EFF-LP in hof vir aanranding

EFF-leier Julius Malema en EFF-LP Marshall Dlamini. (Foto: ANA)

Die EFF-parlementslid Marshall Dlamini het in die Kaapstadse landdroshof verskyn op ʼn aanklag van aanranding.

Die saak, wat hom sy werk kan kos, is uitgestel tot 5 Junie.

Dlamini staan tereg op ʼn klag dat hy ʼn veiligheidswag van die parlement sonder rede, oorsaak of uitlokking aangerand het met die afloop van die staatsrede vroeër vanjaar. Die voorval is op ʼn selfoon opgeneem en die getuienis is duidelik.

Indertyd het die EFF aangeevoer Dlamini se optrede was verskoonbaar en gegrond omdat die EFF glo oor inligting beskik het dat regses ʼn sluipmoordaanval op die party se leier, Julius Malema, sou uitvoer op die aand van die staatsrede.

Dlamini het dus, so voer die EFF aan, voorkomend opgetree.

Tydens die hofsitting is hy deur sowat 50 EFF-lede onderskraag, onder wie die party se sekretaris-generaal, Godrich Gardee, wat aangevoer het die aanklagte teen Dlamini is “ʼn aanslag teen die rewolusie”.

Dlamini self was minder breedsprakig. Hy staan aan die hoof van die EFF se verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal en wou so gou doenlik terugkeer na Durban, waar Malema aan’t stemme werf was in ʼn provinsie wat vir die party altyd ʼn opdraande stryd verteenwoordig.

Dlamini is die EFF se woordvoerder oor energie en verteenwoordig die party op die parlementêre portefeuljekomitee oor energie.

Hy is negende op die party se lys vir die verkiesing wat beteken hy sal beslis as parlementslid herkies word.

Hy kan egter sy setel onmiddellik kwyt wees as hy op die aanrandingsklag skuldig bevind word en ʼn vonnis van een jaar of meer sonder die keuse van ʼn boete opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

BlinkStephaans ·

Die hof sal hom nog glo ook…. dat hy spoke sien…

jakes ·

Asb, as iemand deur Dlamini aangerand is dan voel ek vere vir die slagoffer. My vrou sal Dlamini binne sekondes ondersit. Dis hoogtyd dat die EFF se vrese bewaarheid word.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
…..moenie dagga wettig nie….nie almal kan dit baasraak nie…..
.
.

Bookkie ·

En dan kom hy weer niks oor nie, soos Malema niks oorkom nie, soos Andile niks oorkom nie, soos die ou wat die wit joernalis ‘n ruk gelede rondgeklap het niks oorgekom het nie … hou op om julle tyd te mors met aanklagte . slaan hulle op ander plekke, ons is te ORDENTLIK deur wetlike prosesse te volg . die rooikoppe verstaan net een taal …

Johan ·

Hierdie man se verweer is honderd persent onwaarskynlik. Dit was ‘n duidelike rassistiese aanval. Punt. Maar hy is EFF en daarom is hy outomaties onskuldig. Al doen of sê hy wat ook al. Dit sal ‘n bespotting van geregtigheid wees wanneer die uitspraak gelewer word. Ek hoop ek is verkeerd….

J ·

Na 94 het geen WITTES meer n se nie.
Ons stry en baklei teen die wind. Die bewyse is ooglopend bewys Penny Sparrow en Vicky Momberg .
Verbasend Steve is ook nog nie agter tralies nie. Hy word duidelik sois daglug gejag. Net 1 misstap en dit is oik tickets met Steve.

David Potgieter ·

As daar ‘n sluipmoord aanval op Malema beplan was, sou hy al dood gewees het. Mees belaglikste mens in SA!!!

Rohan ·

Maroela Media, net ‘n klein tikfoutjie in paragraaf 4. Dit moet “aangevoer” wees, nie “aangeevoer” nie. :)

Anja van der Merwe ·

Dagsê Rohan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Oom Doug ·

Hou op TAX te betaal, Het iewers gelees dat 80 percent van die tax van die wit man kom.

HPV ·

Ag asseblief! Wie sal malema die nar nou wou vermoor? Vir wie gaan ons dan lag? 6% malema met sy klein partytjie is beslis nie so belangrik nie.

Stel ·

Verskonings, verskonings. Te sleg om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul dade, daarom dat kinders (ouers se voorbeeld volg) ook nie meer van beter weet nie…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.