EFF-LP’s se foto’s glo gebruik vir staatsrede-oefening

EFF-LP's word Donderdagaand uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

EFF-LP’s word Donderdagaand uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

Die veiligheidspersoneel wat die EFF tydens Donderdagaand se staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder het, het foto’s van die party se LP’s gebruik om hul taktieke te oefen, het City Press berig.

Volgens die berig is foto’s van Julius Malema, Floyd Sivambu, Godrich Gardee en Reneilwe Mashabela gebruik tydens oefensessies in Pretoria, op die Kaapse Vlakte en in die Nasionale Vergadering.

Die foto’s het glo ten doel gehad om die veiligheidsbeamptes te help om diegene te identifiseer wat hulle onmiddellik moet verwyder sou chaos uitbreek. “Dit was meer oor hoe om ʼn persoon te verwyder, te ontwapen en ʼn bietjie selfverdediging,” het ʼn parlementêre bron aan die koerant gesê.

Die EFF se LP’s is Donderdagaand verwyder nadat hulle pres. Jacob Zuma herhaaldelik tydens sy staatsrede onderbreek het. DA-LP’s het kort hierna opgestaan en uit die Nasionale Vergadering geloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanna ·

Goeie genade dis n jammerte om te sien dat ons land sy Naam so weg gooi. Ons land gaan ten gronde en is besig om sy einde vinnag te sien, geen wonder daar is baie mense wat oorsee toe trek nie. Ek skud maar net my kop in skaamte.

ladybug ·

Boggom en Voertsek hulle ry daai Pontiac … verskonings, verskonings!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.