EFF moet hoes ná Brackenfell-betogings

EFF-lede het verlede jaar na die Hoërskool Brackenfell opgeruk oor ’n matriekafskeidfunksie wat kwansuis net vir wit leerders gehou is. (Foto: EFF/Twitter)

Die landdroshof op Kuilsrivier het Vrydag ’n dagvaarding aan die EFF uitgereik om op te dok vir die skade wat in November verlede jaar tydens ’n betoging by die Hoërskool Brackenfell aan munisipale eiendom aangerig is.

Die skade het altesame R87 312 beloop.

Maroela Media het vroeër berig dat die Stad Kaapstad ’n siviele eis teen die party sou instel nadat ondersteuners van die party onder meer ’n brandweerwa en ’n stuk veld gedurende die betogings aan die brand gesteek het.

Paaie, munisipale vullisdromme en verkeersligte is ook beskadig.

“Die EFF het ’n aansoek om in die Brackenfell-omgewing te betoog ingedien en daarvolgens die verantwoordelikheid aanvaar om aan nasionale wetgewing te voldoen en te verseker dat die betoging vreedsaam geskied,” sê Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.

“Die EFF het misluk om ’n vreedsame betoging te verseker en versuim om aan redelike opdragte van die polisie gehoor te gee.”

Plato sê voorts dat die EFF ook nie op aanmaningsbriewe wat die stad in Maart vanjaar aan hom gestuur het, reageer het nie.

Volgens hom is die EFF se oortredings ingevolge die Wet op die Reëling van Byeenkomste, asook die besonderhede oor die skade, in dié skrywe uiteengesit.

“Hoewel die Grondwet voorsiening maak vir vreedsame betogings, is daar geen rede om staatseiendom te beskadig nie. Enigiemand wat hom daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.

“Ons is bly dat die hof toesien dat die skuldige partye aan die pen ry. Wetteloosheid hoef nie deur inwoners geduld te word nie en ek dink dat die hof se beslissing ’n sterk boodskap uitstuur,” sê Plato.

Die betogings is voorafgegaan deur ’n herrie oor ’n matriekafskeidfunksie wat kwansuis net vir wit leerders gehou is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het in Desember egter bevind daar was geen bewyse dat enige leerders doelbewus op grond van hul ras uitgesluit is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Misky ·

Wonderlike nuus!!!!! Dis nie baie geld nie, maar dalk die begin en hulle sal voortaan mooi dink voor hulle net afbreek en verwoesting saai. Mooi gedoen Kaapstad

Andries ·

Hulle sal nooit leer nie hulle het nie eens skool gegaan nie so hoe sal hulle leer

Anoniem ·

En wat van die skade wat aan besighede se bedryf aangerig is nadat telefoon en internet verbindings vir 3 weke buite werking was? Is dit maar ok?

Pierre ·

Glad nie maar dit behoort die pad te open vir siviele eise, die stadsraad kan nie namens besighede optree nie vir die basiese rede hulle het geen belang in die besigheid nie.

Anoniem ·

Korrek, besighede sal dit waarskynlik ook nie doen nie, aangesien dit te veel rompslomp sal veroorsaak.

Baardman ·

Nou gaan die appelsaak die stad meer as R87 000 aan regskoste kos, maar die bevel is darem daar dat hulle moet betaal

Dries ·

Julle kan dit maar op julle maag skryf, eff sal/kan nie betaalnie.

Jannie van Niekerk ·

Hulle gaan dit nie betaal nie. Die enigste oplossing is om elke enkele EFF leier en ondersteunr vir ten minste 25 jaar toe te sluitl, sonder keuse van ‘n boete of parool.

Jr ·

Pay back de monie. ” pay bek de monie. Heeh heeh heeh – 2ltr coke bottle commander in crêche

Esme ·

Kan ons nie asseblief die EFF en sy Bevelsraad, Gaza toe stuur nie? Alles is alreeds daar vernietig en ‘n paar ekstra hande kan handig te pas kom.

Stefaan ·

Nie goed genoeg nie. Die Boer van Vrystaat moes sit nadat hy na bewering die vangwa aan die brand gesteek het. Hoekom geld dieselfde nie vir die eff nie?

Gert ·

Want hulle is swart. C R wys ons mos daar is dubbel standaarde

Blikkies ·

Die EFF gaan hulle nie steur aan die hofbevel nie. Vir hulle is daar geen wette nie. Hulle gaan nie betaal nie. Wat het geword van die skades wat aangerig is aan al die Clicks’ winkels?

Jaco ·

Die saak gaan nie ver kom nie, want dis “die rassistiese DA” wat die klag maak. Ek wonder net waarom het die EFF Brackenfell poskantoor beskadig. Die poskantoor ressorteer mos onder die ANC-regering en die ANC kan tog nie rassisties wees nie. Dis dan net so swart soos die EFF. Net wit mense en wit politieke partye is mos rassisties.

marius ·

Die hof het niks gedoen behalwe om ‘n dagvaarding uit te reik vir ‘n siviele eis nie . Indien dit bestry word kan dit jare duur voor dit op verhoor gaan . Ala zuma Plato ….

Blikke ·

Betoging was in elk geval nie geregverdig nie…hulle het betoog oor iets wat onwaar is en in elk geval niks met hulle te doen gehad het nie……sal maar moet sien of die geldjies betaal gaan word…..ek twyfel!!!

Mariana ·

EFF = nie toerekeningsvatbaar. Maw hulle sal ook nie die geld opdok nie. Hulle mag maak en breek en uitsprake maak soos dit hulle behaag, maar betaal sal hulle nie en hulle weet dat hulle niks sal oorkom nie. Hulle is beskermd. En volgende keer maak hulle weer so…….ten koste van die onskuldiges

Jerry ·

Ja wel gaan hulle betaal in die land is geregtigheid maar n skaars ding.

Jakes ·

Miskien sal Julius nou weer gaan tee drink of by Zuma of Ace om te vra vir R87000.

Samuel ·

Iewers sit ‘n landdros wat vir homself dink!
Ons kan net hoop daar gaan voortaan in ander gevalle ook vreesloos teen die EFF opgetree word.

Andries ·

As ek so iets doen word ek toegesluit maar sommiges in hierdie korupte land kan maak soos hulle wil miskien moet ons ook rooi overalls en pette opsit en se ons is die EFF dan kan ons maak wat ons wil

Charl ·

He he he lag ek nou lekker, hoogtyd dat hanswors en sy rooi sirkus bietjie in die bek geruk word…altans vir wat dit werd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.