EFF misluk met mosie oor plaaswerkers

(Argieffoto: pixabay)

Die EFF het Donderdag probeer om ’n parlementêre ad hoc-komitee van ondersoek na die lewensomstandighede van plaaswerkers van stapel te stuur.

Al die ander politieke partye in die parlement het egter saamgestaan om hulle te blok.

Die senior EFF-LP Sam Matiase het ’n sterk bewoorde mosie oor plaaswerkers ingedien. Die mosie vra dat die parlement kennis neem dat plaaswerkers en plaasbewoners baie kwesbaar is, dat die verhouding tussen plaaseienaars en plaaswerkers nog altyd geweldadig was, dat menseregte geskend word deur byvoorbeeld onwettige uitsettings en dat plaaswerkers dae lank sonder kos moet bly, veral seisoenwerkers.

Hy het verder gesê dat die dopstelsel voortleef, dat plaaswerkers lang ure werke en geen oortydbetaling kry nie, dat net 10% van plaaswerkers ouerskapverlof kry en net 20% kry pensioen- en aftreevoordele, dat plaaswerkers soos slawe behandel word, dat die demokrasie dus plaaswerkers ontglip, dat die parlement die leiding oor die kwessie moet neem en dat ’n ad hoc-komitee hiervoor aangestel moet word.

Matiase het gesê nogmaals is die EFF die stem van die stemloses en die vertraptes van die wêreld, wat deur die ANC versaak is.

In die sterkste aanduiding nog van hoe die ANC sukkel om die gevolge van die instelling van die ad hoc-komitee oor onteiening sonder vergoeding te bestuur, het die ANC-LP hoofman Mandla Mandela wel gesê dat die ANC die sorge van die EFF deel, maar dat hulle die voorstel van ’n ad hoc-komitee verwerp omdat al die wette, regulasies en strukture om die probleem op te los, reeds bestaan.

Mandela het sy visier gestel op die Wes-Kaap, wat in sy woorde selfs tans ’n koloniale projek is. Hy meen egter die mosie bewys dat die EFF speel met mense se swaarkry. Voorts het Mandela die belang van ’n stabiele landbousektor vir die land se ekonomiese vooruitgang uitgestippel.

In kort het hy met die sentiment van die EFF saamgestem, maar hulle aangeraai om die oorsigrol van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou beter aan te wend.

Dr. Annelie Lotriet van die DA het die ekonomiese belang van die landbou vir die land uitgelig. Sy het gesê waar plaasboere of plaaswerkers nie met waardigheid en respek behandel word nie, bestaan die korrekte kanale en moet nie versuim word om dit te gebruik nie.

Sy het gesê die tipe veralgemenings wat deur die EFF as feite aangebied word, help niemand nie. In ’n teken dat die DA ook veel wyser geword het sedert die aanvaarding van die mosie oor onteiening, het die DA nie net die EFF-mosie teengestaan nie, maar ook ’n amendement gestel wat veel meer klem op die insette van landbou-unies en die georganiseerde landbou plaas.

Xolani Ngwezi (IVP) het gesê wat ter sprake is, is arbeidsregte. Geen ad hoc-komitee is nodig nie; net die aanwending van bestaande wetgewing. Hy het aangevoer een van die grootste probleme met grondhervorming is dat die ANC-regering so stadig en so korrup is.

Namens die VF Plus het Tammy Breedt gesê die landbou skep werk en is min of meer die enigste bedryf in die land wat ekonomies groei. Sy meen die EFF het met hierdie mosie ’n nuwe laagtepunt gestel en is sowel die vyand van plaaswerkers as van werkskepping.

Breedt het die EFF aangeraai om bestaande wette te gebruik as hulle bewus is van enige wetsoortredings op plase, en gesê dit is die werk van arbeidsinspekteurs om die wet toe te pas.

Vir die ACDP het Marie Sukers gesê sy het op ’n plaas grootgeword en het die pyn daarvan ervaar om van ’n plaas verjaag te word. Volgens Sukers is daar wel ’n magswanbalans, maar verhinder politieke speletjies soos die EFF s’n maatskaplike vooruitgang en is ’n ad hoc-komitee onnodig.

Noko Masipa (DA) het gesê die EFF probeer slegs sensasie skep deur openbare belangstelling ten koste van akkuraatheid gaande te maak. Hy het aan die hand van wetenskaplike navorsing aangetoon dat die EFF se feite verkeerd is, wat die EFF-LP’s baie ontstel het.

Annette Steyn (DA) het beklemtoon dat sy as boervrou besef hoe plaasmense op mekaar aangewese is omdat skole, hospitale en dokters ver weg is in die dorp. As die EFF werklik weet van onwettige optrede hoef hulle bloot die owerhede en by name die departement van arbeid in kennis te stel.

Volgens Steyn verlaat plaaswerkers nie net plase weens uitsetting nie. Baie trek dorp toe in belang van hul kinders omdat die regering plaasskole sluit en die staat se mobiele klinieke nie meer plase besoek nie.

Sy het ook gewys op korrupsie in die Agri-SETA wat tans deur die Valke ondersoek word.

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, het gesê enige voorstel moet slegs die verbetering van omstandighede op plase ten doel hê, en leiers moet nie opportunisties wees nie.

Die adjunkminister het aangevoer die regering en die ANC staan onbeskaamd aan die kant van die plaaswerkers want hulle is weerloos. Hy het die EFF aangeraai om die wet te laat toepas en hul parlementêre oorsigrol in die portefeuljekomitee behoorlik te doen – dan sal ’n ad hoc-komitee volgens hom onnodig wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Androclus ·

Dankie,hulle wil dinge doen waarvan hulle nie ‘n clue het nie.

Persheks Adri ·

Dankie tog! Hulle het nie ‘n idee wat aan gaan nie en hits mos haatspraak aan en KILL THE BOER. Cyril bly steeds dood stil so hy keur dit goed pffft!

Gee my krag vir die EFF narre ASB! Weet “our people” hoe daar eintlik na die werkers en kinders omgesien word? Duidelik nie, want hulle kry huise, krag, kos ens. Dis tyd ons haal die kos van die rakke af en ons ondersteun direk die boere, sodat hulle kan besef waar kom hulle pap vandaan! EFF must fall pffft tsssk genade ek sal ‘n aar bars só irriteer dit my!

Stefaan ·

Ek so behandel word soos die eff beweer het ek lankal my goed gevat en gewaai. Niemand word gedwing om te werk nie.

Wondermaarnet ·

Presies. As jy nie gelukkig is nie, soek ander werk.

Grassie ·

Die EFF voel vere vir plaaswerkers, die doel van hul optrede is om die wit boere te beswadder met vals liegstories. “Our people” is baie vatbaar vir beïnvloeding. Dit is maklik om hulle te laat glo hulle word sleg behandel en benadeel al is dit nie so nie, Die EFF se doel is bloot om onrus en kwade gevoelens te stook teen boere. Boere is beslis hul nommer een vyand en hulle is tot enige laakbare optrede in staat.

Eiervrug ·

As die boere uitgemoor word soos huidiglik die geval is, gaan die plaaswerkers se pensioenfondse en etes niks help nie. Begin by die regte probleem EFF, help om boere te beskerm, sodat hulle werk kan verskaf aan plaaswerkers. Ai, kan hulle nie self daai som maak nie???….

LiveAndLetLive ·

Kamstig wil malema opstaan vir sy mense, maar in werlikheid doen hy sy mense skade aan sodat hy op n power trip kan wees en in weelde kan lewe.
Instede daavan dat hy sy mense aanhits om te swot en vooruit te gaan want hulle het al 26 jaar alle geleenthede om dit te doen, hits hy geweld, haat en moord aan en hulle sit in n tronke, hy is nie n leier nie – hy is n Narcissist. Sy mense verbrand hulle eie kos want hulle wat hom volg is diegene wat nie vir hulself kan dink nie, hierdie land het nie mense soos Malema nodig nie.

Kokerboom ·

Die volgende aanhaling van Robert Hanlon is op hul van toepassing: ” Never attribute to malice that which is adequately explained by stupidity!”

J ·

Die EFFenANC het veroorsaak dat miljoene werkers reeds hul werk verloor het.

Hierdie ‘publisiteitsfoefie’ van die EFF gaan veroorsaak dat nog duisende meer werkers uit diens gestel gaan word.

Die werkers gaan dit binnekort agterkom en gaan dan inkomste EIS by die EFFenANC.

Piet ·

Boere moet eerder wittes aanstel. Die punt is, dis ‘n werksooreenkoms. As jy nie hou van wat jy het nie, soek ander werk.

koos ·

“Mandela het sy visier gestel op die Wes-Kaap, wat in sy woorde selfs tans ’n koloniale projek is”
Is dit nie maar hoe die huidige bevoordeeldes (Black privilege) is nie? In plaas van om te mik om ook susksesvol te wees, wil hulle jou eerder aftrek na hulle vlak toe, dan lyk ons almal ewe sleg. Tipies van die heersende mentaliteit.

Blomme ·

Die Media moet die EFF minder ń blootstelling gee. Minder oor hulle berig lewer. Dit laat hulle dink hulle is belangrik… Eintlik is hulle maar net lafhartige rassiste.. Verdien nie om enige hoofnuus te haal!

Cornelius ·

Die EFF is n party wat net moeilikheid soek veral met wit boere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.