EFF moet sê oor bewerings van korrupsie

(Argieffoto: Twitter)

Die Progressive Professionals Forum (PPF) het ʼn beroep op die EFF gedoen om die waarheid te praat oor bewerings dat partyleiers geld van VBS Bank ontvang het.

Die forum het gesê die jongste “verdoemende” bewerings plaas ʼn vraagteken oor die moraliteit van die EFF se leiers. Thembinkosi Rawula, ʼn lid van die EFF se sentrale komitee en voormalige voorsitter van die party se tugkomitee, het vandeesweek beweer EFF-leiers het geld by VBS Bank gekry.

“Die Ekonomiese Vryheidsvegters is een van die politieke partye in Suid-Afrika wat sedert sy ontstaan beweer het dat hy teen korrupsie en bedrog in sy geledere en in die hele land baklei.

“Die Progressive Professionals Forum, wat die land se middelklas verteenwoordig, én die res van die land, is bekommerd oor dié verdoemende bewerings, veral teen ʼn party wat beweer om aan die voorpunt van die stryd teen korrupsie te staan,” het Sithembiso Kubheka, die PPF se sekretaris-generaal, in ʼn verklaring gesê.

Kubheka het gesê die PPF doen ʼn beroep op die EFF se leiers om die terugvoer te gee oor die verslag wat partyleier Julius Malema voorgelê het by ʼn vergadering oor die kwessie. Die PPF het gesê ʼn transkripsie van die insette wat nasionale leiers by die vergadering gelewer het, moet ook bekend gemaak word.

“Dié inligting is baie belangrik vir Suid-Afrikaners, sodat hulle ʼn ingeligte besluit kan neem vir wie om op 8 Mei in die nasionale verkiesing te stem. Die PPF hamer op dié kwessie, omdat hy sedert sy ontstaan alle vorme van korrupsie, in die staatsdiens en private sektor, veroordeel het,” het Kubheka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Klara ·

Die waarheid praat…nooit as te nimmer. In Polokwane is ‘n pad wat geteer moes word toe die snelweg gebou was…raai waar is daai pad se geld heen…need I say more. Kom doen gerus ‘n opname in Limpopo oor eiendomme wat aan hom behoort…

JohanL ·

Die EFF sal nooit nooit reageer en die PPF antwoord nie. Of…… hulle sal antwoord maar met liegstories kom. Ons het mos gesien hoe oa Zoempies gelieg het en dinge toe later uitgekom het as die waarheid. En die 10% man is volgens alle aanduidings ook besig om te lieg. Lieg, lieg, lieg …… dit doen hulle goed.

pieter ·

Is die einde insig vir die kat met die 9 lewens…….ek glo nie.Hulle sal hierdie aanslag ook oorleef,en voortgaan met dit wat hulle ken,om te lieg en te bedrieg.

BlinkStephaans ·

Die eff is die anc se kalfie… so die gene loop dik daar… en alles wat hulle sê is ook maar net soos die moederkoei net praatjies. Hulle is daarin vir die geld.

Adam ·

Uiters onverantwoordelik van die PPF om EFF en die waarheid in dieselfde sin te gebruik. Malema en die waarheid het al ‘n uitval in die kraamsaal gehad.

George in Bloem ·

EFF die waarheid praat? Rerig? Hahahahaha!!! Goeie een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.