Die lid was glo deel van ʼn optog deur die party in protes teen die xenofobiese geweld in die gebied wat oor die naweek ʼn Mosambieker, Emmanuel Sithole, se lewe geëis het.
EFF-lede, geklee in partydrag en rooi barette, het glo op en af in die straat gestap terwyl hulle anti-xenofobiese boodskappe geskree en plakkate opgehou het. Een van die lede is na bewering deur die polisie geskiet, maar dit is nie duidelik wat tot die skietery gelei het nie.
“Jy probeer ʼn optog van hier af na die vrouekoshuis daar oorkant hou en die polisie wil jou net doodmaak. Ons vegter is geskiet terwyl hy saam met ander ʼn belangrike boodskap probeer uitstuur het,” het EFF-leier, Julius Malema, aan ondersteuners gesê. Hy het ook gesê dat die party mense loof wat vir menseregte veg.
Sithole (35), ʼn straatverkoper, is die naweek in ʼn straat in Alexandra aangeval en met ʼn mes doodgesteek.
Klein insidente. Eers die koeël deur die been, dan die president skiet homself deur die voet. Dan die finaal met die koeël deur die kerk. Dit raak nou té veel hooi op die vurk of té veel Marikanas op die kerfstok. Call it a day, mr. President, it is time to go.
Netjiese opsomming Peet – jy word hiermee amptelik aangestel as ons politieke ontleder! :-)
Hierdie ouens van Malema moet nou vat wat hulle kant toe kom, “if you live by the sword you die by the sword” Almal raak nou moeg vir hulle lawaai wat die land se mense net verdeel. Ons mense is “onleerbaar” oor hulle gevoelens en persepsies maar baie beinvloedbaar deur aktiviste soos Malema wat hulle tot die been uitbuit.