EFF misluk in aansoek vir tersydestelling van hofbevel

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof misluk in ’n poging om namens onwettige plakkers ’n tussentydse hofbevel wat in Desember uitgereik is tersyde gestel te kry.

Die onwettige plakkers en ondersteuners van die EFF het in Desember onwettige strukture op die plaas Bultfontein, noord van Pretoria, opgerig. ’n Hofbevel is in Desember bekom waarna die onwettige strukture deur die Rooimiere verwyder is. Die bevel sou vandag permanent gemaak word.

Die EFF se regsverteenwoordiger het vanoggend probeer om die tydelike hofbevel tersyde te laat stel. Die saak is reeds aangehoor en tot 10 Maart 2015 uitgestel. Dit gee die regsverteenwoordigers kans om die opponerende hofstukke wat gistermiddag laat deur die onwettige plakkers afgelewer is, te bestudeer en te beantwoord.

“Ons bied deur middel van ons takstrukture regoor Suid-Afrika aan gemeenskappe die vermoë om hul regte op te eis, en met dié stap staan ons op vir die beskerming van eiendomsregte,” het Tarien Cooks, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Noord, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Larry ·

Mooi man, hoe meer ons opstaan vir ons reg hoe beter vir almal. Ons kan nie toelaat dat ons n tweede zim raak nie. Ons het nerens om heen te gaan nie, ons wortels is hier in Suid Afrika die grond is in ons murg en bloed. VAT SO malema en jou gespuis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.