EFF-lede in hof oor grondbesetting-uitsprake

'n Inskrywing wat op 26 Januarie 2017 op Collen Sedibe se Facebook-blad geplaas is.

‘n Inskrywing wat op 26 Januarie 2017 op Collen Sedibe se Facebook-blad geplaas is.

Twee prominente leiers van die EFF in Mpumalanga, Collen Sedibe (45) en Cyril Chuene (40), het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn nadat ʼn boodskap op Facebook geplaas is waarin mense aangemoedig word om grond te beset.

In ʼn inskrywing wat op 26 Januarie op Sedibe, leier van die EFF in Mpumalanga, se Facebook-blad geplaas is, word mense aangemoedig om munisipale grond by Plaston naby Witrivier in Mpumalanga te beset. “Bring jou graaf, heining en hout om jou erf te beveilig. Diegene wat grond nodig het om hul huise reg langs die dorp te bou, moet in groot getalle opdaag,” is dit in die inskrywing gestel.

“Dit is hoogtyd dat mense nader aan die dorpe woon, omdat hulle nie kan bekostig om huise by die wittes te koop wat nog steeds die dorpe besit nie. Kom een, kom almal. Die EFF sal vir julle gratis erwe gee.”

'n Inskrywing wat op 28 Januarie 2017 op Collen Sedibe se Facebook-blad geplaas is.

‘n Inskrywing wat op 28 Januarie 2017 op Collen Sedibe se Facebook-blad geplaas is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn hele aantal mense het wel Sondag met boumateriaal opgedaag, onbewus daarvan dat die Mbombela-munisipaliteit ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het. Volgens Hlathi word die boodskap gesien as aanhitsing om onwettig grond te beset en dit het tot die inhegtenisneming van die twee EFF-lede gelei.

Chuene is die provinsiale woordvoerder van die EFF in Mpumalanga. Sedibe en Chuene het in die hof verskyn op aanklagte van betreding, aanhitsing tot openbare geweld en oortreding van die wet op openbare byeenkomste. Albei is op borgtog van R500 elk vrygelaat en gewaarsku om hul samewerking aan die polisie in die ondersoek te gee.

Sedibe en Chuene sal op 20 Februarie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

anne coetzer ·

hoekom 500 rand borg. hierdie optrede gaan n pandemie veroorsaak en dan sit hulle agteroor en blameer almal wat hard gewerk het vir hulle eiendom

snoefie ·

hoog tyd ook. sit pryse opvir die grond en se “welkom in witmansland.”

Francis ·

goed gestel !!!!ons het mos ons huise ten duurste GEKOOP ….. EN VIR DIE GELD GEWERK !

pasop ·

Julle gaan jul gaai sien sonder n spieël kyk wat is besig om te gebeur hier in booysens Pretoria ons gaan nie meer stilsit nie

RB ·

Watter ondersoek? Dat die russe die facebook inskrywing geplaas het? Waarom word niemand meer gestraf wat die wet oortree nie?

Ivana ·

R500 Borg – sluit julle toe want julle hou aan met hul nonsense en kom weg daarmee. Ons “wittes*” moet vir die erf en die huis betaal. Niks word verniet gegee of ontvang nie. Waar sit julle verstand??

Johan Pretorius ·

Wat van Mnr Malema. Wanneer word hy gearessteer?? Hy moedig grondbesetting regstreeks op nasionale TV en roep sy maatjies op om geweld te gebruik.

Johann ·

Hoog tyd dat hierdie manne vir ‘n slag goed vasgevat word, en sommer met mening.

JC ·

Mmm…dis nou ‘n netjiese verwikkeling. Die EFFers moet maar vir hulle ‘n plotjie in die tjoekie gaat staan koop. Ten minste dink ek hulle sal dit kan bekostig!!

Johannes van Staden ·

Die eff weet maar min van die geskiedenis hulle se heeltyd hulle was eerste …halllooo die Khoisan was laaaank voor julle hier ….so gelag toe n Khoisan vrou by n persverklaaring dit onder sy aandag gebring het , hy het nie geweet wat om te se nie.

snoefie ·

ek sou so graag die dame se hand wou skud hoor. toe was die Khoisan verdryf, uitgemoor, hulle vroue en dogters en grond gevat. toe was die grond aan die wit “diewe” verkoop! hetsy vir geld, n rol koperdraad, n hand vol krale of n karba wyn. DIT WAS VERKOOP! mens kan nie eeue later PSR (post selling regret) kry vir wat jou voorvaders nie wou behou nie.

TDW ·

Hoe dink hulle word “towns” ontwikkel? Dit begin altyd met ‘n huis dan ‘n kerk, die res word om dit gebou.
Hoe lank het hulle al hul informele nedersettings? Hoekom het hulle nooit hul eie “town” begin ontwikkel nie? Daar moet reeds iets vir hulle bestaan, dan kan hulle dit gebruik, maar self bou, die kan hul nie, van onderhou weet hulle nog minder, maar van “demand” weet hulle en brand en afbreek nog meer. Hierdie is eintlik ‘n kwessie van onderrig. Hulle moet geleer word om self te ontwikkel. (Ai maar nou het hulle klaar al die skole afgebrand)
EFF leer jou mense! Julle pluk jul eie lat.

Anne ·

Ag nee wat dis te lekker om in die son te sit en niks doen nie, hoekom sal daar dan gewerk word . Daar word mos “free stands” uitgedeel .

Boland ·

Die partytjie begin nou stadigaan einde se kant toe staan.Watse ontwikkeling het tot stand gekom in al die jare in die tuislande.Nee Malema leer jou mense van opvoeding.As jy dit nie self kan doen nie,kry iemand om dit te doen.Leer hulle om skool te gaan en om te leer.Sonder opvoeding en respek gaan julle tuislande nogsteeds dieselfde bly.Skaam jou.

sue ·

Satan werk net so. Self kon hy niks skep nie. Hy het kom vat en teer op God se skeppingswerk. N na-aper. Uit sy eie kan hy niks doen nie

wilma ·

Malema en trawante nooi jul ondersteuners om te kom kyk in watter huise woon jul en offer soma vi hul n stand neffens jou. Wed jou hul sal dit ni wil he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.