EFF-LP’s se ontwrigting kom hulle duur te staan

Die EFF-LP’s se oproerigheid gaan hul nou duur te staan kom. (Argieffoto)

Die groep EFF-parlementslede wat in 2019 Pravin Gordhan se begrotingstoespraak ontwrig het, gaan hul oproerigheid aan hul bankbalanse voel.

Die parlement se komitee oor magte en voorregte het die groep van 16 LP’s in Maart vanjaar skuldig bevind aan verskeie aanklagte van parlementêre wangedrag en het nou aanbevelings oor ʼn gepaste straf gedoen.

Die groep LP’s, meestal onbekende agterbankers, het Gordhan se begrotingstoespraak in 2019 kwaai ontwrig. Hulle het dreigend op Gordhan afgestap en geskree dat hy nie toegelaat sou word om sy begrotingsrede as minister van openbare ondernemings te lewer nie.

Lede van die DA en ANC het Gordhan teen die EFF beskerm en die EFF-lede is hardhandig uit die lokaal verwyder. Hulle is ná die voorval verkla en ʼn ondersoek is na hul gedrag gedoen.

Luidens die verslag van die parlement se reëlskomitee wat Woensdag amptelik uitgereik is, beveel die komitee nou aan dat Sam Matiase en Primrose Sonti, wat die komitee as “reeksoortreders” bestempel, sonder betaling geskors word vir ʼn tydperk van nie langer as 30 dae nie.

Dié skorsing word aanbeveel ongeag of die nasionale vergadering of enige van sy komitees in daardie tydperk vergader.

Matiase en Sondi is in 2014 ook skuldig bevind aan minagting van die parlement. Hulle het die president se vraetyd destyds ontwrig en het geweier om die vertrek te verlaat nadat hulle beveel is om dit te doen.

Matiase is destyds gestraf met ʼn 14 dae lange skorsing sonder betaling. Sonti is beveel om verskoning te vra en is beboet met 14 dae se salaris, alle toelae ingesluit.

Wat betref die ander 14 EFF-LP’s betrokke, het die komitee aanbeveel dat hulle gestraf word met ʼn boete gelykstaande aan een maand se salaris én alle ander voordele.

Dié EFF-lede is Khanya Ceza, Makosini Chabangu, Thokozani Langa, Brian Madlingozi, Mathibe Mohlala, Mothusi Montwedi, Thembi Msane, Dumisani Mthenjane, Nazier Paulsen, Henry Shembeni, Mathapelo Siwisa, Lorato Tito, Ntokozo Hlonyana en Rosina Komane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Keith ·

It took “them” 2 years to reach a decision, and only 2 minutes to dish out another useless weak fine.

Persheks Adri ·

Dit het al in 2019 gebeur en nou eers word hulle gestraf as jy dit ooit ‘n straf kan noem by gesê… Wonder hoeveel is hulle salarisse met voordele mmmmmmm. Strawwe moet erger wees werklik waar

jzjz05 ·

Ja ek dink dit is so lank terug ,party is seker al op pension,

jzjz05 ·

Ja met sagte handtjies ,bang die EEF mense kry dalk seer en dan kan hul dalk terug slaan

Renee ·

2 Jaar na die tyd en hulle word nou eers getraf? Is dit hoe ons regstelsel werk.
EFF gaan seker nou voor die parlement sy steun uitbring met geweld en plundering

Patch ·

Hulle het so baie back door inkomstes dat hulle lag oor hierdie lawwe “straf”. Verwyder hul heeltemal, dank hulle af!

ES ·

Hulle moet die skuldiges ‘n jaar se salaris beboet en dan kyk of hulle nog so gewillig is om die parlementere kommitee te ontwrig.

Jakes ·

Om hulle geldelik te straf is te maklik. Gee hule gemeenskapsdiens om die strate te vee en bossies uit te trek.

M-woord ·

Hierdie mense is “useless”! Kry hulle n geskenkpakkie saam met hulle “straf”? Straf my so na twee jaar en ek ontwrig elke parlement sitting met n glimlag op my gesig – “for free”

Aai ·

Cheers op daai een.Hulle haat dit as jy hulle by die sak seer maak.

Anel ·

Hulle moes afgedank gewees het. Die paar rand gaan hulle nie eens voel nie. Gaan nou lekker vir maand vakansie hou en nonsens uit dink.

Pierre ·

“sonder betaling geskors word vir ʼn tydperk van nie langer as 30 dae nie.” – so suspend them for 1 day only, it is within the rule as it is less than 30days.

Kokerboom ·

Eks gegrief, gebelgd en verontreg om te weet my belastinggeld word vermors op die klomp boewe!!! Absolute skande

Misky ·

Die Brackenfell storie het dalk wraggies die ys gebreek. Vir my gaan dit oor die prinsiep en dis nie weer net onder die mat ingevee en ‘n waarskuwing nie. Dis ‘n begin in die regte rigting!!!

Persheks Adri ·

Behoorlik pffft! Jy kort net die tsek en gggmmmfff lol

Jannie van Niekerk ·

So ligte straffie? Dit moes vyf jaar se salaris plus byvoordle gewees het en dan moet hulle ook lewenslank verbied word om weer in ENIGE regeringsos te dien hetsy as LP. Raadslid ofg amptenaar.

Chris ·

Wonder nou net, wat sou die onmiddelike gevolge wees, sou DA lede die parlement so ontwrig? Onmiddelike vonnis en jou job permanent kwyt….

JM ·

Wens hulle kon permanent uit die parlement geskors gewees het; onopgevoede skuim!

Johanncb ·

Dit is tyd dat ALLE Staatsamptenare wat aan wandade skuldig is, sonder salaris geskors word!

Realis Thailand ·

Hulle kry soveel omkoopgeld deesdae dat die salaris van die staat die sakgeld van die kinders uitmaak

jzjz05 ·

Dit gaan nou eers lank vat voor hulle betaal AS,hulle ooit sal betaal.nou sal daar appel aangeteken word dan na die hoërhof dan na die konstellehof.daarna weier om die hof se beslising te aanvaar.soos Zuma maak en op die end gaan Jan v R ,Apartheid , of Rassime die skuld kry.

Erika ·

Dit vat hulle 2 jaar met displinere stappe teen EFF Intussen is EFF weer besig iewers anders droog te maak ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.