EFF-leier rand glo vroulike familielede aan oor erfporsie

EFF (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Donderdag geëis dat ʼn senior EFF-leier in hegtenis geneem word nadat hy glo van sy vroulike familielede aangerand het oor ʼn erfenisgeskil.

Dié leier, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, word daarvan beskuldig dat hy handgemeen geraak het met vroulike familielede ná ʼn geskil oor wie ʼn huis in Seshego in Polokwane, wat aan sy grootouers behoort, gaan erf.

Sanco eis ook die opskorting van die senior leier se pligte.

Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het gesê die EFF moet bewys dat hy nie net “lippediens” verkondig nie, en die senior leier afdank om te bewys dat daar nié plek vir oortreders van geslagsgebaseerde geweld in die samelewing is nie.

Mahlangu sê geweld teen vroue het meer gewelddadige vorme aangeneem in die laaste paar jare omdat tradisionele patriargale strukture, wat vroue onder meer vir eeue lank verbied het om eiendom te besit, “met die strukture van die kapitalistiese patriargie” oorkruis het.

“Ons moet saam staan teen die geweld van onregverdige, onvolhoubare ekonomiese stelsels en toenemende geweld teen vroue omdat tradisionele patriargale stelsels [soos byvoorbeeld dat die samelewing deur mans gedomineer word] saamgesmelt het met die strukture van kapitalistiese patriargie [waar patriargale stelsels met kapitalisme saamsmelt] wat geweld teen vroue verhoog,” het hy gesê.

Dit is in dié stadium nog nie seker of voorval by die polisie aangemeld is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frikkie (Nie pienk) ·

Volgens my kennis , het Julius se ouma, wat in Seshego bly, hom grootgemaak. En hy is juis ‘n aanhanger van buurman Mugabe. Wonder ek nou!!

Eish ·

Geen wonder hul is doodstil oor die Grace Mugabe aangeleentheid nie.

snoefie ·

wha ha ha ha ha ha. as if that’s going to happen. ons weet mos almal wie se groot ouers het n huis in sheshego.

Sydnise ·

Ai jay jay buti? Now what now? Nie dat daai geld enigsens sy SARS skuld (waarvan daar nou NIKS gepraat word nie) sou kon betaal. Miskien net genoeg vir nog n Rolex?

Johanna Botha ·

Almal dieselfde …laat ons nou kyk wat met hom gebeur …..

Roelien ·

Geweld teen vroue neem elke jaar in “Vrouemaand” toe. Kan niemand dit insien nie?

Nico ·

Net so agterbaks soos die anc sal nooit verander nie nou kan hulle kiesers sien vroue beteken niks vir hulle nie die anc vroue liga is net n pion vir die anc vir die verkiesings

dovaz ·

Wat is ‘lippediens’?
Sal nie verbaas wees as die ene ‘mal-emma’ van Seshego is nie want hkm is sy naam nog nie bekend gemaak nie. Wonder maar net.

Koos1 ·

Adjunk minister doen dit, persidentsvrou doen dit, en hulle word nie gearresteer nie! Hoekom moet die EFF lid nou gearresteer word?
Ek praat nie nou wat hy na bewering gedoen het goed nie, maar soos ons almal weet is daar meer as een stel reels in hierdie land, hang net af hoe hoog op die leer staan jy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.