Die EFF het Woensdag gesê hy het Patrick Sindane, ʼn lid van die Gautengse wetgewer, geskors nadat hy daarvan beskuldig is dat hy sy vriendin glo aangerand het.
Sindane het glo die afgelope naweek sy vriendin in Soweto aangerand.
Die EFF in Gauteng het in ʼn verklaring gesê hulle “vra onvoorwaardelik om verskoning” vir die “geweld teen ʼn vrou wat deur een van ons lede gepleeg is. Ons as ʼn provinsie is erg in die verleenteid daaroor…”
Mandisa Mashego, die EFF se waarnemende voorsitter in Gauteng, het gesê dié onaanvaarbare aantygings van aanranding, wat glo deur die Sindane erken is, het die EFF in ʼn groot verleentheid geplaas.
Die EFF het gesê hulle is sterk gekant teen die volgehoue teistering, mishandeling en fisieke geweld teen vroue en is daaraan toegewy om dit te beveg.
Sindane is met onmiddellike effek tydelik geskors terwyl die party se dissiplinêre prosesse gevolg word.
Spelfout – vrugbare .
Wys jou net skree op die regerende party van die dag wie se lede in regerings poste is en vrouens aanrand en dan doen hulle lede in regerings poste dieselfde. Shame on you EFF
Wat van die marteling en moorde op vroue wat dalk deur hul lede gepleeg word?
Geweld is mos die EFF se beleid so hierdie ou het maar net gedoen soos wat hy geleer word.