‘EFF-leiers herroep as hulle nie presteer’

Malema spreek die skare toe. Foto: @nozintombimiya/Twitter

Malema spreek die skare toe. Foto: @nozintombimiya/Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê die party se leierskap gaan kontrakte moet teken om te verseker dat hulle herroep word indien hulle nie presteer nie.

Malema het die uitlatings Saterdag gemaak tydens ‘n partybeenkoms in Sandton. “Julle kan my enige tyd herroep, ek sal julle nie hof toe sleep nie. Die posisie behoort aan die EFF en nie aan ‘n individu nie. As ek nie ‘n diens lewer nie kan julle my herroep,” het Malema aan die skare gesê.

“Ons glo dat ons die hoop van die massas van ons mense verteenwoordig en ons sal julle nie in die steek laat nie. Die beste van die beste sal julle verteenwoordig,” het Malema onder luide applous gesê. Malema het sy dank uitgespreek teenoor almal wat vir die party gestem het in die afgelope verkiesing. “Ons is baie, baie, baie bly dat julle ons ondersteun het.”

Malema sê die EFF-leierskap moet fondse bymekaarmaak om mense se lewens te verbeter. “Ons kan nie huise bou nie maar ons moet probeer om ons mense waardigheid te gee voor ons die regering word. Ons is nie die regering nie maar ons moet die armes help. Ons is baie trots op julle. Ons sal julle dien. Ons is reg om dood te gaan vir julle. Julle lyding is ons lyding. Julle pyn is ons pyn. Julle ellende is ons ellende.”

Malema sê die EFF sal nie rus voor die party ‘n beter lewe vir die mense van Suid-Afrika verseker het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem Pieterse ·

Sal Maroela Media hulle vra na hulle beleid oor duur motors en huise vir parlementslede in Kaapstad en Pretoria?

Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.