EFF-LP’s nie nou geskors nie

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê Baleka Mbete, speaker van die parlement, se besluit om nie onmiddellik die party se LP’s uit die parlement te skors nie, regverdig die party se optrede.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, sê die besluit is ‘n regverdiging van die party se protesaksie in die parlement waartydens hulle “betaal terug die geld” gedreunsing het nadat pres. Jacob Zuma ’n vraag oor Nkandla gesystap het.

“Die EFF hou vol dat sy LP’s nie die reëls van die parlement oortree het nie, en dat die party ywerig sal voortgaan om antwoorde te eis van die uitvoerende gesag sonder vrees of guns.”

Lemias Mashile, voorsitter van die parlement se komitee oor regte en voorregte, sê Mbete en die EFF het ooreengekom dat Mbete nie met stappe sal voortgaan nie.

Mbete het die saak nou na die komitee oor regte en voorregte verwys. Mbete het in ‘n brief versoek dat die komitee dringend na haar moet terugkom met aanbevelings.

Die EFF het vroeër met regstappe gedreig indien Mbete nie van haar voorneme afsien om die party se LP’s te skors nie.

Lees ook:
EFF gee speaker tot Maandag tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willie ·

Hierdie rondte = EFF 1 : cANCer 0. Die eens magtige party swig voor ‘n handjievol. Dinge is aan die gebeur.

Louis ·

Ou Julius kan wees wat hy wil, maar hy stuit nie vir die duiwel nie. Hierdie is nog net die begin !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.