EFF-LP’s met geweld uit Gordhan-debat verwyder

Pravin Gordhan. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Parlementslede van die EFF is vanmiddag met geweld uit die parlement verwyder nadat hulle probeer het om die begrotingsrede van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, te ontwrig.

In ’n ongekende nuwe laagtepunt vir die parlement het die EFF-LP’s uit hul sitplekke opgestaan en ’n dreigende laer om Gordhan gevorm nadat hulle gesê het hy sal nie toegelaat word om sy begrotingsrede te lewer nie.

Dit is die eerste keer dat so iets in die Suid-Afrikaanse parlement gebeur. Lede van die ANC, die DA en die ACDP het ook opgestaan om Gordhan teen enige moontlike geweld te beskerm.

Die voorsittende beampte, Grace Boroto van die ANC, het die parlementêre beskermingsdienste ingeroep, wat die lede van die EFF hardhandig verwyder het.

Gordhan het toe voortgegaan met sy begrotingstoespraak, en ook gesê dat hy nie deur die apartheidsregering geïntimideer kon word nie, so hy sal beslis nie deur die EFF geïntimideer word nie.

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het gesê al die skuldige parlementslede moet aangekla en gestraf word. Hiermee het die ANC, die ACDP en die NFP akkoord gegaan.

Boroto het gesê alle skuldige EFF-lede sal op die opname van die gebeure geïdentifiseer word en daar sal streng teen hulle opgetree word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Wurmpie ·

Hul ken net geweld en sal met hul wees nes hul leier. Sal niks oorkom

Liberaal ·

Ja want linkse en liberale waardes skryf voor dat mense soos hierdie se regte te alle koste beskerm moet word. Dis lekker liberale waardes vir julle.

Arthur ·

NOU TOE NOU.Wie ookal glo kommunisme is dood moet weer loop dink.Die EFF vertraag alles en so bevoordeel hulle die staatkapers en versterk buitelandse beleggers se vermoedens dat SA polities onvolwasse is en nie in te bele kan word nie, eenvkudig te riskant.Hulle moet swaar gestraf word.
Arthur Cullen hospitaal

Johann cb ·

Omdat die EFF andersins magteloos is, probeer hulle hulle stempel in die Parlement afdruk! Sulke optrede is wraggies skandalig in ‘n opgevoede Suid-Afrika!

Andreas ·

Die EFF en die OB is besig om die parlement en CR te toets. (Terloops as dit nie vir die EFF was nie was Busisiwe nie as OB verkies nie.) So wie stel nou die slagordes op, wie daag die gesag uit, soos al vir lank?

My raai is CR sal dit aflag.

Rinkhals ·

Enige iets om aandag te trek-nes stout kinders. Dan net ‘n taai klap of twee en hulle gedra hulle weer-nes stout kinders.

Cherokee ·

Sommer onmiddellik is daar weer ‘n koor van ‘daar sal niks gebeur nie. Hulle sal niks oorkom nie.’ Maroela behoort hierdie negatiewe kommentare nie te plaas nie. Dit is ‘n ongekende laagtepunt vir ons gesprekke.

Pandora ·

Ag Cherokee, jy gee my ‘n pyn.
Almal is geregtig op hul eie mening net soos jy.

C.J.P. ·

Steeds is daar mense geblinddoek. Hoe is dit moontlik om net ander kant toe te kyk? Ai ek sak my kop in skaamte.

Jannie van Niekerk ·

Om Debatvoering in die parlement te voer is deel van parlementslede se pligtetstaat oftewel hul werk. Indien iemand nie werk nie, moet hy nie betaal word nie. Beboet hulle met ‘n maand se salaris, byvoordele ingesluit en skors hulle lewenslank sonder vergoeding.
Maar nouja, die Pres en sy kabinet sal dit nie toelaat nie want hulle wil gesig koop by die EFF

Chris Ws ·

Blah – blah – blah en toe kom niks daarvan nie!Die anc het die parlement in ‘n sirkus verander.

Oujongvrou ·

Die leier van die EFF kan Gordhan nie verdra nie omdat hy sy plaas laat verkoop het vir miljoene se belasting skuld. En die Openbare beskermer sterk hom in sy kwaad. Tussen hakies cherokee ek stem ook vir dit wat jy voorstel

Nuuskierig ·

Eh het ;n voorstel – as jy jou nie gedra in die parlement nie – moet daar ‘n boete opgele word – ook die wat nie parlement toe kom of slaap moet daar summier ook ‘n boete direk van hulle salarisse afgetrek word!
Vaderland – mens gaan parlement toe om te werk nie sirkus te hou nie.

Jannie van Niekerk ·

Deel van ‘n parlementslid se daagliks pligte is debatvoering, met ander woorde dit is sy werk. As mens nie werk nie, moet mens nie betaal word nie. Beboet hulle met een volle maand se salaris, byvoordele ingesluit. Skors hulle ook lewenslank uit die parlement sonder enige vorm van vergoeding .

fred ·

Callie,daar is nie meer n land nie,net n klomp losse verwaarloosde strukture en groepe mense wat mekaar bestry.

Jan ·

Nie mal oor joubnie Pravin maar welgedaan. Dit moes al die eerste keer gebeur het toe die EFF begin het om hulle rasistiese beginsels af te dwing.

Tertius ·

Al wat met hulle werk is om hulle met geweld te hanteer. Dis aaklig om dit te moet se, maar hulle sal net respek he vir jou he as jy vir hulle wys daar is iemand sterker agter die ander pale is. Hierdie “kids gloves” benadering werk nooit met hooligans nie

skurweberg ·

Provokasie – “uittarting, uitlokking” HAT 669: Dis waarvan die EFF aangekla sou kon word as die DA en ACDP nie ingemeng het nie. Nou kan laasgenoemde ook aangekla word vir presies dieselfde gedragsuiting, omdat hulle nie die mandaat gehad het om as redders of bestermers op te tree nie. Die Withemde is daarvoor aangestel en hulle het die mandaat baie suksesvol uitgevoer. Die ANC het dit ook geweet, daarom het hulle nie ingemeng nie. Kanse is verspeel om die EFF vir eens en altyd behoorlik vas te vat.

Vintcent ·

Dat die burgers van ‘n land sulke elemente volmag gee, is maar net ‘n refleksie hoe moreel bankrot Suid-Afrikaners is.

Lana ·

“Die burgers” stem dat kwantiteit moet regeer in plaas van kwaliteit.

Kêff-Rika ·

Die sogenaamde ‘parlement’ (hahaha) is die refleksie van ‘n krotbuurt land wat vir 25 jaar reguit ondertoe boer, en beter raak sal hy nie!! Net vir die paar sanikers: “daar sal niks beters van kom nie”. Nooit nie. Wag maar sien sien.

Jan ·

Dan kan jou mening ook sommer gesonsor word cherokee…wat het van vryheid van spraak en opinie geword..

Gemaskerde Sopbeen ·

Crime Fighters fight crime. Fire Fighters fight fires. What does the Economic Freedom Fighters fight? Just asking….

Jan ·

Ek sien party. Ydtaers vra vir sensorskap op sekere standpunte…wat het van vryheid van spraak geword…en daai ouens is reg ..daar sal niks van kom oor optrede teen die EFF nie vir die eenvoudige rede dat die eff en anc al die tyd kop in een mus is…

Magda ·

Dit is waarvoor die EFF staan – GEWELD / ONTWRIGITNG / AANHITING TOT GROND BESETTING / (DALK / DALK NIE DEEL VD PLAAS MOORDE) . – Die Politieke Party moet van die Lys van P/Partye geskrap word. Hulle is die SHAME OF SA EN OOK DIE ANC (Darem bietjie beter opgevoed maar net so korrupt / skelm soos die duiwel self.

emily ·

Narre in n sirkus.
Dink geweld los alles op.
Nou moet ander en vernaam kinders vir sulke goed respek he, Ag asb.

JohanL ·

Gun my ‘n effense ander hoek.

Ek stem saam dat die EFF optrede ongehoord is en dit mag nie gebeur nie. Maar…… ek raak stadig geirriteerd deur Gordhan se allewige verwysing na die verlede. “Net soos die apartheidsregering my nie kon intimideer nie, net so sal die EFF nie”. Hoekom se hy nie net dat die EFF hom nie sal intimideer nie?

So Mnr Gordhan, terwyl ek nie saamstem met die EFF nie, het ek geen simpatie met jou nie. Jy is nes die res van die ANC wie se nekke permanent gedraai is soos julle terugkyk en altyd verwys na die verlede. Miskien moet jy ook na die aparthiedsregime se parlement verwys wat meerendeels (indien nie altyd nie) ordelik was en die parlementslede maniere geopenbaar het.

Jimmy ·

Gordhan behoort tydelik onthef te word van sy pligte totdat sy naam weer skoon is. Dit is wat in ‘n ontwikkelde kand sal gebeur. Maar nou ja, SA is in die derde liga.

Genieve ·

Skokkend…wat n voorbeeld is hulle vir hulle kinders sjoe en die vroumense netso erg hulle is n verleentheid vir die parlament en SA hulle het respek vir niemand en ook nie vir hulle self nie.

ap ·

Kry die tsotsies uit die samelewing hulle is skelm net soos zuma ..

Jerry ·

Cherokee, dit gaan nog baie meer negatief raak, solank dit net nie beledigend raak. As jy nou al sukkel om dit te hanteer, hoe gaan jy dit oor n jaar van vandag af hanteer? Bitter moeilik as jy my vra! Om pleisters te wil plak op n ongeneeslike siekte is uiters naief. Vanaf 1994 het dit nog nie een dag beter gegaan met SA nie, net slegter. Ek kan ook positief wees as dit net oor myself en my kinders gaan, maar dit gaan nie oor myself nie, dit gaan oor miljoene Suid Afrikaners vir wie die hoop elke dag verder vervaag en vir wie die idees van anargiste al hoe aanloklikker raak! As jy jou oorfone afgehaal het sou jy gehoor het dat die klok klaar gelui het!

GP ·

Dink nie enigiemand se als gaan goed en als is net positief nie. Ook nie wat ek dink Cherokee bedoel nie, maar wat help die alewige kommentaar soos daar sal niks van kom nie, niks goeds sal ooit gebeur nie en die son sal seker nooit weer opkom nie of ons mag on self nie verdedig nie ens ens. Elkeen geregtig op eie opinie dis waar. In my opinie is dit net irreterend en voeg geen waarde by nie.

Lana ·

Ek stem saam met Cherokee en GP.
One almal kyk elke dag die harde feite in die oë. Ons weet presies hoe uiters pateties dit in ons land gaan.
Met al die feite in die agterkop, moet ons vorentoe.
Wat vat jou vorentoe in so hopelose geval??
POSITIEWE ENERGIE !!
Jy gaan dit nie in ‘n hoop en kry jouself jammer met ‘n dit-sal-nooit-verander houding nie!!
Jy staan op vir hoe dit moet wees. Jy raak positief. Jy baklei vir wat reg is EN jy maak nie mense rondom jou moedeloos met ‘n negatiewe houding nie!! Daar is genoeg negatiewe dinge waaroor ons nie beheer het nie.
Neem beheer oor jou houding. Dis jou keuse.
You either get bitter or you get better!!
As jy bitter wil wees – bly asseblief weg van kommentaar lewer. Jy gee negatiewe energie af.

Otto ·

Delf dieper vir die oorsaak van die sirkus. In die townships kan jy net jouself laat geld deur geweld. Kyk die Kaapsevlaktes. Dis tyd dat iets dringend gedoen word om die gebiede op te hef, op te voed en werk te verskaf dan sal die hele SA daarby baat vind insluitend die onopgevoedes in ons parlement

Andre ·

Die ANC se verstand is soos n grammefoon plaat wat vashaak op “Apartheid”.

Vlakvark ·

Verstaan mooi: Suid-Afrika word getransformeer en gedekolonialiseer tot ‘n “National Democratic Society” – ‘n sosialisties-kommunistiese regime, beheer deur ‘n klein elite groep (“High group” – bestudeer gerus George Orwell se “1984”). En hulle voel ‘n flenter vir die gepeupel.

Ons gaan toenemend sosiale onrus beleef in die stryd tussen die “High group”, die “Medium group” en die “Low group” – nie ‘n “1984” nie, maar ‘n “2019+“

Wanneer, waar en hoe gaan die goeie Suid-Afrikaners wat streef om geregtigheid en naasteliefde te bevorder, figureer?

Andrea van Vuren ·

Ek weet en begryp dat ons land uit verskeie gelowe bestaan. Maar ongeag wié jy aan glo of aanbid wil ek onomwonde verklaar dat Satan in die parlement regeer!

@JohanL ·

Dis doodreg, wat het appartheid nou tog weer te doen met die EFF se swak optrede?

Gert van Wierdapark ·

Die EFF(L) is “met die kous oor die kop” huistoe gestuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.