EFF-LP’s uitgeskop oor Ramaphosa-aanmerking

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Julius Malema, leier van die EFF, en sy mede-LP’s is Woensdag versoek om die parlement te verlaat nadat hulle geweier het om ’n aanmerking oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa terug te trek.

Chaos het uitgebreek nadat Marshall Dlamini, EFF-LP, opmerkings gemaak het oor Ramaphosa se vroeëre verbintenisse as voorsitter van die Shanduka Groep, wat geld gemaak het deur steenkool aan Eskom te verskaf. Dlamini het Ramaphosa as ’n “dief” gebrandmerk.

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker, het Dlamini versoek om die aanmerking terug te trek, waarna Malema, Floyd Shivambu en Mbuyiseni Ndlozi opgespring het sonder dat die adjunkspeaker hulle toestemming gegee het. Tsenoli het die EFF-LP’s verskeie kere gemaan om te sit en gesê hulle gedrag is onaanvaarbaar.

Tsenoli het Malema en sy mede-LP’s is kort hierna versoek om die parlement te verlaat en het kort hierna uitgestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rina Pretorius ·

SA se hele parlement is ‘n groot grap, ‘n verleentheid. Ontbind die hele setup en kry weer mense wat die ding op ‘n hoe standaard kan doen

piet ·

Geniet maar die goedkoop piesangs in die “Banana-Republic” , klomp jokers , geen wonder die ratkas het net “reverse gears”. Wat Word ?

Franscois ·

Julle almal is diewe ou Mal-enema, julle buit dit uit en ja ,die vader in die hemel weet waar die mense wat julle verkies het as hul leiers die verstand vandaan gekry het, ek dink ons voorvaders draai in hulle grafte om!

Des ·

ek dink Julius malema is ok.baie kan nie die waarheid hanteer nie.hy is n goeie leier vir sy mense.wens ons kon so saamstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.