EFF-LP’s dalk geskors oor ontwrigting in parlement

Lede van die EFF druk deur polisiebeamptes om die gebou van die provinsiale wetgewer te betree tydens 'n betoging op 22 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Lede van die EFF druk deur polisiebeamptes om die gebou van die provinsiale wetgewer te betree tydens ‘n betoging op 22 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Baleka Mbete, speaker van die parlement, oorweeg dit om die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se LP’s te skors nadat hulle verlede Donderdag chaos in die parlement veroorsaak het.

Mbete het Dinsdag voor die aanvang van verrigtinge in die parlement gesê ‘n komitee is aangestel om die voorval te ondersoek.

Die komitee gaan Julius Malema, die EFF se leier, en die party se LP’s se gedrag ondersoek om vas te stel of hul optrede verlede week op minagting van die wetgewer neerkom.

ʼn Verslag met aanbevelings sal as ‘n “saak van dringendheid” by die Nasionale Vergadering ingedien word.

Mbete sê sy sal intussen ‘n besluit neem oor of die lede geskors moet word terwyl die komitee hul ondersoek doen.

Die EFF-lede sal ‘n kans gegun word om geskrewe redes aan Mbete te verskaf oor hoekom hulle nie geskors moet word nie.

Die EFF het Donderdag chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl president Jacob Zuma besig was om vrae te antwoord.

Mbete het kort daarna vir Malema en die LP’s uit die raadsaal gejaag. Chaos het uitgebreek nadat lede van die EFF “betaal die geld terug” begin dreunsing het terwyl pres. Zuma vrae oor Nkandla geantwoord het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Lekker ANC kry vir julle.Malema is jul eie maaksel en nou”back fire” die besigheid. Ek hoop dat hy die petrol dieper intrap en druk op jul president uitoefen om vrae te antwoord. Terwyl julle vir Malema en kie wil uitsorteer kruip Stortkop glo bietjie in Rusland weg op die belastingbetaler se onkoste natuurlik. Dit is mos sy ou gewoonte wanneer dit vir hom te warm word.

Eben ·

Ondersoek … ondersoek …. ondersoek!!! Baleka Mbete gaan jy ook ondersoek instel hoekom zumie nie sy vrae beantwoord? Nee wat …. EFF het reggedoen om die antwoord(e) uit zummie te probeer uit wurg!! Nie te min, laat ons agteroor sit en die sirkus beleef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.