EFF-man gediskwalifiseer ná FB-inskrywing

'n Skermskoot van Mabotja se Facebook-inskrywing.

‘n Skermskoot van Mabotja se Facebook-inskrywing.

ʼn Raadslidkandidaat van die EFF is deur die verkiesingshof gediskwalifiseer om in volgende week se munisipale verkiesing te staan weens ʼn rassistiese inskrywing op Facebook.

eNCA berig die verkiesingshof het beslis Thabo Mabotja, ʼn kandidaat vir die EFF in een van die Tshwane-metro se wyke, mag nie staan as kandidaat nie weens sy uitsprake op sosiale media.

Mabotja het volgens skermskote, wat van sy Facebook-profiel gemaak is, gesê: “All white people must be hacked and killed”.

Volgens die berig is Mabotja ook gevra om die inskrywing te verwyder. Julius Malema, leier van die EFF, het vroeër aan eNCA gesê die party het hom van Mabotja gedistansieer na die uitlating en gesê enigiemand wat die verkiesingswet oortree, “is op hul eie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Bravo16 ·

En Malema lag in sy mou!! Want die boodsap is klaar deurgegee.

lewies ·

Pasop!! die gevaar le daarin “dat mense met ‘n lae IK baie meer vatbaar is vir suggestie”

vranet ·

Gaan hy ook aangevat word soos die blankes as hul iets verkeerd of rassisties sê??? Twyfel

rudi ·

Verbeel jou. Op SABC 1 2 en 3 word dit as hoof nuus ingevryf dat ‘n SWART persoon haat uitgespreek het en dat hy as voorbeeld moet boet. Ja in ons drome. Net nog mense sal op plase vermoor word en die linkse afrikane sal maar net se dis normale misdaad in SA. Wat n siek spul

Judy ·

Hy sê maar net wat die meerderheid dink en voel want dit word onder hulle gepropageer. In die land van die blindes is eenoog koning.

Nita ·

Ek wonder of hy ten minste ook n stewige boete gaan kry, soos die Sparrow vrou.

Rekenaarslim ·

Hulle dink dit kan delete word en vergeet word…hulle moet onthou dat alles wat mense sê en doen vasgelê word op een of ander manier deur tegnologie. Ons huidige president mag dalk haatspraak aanhuts maar die wiel van geregtigheid draai al is dit soos Mugabe op sy ou dag, en dit sal in die toekoms teen hulle tel wanneer wet en orde eendag herstel. Dalk die internasionale hof, dalk wen die DA eendag, dalk kry die ANC eendag weer goeie leiers wat onregmatighede van die verlede sal aanspreek. Die wat haatspraak maak en moorde pleeg moet maar weet dat tegnologie diep and n kompleks is en dat daar oorsee op groot en goed beskermde “servers” backups is en dat hulle nie kan weg doen wat hulle nou sê en doen nie, deur groot maatskappye soos Google, FB, Microsoft en andere, wie die haatspraakaanhutsers nie sal kan manipuleer nie. Reg en geregtigheid sal geskied.

Oni ·

Lida die arme Sparrow vrou het geensins haat of moord aangeblaas nie. Hierdie geval is openlike haat teenior blankes.

Lance ·

All whites must b hacked to death …dag swartes kannie rasisties wees …gaan hy ook n R150 000 betaal vir dit…daar wys hulle nou hullle ware kleure ne. Dan is daar nog blankes wat vir hom wil stem …hoe dom ! Kyk maar na die kandidate op die plakate …lyk almal kwaad en bedremmeld. Wolf in skaaps klere wat nou voor enige gehoor sal se wat hulle wil hoor …intussen gaan dit in hulle denke aan… die eff is maar die awb net aan die anderkant van die spektrum

Lance ·

Op die radio gehoor swartes kannie rasisties wees nie ….ja sure . Hoop hy word ook beveel deur n hof om geld te betaal. Hy se ook maar net wat in sy hart is en nou is daar mense wat eff wil stem …red n volk …

snoefie ·

ag siestog foeitog foeitog. hy is slegs beveel om die dreigement te verwyder en verskoning tevra. meer gronde tot appEl teen Penny sparrow se vonnis.

Anti DA ·

Dit is soos die 1994 verkiesing van die swart mense het geglo hulle gaan die huise en motors kry van hulle werkgewers en nou in 2016 glo die wit mense om DA te stem gaan vir hulle ‘n beter lewe gee ons praat weer oor 20 jaar.

JongMan ·

Ons het nie die DA of enige party nodig om vir ons iets te doen nie dankie.

Brakpanner ·

Oor twee dekades sal diegene wat, glo ek grotendeels uit onkunde rondom die DA se uiteindelike ondersteuning van raswette teen minderhede en Afrikaners in besonder aan die einde van 2013 reeds, (waaronder RA, BBSEB en kwotas op alle gebiede), wel in nou se verkiesing vir die DA gaan stem, ook na verwys word soos daar tans gereeld na ja-stemmers van die referendum wat tans se bedeling voorafgegaan het verwys word. En soos nou sal meeste van hulle ook ”dood” wees, landuit gevlug het, of werklik reeds gesterf het.

Sputnik ·

Rekenaarslim (maar minder taalslim), die woord is “aanhits” – net terloops.

Rekenaarslim ·

Dis wat ek nie kan verdra van sekere Afrikaners nie en waarom baie mense nie van Afrikaners hou nie. Ek is nie eers Afrikaans nie maar probeer net saam gesels in julle eie taal. Maar ek sal nie weer nie, van nou af praat ek net Engels verder.

Veritas ·

Rekenaarslim, ek dink nie Sputnik het dit teen jou as Engelssprekende bedoel nie. My gevoel is dat hy/sy, jou net wou reghelp. Die baie spelfoute, wat kommentators hier maak krap my ook om. Ons Afrikaners se gebrekkige kennis, van ons eie taal, getuig van, óf swak skoolopleiding óf min lees.

Callie ·

Mense as jy elke dag tussen swart mense werk wat “ongeskoold” is besef jy gou hoe vatbaar hulle is vir sulke haatspraak en vals beloftes van sogenaamde leiers. Dit is daardie uitsprake wat geweldadige stakings tot gevolg het. Besef die blanke nie dat volgens die meerderheid swartes die witman moet weg uit die land nie. Die witmense, dit sluit my in, het totaal rugraatlos geword en kruip liewer deur vir die swartes te stem en alles wat hulle doen goed te praat en/of te swyg eerder as om sy werk of posisie in gevaar te stel deur die waarheid te praat en op te kom vir geregtigheid. Daar is n baie klein minderheid swartes wat anders dink en dit gaan nie help om n verskil te maak nie. Mag ons net nie daar beland waar ons oor wapens vir mekaar kyk nie.
Begin asb besef dat binne die volgende 2 jaar is dit chaos.

sputnik ·

Callie, “speak for yourself” as jy sê blankes is ruggraatloos. Ja, daar is sekerlik ‘n klompie, maar ek ken net té veel blankes met goeie ruggraat om met jou saam te stem. Dink maar net aan die leiers van Afriforum, Solidariteit en sommer VF+, asook die “taalbulle” in die land, net om te begin opnoem. Die feit is, ons is ongelukkig ver in die minderheid en soos jy sê, daar’s ongelukkig baie ongeskooldes of laaggeskooldes (en hulle vermeerder woes – net in Angola alleen is 70% van die bevolking onder 24 jaar oud! Dink aan daardie probleem wat sluimer!)

Gerhard ·

Hierdie land behoort aan God,en Hom ALLEEN.Geen witman kan vir swartman se jy hoort nie hier nie en so kan geen swartman vir witman se jy hoort nie hier nie.Rassisme is mense se harte wat nie reg is nie,wat die Here nie ken nie.Moet nooit jou vertoue op mens,politieke party ,goverment sit nie,maar wel op God.Die lewe op aarde is kort en die dood is seker.

JC ·

AFRIFORUM; kla hierdie affere strafregtelik aan asseblief, ek weet julle sal!!

Jan ·

Hoe vêr in die verlede voel dit nou toe die ‘rainbow nation’ in 1994 met die befame verkiesing hoop vir hierdie land geskenk het. Toe ‘n ware goeie mens in die naam van Nelson Mandela die land herenig het met sy visie van ‘n nie-rassige, demokratiese reus in Afrika. Ongelukkig was hy ‘n een-uit-‘n-duisend en ons is nou ongelukkig besaai met swak bakteriese diktators wat die groot man se visie heeltemal verdraai het om hul eie ondemokratiese, rassistiese, en eie-gewin agendas te bevorder. Mens kry hierdie virus van ‘n man eintlik waarlik jammer, want hy het homself gelyk gestel aan daardie 80er jare se rassistiese wit grootman netjies!

JC ·

Jan, ek kan nie meer met jou saamstem nie!! Ons Afrikaners sal nou moet begin saamstaan met mekaar , die reenboog is in sy dinges in , en AFRIFORUM is ons spreekbuis en liggaam by wyse waarvan ons ons doelwitte en trotse voortbestaan en taal en kultuur sal verseker en hierdie rassiste en linkses op hul neuse sal laat kyk!!

Veritas ·

Die probleem lê nie in die getalle-wanbalans nie. Dit lê in die mediablootstelling wat rassiste, aan albei kante, kry. Dit sweep mense op en spoor rassehaat aan. My eie ondervinding is dat die oorgrote deel van die bevolking, vreedsaamheid en samewerking voorstaan maar sekere politieke partye se voortbestaan word daardeur bedreig en daarom word die rassistiese uitsprake op die voorblaaie gehou.

Lugan ·

Ek dink dis tyd dat ons aan die mense doen dit wat hulself so propageer. Laat hul geoordeel en gestraf word met hul eie woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.