EFF-man glo vas vir bedrog

Wiekus Kotze. Foto: Twitter

Wiekus Kotze. Foto: Twitter

Wiekus Kotze, ʼn Afrikaanse man wat bekendheid verwerf het toe hy by Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)-party aangesluit het, is Donderdag glo weens bedrog in Alberton, Gauteng, in hegtenis geneem.

Die EFF het dit Donderdag in ʼn verklaring bevestig.

Volgens Patrick Sindane, die party se woordvoerder, sal lede van die party Kotze ondersteun wanneer hy na verwagting later vandag in die Palm Ridge-landdroshof gaan verskyn. “Ons beskou die saak as niks anders nie as die misbruik van staatsmag om politieke sake met sekere individue uit te sorteer,” het hy gesê.

Die Gautengse polisie of die Valke kon nie onmiddellik oor Kotze se inhegtenisname kommentaar lewer nie.

Kotze het vroeër gesê hy word op sosialemedia-platforms aangeval en as ʼn verraaier bestempel deur die Afrikaanssprekende gemeenskap, het die Saturday Star in Januarie berig.

Kotze sê die aanvalle op sosiale media het begin nadat hy in die party se sentrale struktuur in Gauteng aangestel is. Kotze dra met trots sy EFF-baret en het aan die koerant gesê mense het hom as ʼn idioot beskryf. “Hulle het gesê ek is ʼn idioot, ʼn dwaas, dat ek witvoetjie soek by swartmense, dat ek ʼn verraaier is weens my wit vel.” Lees meer hier. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Veronica Deacon ·

Ag siestog mamma se grootseun, oom Julius sal seker ‘n handjie verleen om jou uit te help.

AmY ·

‘Hmmm, ja kyk né!!! Gedink die mannetjie is te goed om waar te wees. Net so korrup soos sy rolmodel.’

Amanda ·

Dan is die etter net waar hy hoort. Soort soek mos gewoonlik soort!!!! ( ontsteking’s vog afkomende ” wond of sist) .

Druk uit,sny uit om van ontsteekte vog ontslae te raak is die knapie. Dus bevind hy hom nou in die regte geledere. Rooi dui mos juis op ontsteking!! Boetiekie jy is ‘n doring in my vlees!!!

K Uys vd Westhuizen ·

Ag shame…… As die skoen pas boetie trek hom aan ne!!!! Jys nes jou leier

Sarie van Niekerk ·

Dit gaan interessant wees om te weet resies vir wat se bedrog hy in hegtenis geneem is. Hy het mos as klerk by die Ekurhuleni-metro se finansieskantoor in Benoni gewerk en toe Agang begin het, het hy onmiddellik in werkstyd op die Ekurhuleni se skryfbehoeftes en rekenaar werwing vir Agang gedoen. Kort daarna is hy onder ‘n wolk by Agang weg en het onmiddellik by die EFF aangesluit en kyk nou wat gebeur nou. Natuurlik se die EFF onmiddellik dit is nou weer misbruik van staatsmag om politieke opponente by te kom.

Grassie ·

Goeie nuus. `n Mens kan maar net hoop die ander twee loop spoedig `n soortgelyke paadjie.

petra van vuuren ·

as die skoen jou pas, trek hom aan ou swaer!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! net mense wat desperaat is, soek weivelde by barbare!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.