Orania

Welcome-To-OraniaVolgens stemme wat tot dusver getel is, het Julius Malema se jong party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), altesaam vier stemme in Orania in die Noord-Kaap gewerf.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) loop voor in dié dorp met 224 stemme, ʼn verteenwoordiging van 76.98%. Die ANC het vyf stemme, of 1.72% van die stemme getrek en die EFF se vier stemme verteenwoordig 1.37%.

Die VF Plus het moontlik steun by dié stempunt verloor as die uitslag vergelyk word met 2009 toe de party 242 stemme gewerf het. Die DA het meer steun in die dorp gekry met 44 stemme of 15.2%, ʼn groot toename ná 26 tydens die 2009-verkiesing.

Die VF Plus het 206 provinsiale stemme in die dorp gekry, die DA het 29, die EFF twee, en die ANC slegs een. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Chris ek stem, demokrasie BEHOORT oral te wees – en sonder intimidasie verkry. Maar ek kan nie help om te lag ( en hierdie is NET tong in die kies!) – dis dalk ouens wat hou van twakkies rook wat gestem het vir hom, hy het mos gese hy wil zol “legalise” – natuurlik ‘n manier om sekere stemme te trek!

Jan van Zyl ·

Die stempunt in Orania bedien nie slegs die dorp nie maar ook die omliggende omgewing wat verskeie plase met plaaswerkers op insluit. Die stemme daar uitgebring is dus eerder van die groter area as slegs die dorp en kan nie aangeneem word dat dit Orania inwoners was wat ANC of EFF gestem het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.