EFF moet pa staan vir skade in protes-optrede

Skermskoot uit die video.

Skermskoot uit die video.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters as politieke party moet instaan vir al die skade wat Woensdag aan besighede en aan die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria aangerig is, meen die VF Plus.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê daar kan geen twyfel wees nie dat dit EFF-lede was wat die skade aangerig het. “Daar is genoeg video-materiaal en ooggetuies om dit te bevestig. Waar organisasies in die verlede weggekom het deur onbekende individue die skuld te gee vir skade wat aangerig is, is dit hier nie die geval nie,” het hy verduidelik.

“Dit is duidelik op video-materiaal sigbaar hoe ‘n EFF-lid in rooi uniform ‘n brandbom na die Kruger-standbeeld gooi en hoe winkels deur EFF-lede geplunder word. Terselfdertyd moet bepaal word wat tydens EFF-leiers se toesprake gesê is en of dit tot die geweld bygedra het,” het hy gesê.

Volgens Mulder moet daar ‘n duidelike onderskeid getref word tussen vreedsame protes en geweld tydens ‘n protesoptog. “Voor daar nie ernstige optrede van die regering en polisie teen alle vorme van geweld tydens protesoptogte is nie, sal dit voortgaan asof dit die enigste manier van protes is. Geweld en skade tydens protes-aksies is misdadige gedrag en individue wat hulle daaraan skuldig maak, moet as misdadigers in hegtenis geneem en behandel word.”

Hy het gesê by ‘n gebrek aan optrede deur die polisie wil die VF Plus privaat eienaars van sakeondernemings en organisasies wat Woensdag groot skade aan hul eiendom gely het, aanmoedig om die EFF as politieke party aan te kla en verantwoordelik te hou om die skade van dié party te verhaal. “Dalk maak dit ‘n bydrae om protesaksies wat altyd met geweld gepaard gaan, stop te sit.”

Die omvang van die skade aan die Kruger-standbeeld is nog nie bekend nie. Kyk die video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Genoeg is genoeg ·

@James – van watter wette praat jy? Bestaan daar nog so iets?

charmaine ·

Ek het trane gekry toe ek sien wat hulle met Paul Kruger beeld doen, dan wonder hulle kom hou/haat ons hulle. Hulle het geen benul van die geskiedenis omdat hulle nie n geskiedenis het om op terug te val nie. En ja hou Malema persoonlik verantwoordelik vir alle skade.

Jan ·

‘n Kultuur van brand en verwoesting saai as hulle in hul getalle betoog. Ek het gelees van mense wat uit hul karre gepluk is en geintimideer is om saam te betoog. Dit kink so bekend. Dis asof die mense as hulle so in hul getalle in die strate losgelaat word, mekaar opwerk tot hoogtes dat hulle net uithaak en enigiets aanvang.

Ahooy ·

Wette?? Regstelsel??? Polisie??? Wat n GRAP!!! Hoogtyd dat politieke partye begin betaal vir skade deur sy lede aangerig tydens betogings!! Duidelik is werkloosheid n groot probleem in ons land. Waar kry die duisende die TYD om al hierdie optogte en betogings by te woon??

Otter ·

Ons moet kyk na opsies vir nafhanklikheid vir die Afrikaner. Daar is duidelike diskriminerende veldtog teen ons vanuit die regering en ander groepe wat ons kultuur, taal en ons lewens bedreig. Dan is daar hierdie soort terreur daagliks, en regering wat nie funksioneer nie.

Edison ·

Ek dink nie die EFF kan verantwoordelik gehou word omdat ‘n persoon in hul univorm moeilikheid gemaak het nie. Wat as hulle VF+ drag aantrek en dan moeilikheid maak, moet VF+ dan al die skade betaal?

So graag soos ons will hê hulle moet aanspreeklik gehou word, kan mens net individue vang en wel hulle beskuldig.

Theuns ·

Hier was ‘n gemeenskaplike doel om te betoog teen Zuma moet bedank. Witmense en swartmense van verskeie affiliasies het deel geneem. Maar sommer so in die saamstaan oor een saak word die die Afrikaner Historiese standbeeld van Paul Kruger met brandbomme bestook en beskadig. Wat se dit vir jou? As die Zuma saga verby is gaan daar weer of die standbeelde en spesifiek die Afrikaner gekonsentreer word. Hier kom groot moeilikheid!

Andre ·

Ag ons almal weet daar gaan niks van kom nie en party praat net om nie vergeet te word nie want hulle self weet dit gaan nie gebeur nie

neelsie ·

Skuif ons Afrikaner -erfenisse na n veiliger plek.
Die verwoesters sal alles verbrand en dan weer bakhand staan vir iets om te eet.
Dit wat jy toelaat om in jou gedagtes pos te vat , gaan jy uitleef.
Die een wat anargie in ons land saai se gedagtes gedagtes word deur die Bose beheer.

Jakobus ·

Ek het dit onderaan ‘n ander berig ook gesê. Ons wat so kommentaar lewer, moet daarteen waak dat ons nie rassespanning, met wat ons sê, aanblaas nie, dit is erg genoeg soos dit is. Bly liewer stil en bewaar die vrede.

rafel ·

Dalk kan oom Paul na die Voortrekker monument geskuif word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.