EFF-LP verkla oor neerhalende opmerkings

EFF-LP Nazier Paulsen. Foto: Facebook

Die DA gaan ʼn klag by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen EFF-LP Nazier Paulsen nadat hy onlangs op sosiale media aanstootlike opmerkings teenoor bruin mense gemaak het.

Nazier verwys in plasings op Facebook onder meer na bruin mense as “witmense se bruin troeteldiere” en “aapgesigte”. Hy kap later terug en verdedig sy opmerkings deur te sê dat hy die benamings nie aan ʼn hele bevolkingsgroep toedig nie en dat diegene wat hom daarvan beskuldig self rassisties is. Hy sê ook stappe gaan oor die “voortgesette teistering” gedoen word.

“Hierdie afskuwelike opmerkings wat hy gemaak het, was neerhalend en onmenslik en dit is verstommend dat Paulsen selfs so ver gegaan het om sy betreurenswaardige opmerkings in ʼn Facebook-boodskap te probeer verdedig,” sê die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone.

Die DA het reeds Dinsdag ʼn klag by die parlement se etiekkomitee ingedien rakende Paulsen se opmerkings.

Mazzone sê die DA vind dit ironies dat die EFF hom altyd oor rassisme uitlaat sonder om rassisme in sy eie kamp te takel.

“Die DA vertrou dat die MRK die ondersoek na Paulsen se plasings net so ernstig beskou as die ondersoek na die rassistiese Clicks-advertensie. Daar kan geen onderskeid of guns wees rakende die ondersoek na rassisme nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariana

Maar hy lyk self na ‘n kleurling….of is die benaminge wat hy ander noem nie op hom van toepassing nie. Snaaks hoe witmense altyd die oorsaak is van alle probleme.

Dries

Sluit hom op saam met Momberg, dankie. Dis mos nou wet, waarom word daar so kieskeurig opgetree?

Pietie

Ai,ai kan mense nou oor enige tjol n ding maak. Beledigings oor en weer uh uh. Los die diere uit hulle lyk nie na mense nie en maak ook nie soos mense nie. Diere verskaf genot nie heeltyd baklei nie.

Misky

En ek kyk en kyk en kyk…… watse ras is hy dan. Paulsen klink vir my nogal bruin en sy gelaat ook…. wat mis ek nou?

Dup

As ek dit sou waag om ander landsburgers aapgesigte te noem,sal ek binne 24uur gearresteer word.Mnr Paulsen is blykbaar gevrywaar teen enige optrede.Waarom?