EFF-lede tevrede met leiers

EFF-afgevaardigdes sing by die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (Desember 2014) Foto: Getrude Makhafola/Sapa

EFF-afgevaardigdes sing by die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (Desember 2014) Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Die leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Sondag tydens ʼn verkiesingskonferensie aangewys en Julius Malema het sy posisie as partypresident behou.

Floyd Shivambu is as adjunkpresident aangewys, Dali Mpofu as nasionale voorsitter, Godrich Gardee as sekretaris-generaal, Hlengiwe Hlophe as adjunk en Magdelene Monomsamy as tesourier.

Meer as 2 600 afgevaardigdes het gejil en gejuig toe die top ses sonder teenstand aangewys is.

Slegs die nasionale koördineerder Mpho Ramakatsa het Gardee uitgedaag het. Gardee is genomineer en het genoeg stemme ontvang, maar Ramakatsa kon nie genoeg stemme insamel nie.

Die konferensie duur voort by die Universiteit van die Vrystaat se perseel in Bloemfontein waar die oorblywende posisies aangewys sal word. Die konferensie sal na verwagting Dinsdag tot ʼn einde kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.