EFF: ‘Malema het nie vuurwapen op veiligheidswag gerig’

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: EFF / Facebook

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: EFF / Facebook

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het nie ʼn veiligheidswag aangerand of ʼn vuurwapen op hom gerig nie, het die party Maandag gesê.

“Hy [Malema] word onderwerp aan die howe van openbare mening wat hom reeds skuldig bevind het. Dit is die wens van diegene wat geïntimideer voel deur wat hy verteenwoordig,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Die polisie in Limpopo het op 27 Oktober gesê daar word drie aanklagte teen Malema ondersoek na ʼn beweerde konfrontasie met ʼn veiligheidswag. “Malema word ondersoek vir die rig van ʼn vuurwapen, aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê.

Malema het glo in ʼn argument betrokke geraak met ʼn veiligheidswag by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane waarna hy glo ʼn vuurwapen op die veiligheidswag gerig het. Malema het glo ʼn musiekfees by die stadion bygewoon.

“Malema en sy lyfwagte het glo die stadion probeer verlaat deur ʼn hek wat nie as ʼn uitgang gebruik word nie. Hulle het glo in ʼn argument met die veiligheidswag betrokke geraak waarna Malema glo ʼn vuurwapen op die veiligheidswag gerig het.”

Volgens Otto het hulle die veiligheidswag glo teen die hek vasgedruk. Hulle het die hek glo oop forseer en dit in die proses beskadig.

ʼn Klag van aanranding is ook vroeër teen Malema ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen wat op kringtelevisiekamera vasgelê is. Malema het glo ʼn man rondgestamp en gevloek.

Klik hier om vorige berigte oor Julius Malema te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jannie ·

Hy dink net soos Zuma hy is bo die wet verhewe en kan maak net wat hy wil. Hoekom sal n veiligheidswag so iets op maak. Ons almal weet al Malema het n kort humeur veral as mense nie saam met hom stem en doen wat hy se nie.

jjobson ·

Malema,The Great Fat Untouchable 1 – Niemand sal hom kan verander nie. Ek sal graag EFF wil join maar sien nie kans vir die VUIL SKOLLIE uniform nie. My als kom van BO.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.