EFF-lede beset Ballito-plaas

Argieffoto

Argieffoto

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Sondag onwettig eiendom in Ballito, KwaZulu-Natal, beset.

Volgens ʼn polisiebron wat nie genoem mag word nie, het twee groepe EFF-lede probeer om grond op ʼn plaas aan die buitewyke van die dorp op te eis. Polisiebeamptes is na die toneel ontbied kort grond langs die N2 naby die ingang na Ballito beset is.

Die groep was glo vasbeslote om die grond, wat aan ʼn boer behoort, te beset. Die boer het met die besetters gepraat en daar is ooreengekom om binne twee weke oor die saak te vergader. “Daar is ʼn proses wat gevolg moet word met grondeise. Jy kan nie net opdaag en begin bou nie,” het die polisiebron gesê.

Volgens Louis Kotze, woordvoerder van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy, het die besetters gesê hulle weier om die grond te verlaat totdat ʼn hofinterdik hulle verplig om dit te doen. Lede van die openbare orde polisie-eenheid het oornag die situasie gemonitor.

Vukani Ndlovu, die EFF se koördineerder in KwaZulu-Natal, het gesê hul lede sal nie die grond verlaat nie aangesien dit deel vorm van die party se provinsiale grondbesettingsprogram. “Dit gebeur nie net in Ballito nie, maar regoor die provinsie. Ons mense in hierdie area het nie plek om te bou nie. Daarom het ons hulle aangemoedig om grond te soek en te beset en daar hulle huise te begin bou,” het Ndlovu gesê.

“Hulle gaan hul huise bou en sodra hulle vir 48 uur op die grond is, kan hulle nie wettig verwyder word nie. As die regering hulle wil verwyder, moet hulle ons lede êrens anders akkommodeer. As hulle probeer om ons te verwyder, sal ons hulle in die hof sien.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gina ·

Dit wys jou net weer eens. Hul mag maak wat hul wil en kan netie gekeer word nie. Die land is nou in so n gemors en elke een ploeter net voort. Ons moes betaal het vir elke stukkie grond maar die nuwe regering kry als verniet deur te plak of te toy toy. Die regering gaan nog inmekaar tuimel, dis baie naby

KOWIE ·

DIT IS MOS NET SOOS TALLE MENSE IS , HET GEEN RESPEK
VIR IETS WAT NIE JOUNE IS NIE ,PLAK NET WAAR HUL WIL
EN KOM NIKS OOR NIE. DAAR IS NIE EERS TOILETTE NIE EN
OOK NIE EERS WATER NIE ,MAAR DIE REGERING SAL SEKER
MAAR VIR DIE AREME MENSIES ALLES INRIG EN NOG KRAG
OOK GEE.

Machiel Nel ·

Die atilte van die anc wys my dat hulle agter die stigting en optrede.vannhierdie idiotiese eff party sit. Dis maklik.om die eff die skuld te gee en jou hamde skoon te hou. Tipiese terroriste organisasies. Breek en vernietig is the new normal in die land.

natasha ·

Ja flip in hierdie banana Republic kn hulle maak soos hulle wil. Hulle krag sal seker verniet wees en hulle sal ook ni load – shedding kry ni. Maak mens soooooo flippen kwaad. Breek en beskuldig en criminal aksies is actually al wat hulle kan doen. Met enige ander goed is dit net van Eish E.E.E

Cristi ·

Ek stem saam dat die regering met rasse skrede besig is om totaal en al beheer oor die land te verloor. Die ANC het as regering klaaglik misluk, hulle kan dit nie eens meer waag om dit te ontken nie, daar is te veel bewyse daarvoor. Hierdie keer sal dit ook nie help om soos altyd die skuld op die vorige regering te pak nie.As hulle werklik lief is vir die land en die beste vir alle inwoners wil hê, sal hulle moet abdikeer en ‘n party wat kan, kans gee om die land te bestuur. Hulle sal dit egter nooit doen nie, want vir hulle het dit nog net altyd gegaan oor geld, mag, en ‘n blink lekker lewe. Die feit dat die EFF nou bv. grond onwettig mag beset, is nog ‘n teken van die chaotiese regering se algehele patetiesheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.