EFF moet jammer sê vir Manuel en opdok

Trevor Manuel. Foto: Karen Sandison/ANA

Die EFF moet Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, om verskoning vra vir stellings wat die party oor hom gemaak het.

Regter Elias Matojane het in die hooggeregshof in Johannesburg beslis die EFF moet binne 24 uur die verklaring wat hulle oor Manuel uitgestuur het van al hulle platforms verwyder, insluitend sosiale media. Die EFF moet ook binne 24 uur op al hul mediaplatforms waar die mediaverklaring oor Manuel gedeel is, aan hom om verskoning vra.

Matojane het bevind die EFF, sy leier, Julius Malema, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, se gedrag in die verband was skandelik en kwetsend. Matojane het ook Manuel se versoek om skadevergoeding van R500 000 toegestaan.

Manuel het die hof genader nadat die EFF hom beskuldig het van botsende belange met betrekking tot die aanstelling van die nuwe taksbaas, Edward Kieswetter.

Die EFF het in Maart ʼn verklaring uitgereik waarin die party Manuel van nepotisme en korrupsie in die aanstelling van Kieswetter beskuldig het. Manuel het aan die hoof gestaan van die paneel wat onderhoude met die kandidate vir die pos gevoer het.

Manuel het geëis dat die EFF sy uitlatings terugtrek, om verskoning vra en skadevergoeding van R500 000 betaal.

Adv. Carol Steinberg, Manuel se regsverteenwoordiger, het tydens die aanhoor van die saak aangevoer die EFF het Manuel se aansien skade berokken met hul uitlatings. Volgens Steinberg sal Manuel die geld aan ʼn verdienstelike organisasie skenk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Uiteindelik bietjie goeie nuus. Maar daar is nog baie vraagtekens oor Malema….

Veritas ·

Malema is besig om homself en die EFF te hang. Hy kort net nog ‘n bietjie tou.

Lientjie ·

Ek wag oo vir daai een. Hulle kan nie eers Afriforum betaal nie, maar hulle appel aanteken. Ai dis so snaaks!

Essa ·

Ek is bly oor die uitspraak ten gunste van Trevor Manuel; Malema en sy party moet in die bek geruk word oor sulke vals aantyings. Hou in gedagte dat mnr. Kieswetter ook beledig was met die insinuasie dat hy nie op meriete aangestel was nie, terwyl hy wel absoluut op meriete aangestel is.

Andreas ·

As almal wat hy daar buite van die stadions af en hul faceboek beswadder en belaster het, hom moet dagvaar, hy skuldig bevind word aan haatspraak, sal hy later net sy mond in die parlement kan oopmaak. O ja en hy sal ‘n taxi daarheen moet vat want hy sal nie petrol vir sy luukse kar kan bekostig nie.

Liekie ·

Ek sou graag net die bewys van R500 000 betaling sien, en so ook sy verskoning aangebied op EFF se sosiale-/mediaplatforums – aangesien ek nie op enige sosiale forums is nie…LOL

Dis darem nuus wat my ‘n smile gee !!

Andreas ·

Jip, hy het mos al reeds ‘n klop geld aan Afriforum moes betaal na hy nie sy mond kon stilhou nie.

jaco ·

so die EFFword vasgevat wanneer hulle lelik is n kleurling, maar hulle uitsprake oor die uitmoor van wit mense is aanvaarbaar.
net jammer ander gewone kleurlinge wat nou nie Manuel se politieke konneksies het nie, kry steeds swaar onder die ANC. Wanneer kleurlinge werk soek, hoor hulle dikwels “sorry no job because you are not black enough”. Ek het bewyse van sulke gevalle.

Chris Ws ·

Kry vir jou Julias!Hy moet meer male in die bek geruk word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.