EFF-LP snou DA-LP glo k-woord toe

EFF-LP Nazier Paulsen. Foto: Facebook

EFF-LP Nazier Paulsen. Foto: Facebook

Die DA gaan die Menseregtekommissie en die parlement se etiekkomitee nader nadat ʼn EFF-LP een van sy LP’s glo die k-woord toegesnou het.

Yusuf Cassim, DA-LP en Nazier Paulsen, EFF-LP, het glo in ʼn onderonsie betrokke geraak tydens die debat oor die departement van buitelandse betrekkinge en samewerking se begroting. Shaik Emam, NFP-LP, het tydens sy spreekbeurt glo die DA daarvan beskuldig dat hulle die mense van Palestina onderdruk deur Israel te ondersteun.

LP’s van die DA en EFF het hierna in ʼn onderlinge stryery betrokke geraak, waarna Paulsen vir Cassim ʼn “Sionistiese uitverkoper k****r” genoem het. Cassim het beswaar aangeteken, waarna Emam gesê het die woord beteken ongelowige.

Grace Boroto, die voorsittende beampte, het gesê sy kon nie mooi hoor wat gesê is nie en die partye se hoofswepe gevra om die aangeleentheid te hanteer.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê die party sal klagtes by die Menseregtekommissie en die parlement se etiekkomitee indien en eis dat die EFF teen Paulsen optree.

“Walglike rassistiese gedrag het geen plek in ons grondwetlike demokrasie of in ons demokratiese parlement nie en dus sal ek eis dat die EFF-leier, Julius Malema, dissiplinêre optree en Paulsen onmiddellik skors hangende die uitkoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Willie ·

Daar sal niks van kom nie… ander gebruik dit willekeurig, maar laat jy as n witte dit nou se…..

matie willemse ·

Mooi so Nazier Paulsen vir die een sekere uitlating.

Will i am ·

Niks van kom. Klein beriggie teen die een van die seun wat dit op facebook gesê het. As die EFF dit beskou as ongelowige is dit wat daai seun ook bedoel het. Wat goed is vir die een is goed vir die ander

Rox ·

Dit is lankal n sirkus, en hul toertjies raak nou bietjie oud……

Jan maak n Plan ·

Hierdie sogenaamde LP’s is regte twee gat jakkalse. As daai Matheuw outjie van gister die sogenaamde K woord gebruik word hy amper gestenig, maar as n EFF lid of n Rhodes must Fall student n wit kelnerin te na kom of n ANC minister wit sportmanne en vroue te nakom dan is die maar reg. Ek wens dat hulle wil begin besef dat hulle eintlik die groot probleem tans met rassisme is en nie die wittes nie.

GES ·

Geniet die sirkus. Hulle uurglasies is besig om leeg te loop.

Brie-brie ·

Ek stem met saam met ges. Mooi gesê….tydjie raak nou klaar.

Francois ·

Die probleem, GES en Brie-brie, is dat, as dinge in ons land aangaan soos tans, dan is ons almal se uurglase besig is om leeg te loop.

sethos ·

Poltiekuste wt so baie kla soos klein kindertjies,nou gooi hulle warm kole ondermekaar.

Hendrik ·

Maar die DA is ‘n party wat geen godsdienstige waarde koppeling het nie. Soos die ANC. So ver ek weet is die VF+, ACDP (African Cristaian Democratic Party) die enigste party wat aan ‘n godsdienstige waarde koppeling het.

Cobus ·

Alhoewel die K woord ‘n vloekwoord in SA is, het die woord as ek reg verstaan nie werklikwaar bestaansreg in ‘n kultuur wat in die Bybel glo nie. Die rede hoekom ek so sê is dat dit blykbaar uit oorsprong Arabies is en verwys na ‘n ongelowige betreffende die moslem geloof. Dus kan ‘n persoon wat se kultuur Bybels is wel praat van ‘n ongelowige betreffende die Bybel, maar die K woord kan nie van toepassing wees, al was dit nie ‘n vloekwoord in SA.

Grap ·

Hy is reg dit is ‘n persoon wat die Koran gelees het en dit verwerp het (ongelowige)dit sal staan in enige demokratiese hof….net snaaks die DA gee toestemming dat ‘n moskee in Valhalla gebou word maar is nie eers vertroud met die muslim geloof nie.

Hendrik ·

Jy moet nie die DA so aanvat nie, hulle is vir baie Afrikaners die uitkoms vanuit die demokratiese wanhoop.

Jo ·

Ek is bly hy het dit gese. Strooihalmpie vir die Matthew seun dalk?

M A ·

Ek het altyd gedink die woord beteken “inheems”; dis hoe die Koraalboom en die Wildepruim hulle oorspronklike name gekry het. Die mense wat so genoem word, wil tog so graag inheems wees en die wittes moet uitheems wees. Niks kan hulle tevrede stel nie. Nietemin, wat ookal die mens gesê het, hy het bedoel om sy opponent te beledig en dit maak nie juis saak watter woorde hy gebruik het nie. Mense moet ophou om so kleinserig te wees oor die minste ou goedjies. Ek dink die destydse Apartheidsparlement het mekaar goed bygekom met erger dinge as dit. Deesdae is dit net “Maaa, hy het gesê…..”.

christine ·

Julius o Julius die mense waar hulle voete grondvat is moeilikheid. Maar hoor wat jou LP regtig van jou dink. So Julius dit het ook op jou geskimp

Ben Prinsloo. ·

Kry vir Adriaan Vlok dat hy hulle kan leer om mekaar se voete te was. Dan is alles vergeet en vergewe. Probleem opgelos.

Danie Roberts ·

Voete was. Watse grap. Die Skrif se duidelik dat Volke binne sy eie grense bly en nie grense skuif nie. Elke volk op sy eie en apart. Vermenging is n Gruwel. Dit wat julle nou sien is maar net die begin van die Vermengings resultaat. Hou dit wat nog kom dop.

André ·

Danie
Die skrif waarsku mens teen die verdraaing van die Woord. Christus het vir ALMAL se sondes gesterf. Haal asb vir my die boek en teks vers aan wat jy van praat.

Tertius ·

Ek stem saam Danie. Ons dien ‘n onveranderlike God, die God van Abraham, Isak en Jakob. Die god van die wêreld is veranderlik en pas by die bose tye aan. Ek lees ook net 1933/1953 Vertaling. DEUTERONÓMIUM 32:8. HANDELINGE 17:26. ESRA 9:1,2. NEHEMÍA 10:28-30. NEHEMÍA 13:3. MIGA 4:5. SPREUKE 22:28. DEUTERONÓMIUM 27:17. Dis maklik om te weet of jy in die Waarheid wandel. Meet jouself aan DEUTERONÓMIUM 28.

vierkleur ·

Het die EFF ook nou n militere vlueel?
Dit laat my nogal wonder waarvoor hulle opgelei word?

Ben Prinsloo. ·

André en Tertius miskien is ek verkeerd maar verduidelik asb vir ons wat beteken die konteks “uitverkore volk” As jy die term kan verstaan wil ek net vir jou sê dat God, die Almagtige Vader die Skepper van hemel en aarde het n uitverkore volk gehad. Wie was die volk, die Israeliet. Of was dit dalk die ander volkere? Ek vra maar net.

André ·

Ben
Hou op vaskyk in die ou testament. Ja is reg as jy sê dat God ‘n uitverkore volk gehad het. Dit is die Isrealiete. Maar toe verval Sy volk in sonde en Hy stuur Sy Seun om vir ONS ALMAL wat in Hom glo aan die Kruis te sterf.
Ek verstaan nie regtig wat jy probeer sê nie. Maar ek dink jy is nou so bietjie van Maroela se onderwerp af. Gaan lees Danie Roberts se kommentaar, dan sal jy agterkom dat ek hom blootweg gewys het dat die Heerlikheid van God nie net aan seker bevolkings groepe behoort nie.

ansie ·

Ek het nou lekker gelag, die een wat die k woord gebruik het is jouwaarlik reg. 10 uit 10 daar is twee spellings van die woord en die een beteken ongelowige en die ander een is daar. Altyd n bohaai oor. Wys jou ons sit in die Krabi net en kannie spel of die Afrikaans taal magtig wees nie.

Danie Roberts ·

Andre. Nee jy het my nie verkeerd bewys nie. Matthues 1 vers 21 se duidelik dat die Messias , Yahshua wat Sy volk van hulle sondes sal verlos. Nie alle mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.