‘EFF moet strafregtelik aangekla word’

EFF-lede word uit die parlement verwyder (!7 Mei 2016) Foto: Skermskoot uit SABC Digital News-video op YouTube

EFF-lede word uit die parlement verwyder (!7 Mei 2016) Foto: Skermskoot uit SABC Digital News-video op YouTube

Die ANC het gesê LP’s van die EFF moet strafregtelik vervolg word vir die geweld wat Dinsdag in die parlement ontstaan en gelei het tot die beskadiging van die wetgewer se eiendom.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het in ʼn verklaring gesê die EFF-LP’s se algemene anargistiese optrede is kommerwekkend en daarom moet die parlement regstappe teen die party doen.

“Hierdie LP’s se kwaadwillige skade aan die parlement se eiendom vandag [Dinsdag], terwyl hulle volgens hul amp eerbaar en ʼn voorbeeld vir die res van die samelewing moet wees, is veral kommerwekkend in die lig van soortgelyke verwoesting en beskadiging van openbare eiendom regoor die land, insluitende skole, universiteite en klinieke,” het Mthembu gesê.

Vuiste het geklap toe EFF-LP’s, wat die partyleier Julius Malema insluit, gister deur die parlement se veiligheidsdienste uit die Nasionale Vergadering verwyder is, omdat hulle pres. Jacob Zuma verhoed het om sy kwartaallikse vraag-en-antwoord sessie te begin. Speaker Baleka Mbete het beveel die LP’s moet verwyder word omdat hulle die parlementêre reëls oortree het deur die president te verhoed om te praat.

Die EFF-LP’s het gesê hulle sal nie toelaat dat die parlementêre bedrywighede voortgaan voordat Zuma aangespreeklik gehou word oor sy oortreding van die grondwet in verband met die Nkandla-sage nie.

Hulle het besems en asblikke na die parlement se veiligheidsbeamptes geslinger en van die EFF se ondersteuners het vanuit die openbare galery gekom om aan die gestoei deel te neem. ʼn Glasdeur is gebreek terwyl veiligheidsbeamptes die LP’s by die gebou uitgestoot het.

Malema het later gesê die president sal nooit vrede in die parlement vind nie en die EFF sal “enige wapen” gebruik om teen hom te baklei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

vermeende ·

Glo maar, die wapens sal AK’s en blanke gesteelde wapens insluit.

Rynhardt ·

EFF se stelling dat Zuma nooit vrede sal he nie, is alles toneelspel.Anc en EFF het parlement doelbewus siek gemaak met moleste en chaos!Alles moet tot stilstand gedwing word in SA sodat die fondament vir die “wettige” rewolusie kan plaasvind!

Griki ·

Ek stem saam met Jackson Mthembu. Die EFF moet strafregtelik vervolg word en alle moontlike stappe moet gedoen word om hulle anargie stop te sit. Beveg geweld met geweld as dit nodig is. Mens wil nie graag geweld sien nie, maar mens moet doen wat mens moet doen. Die EFF berokken ons land ongelooflik baie skade en kan nie ‘n vinger na Zuma en die ANC wys nie. Hulle moet nou gestuit word.

Johan ·

Is die optrede van die EFF nie maar reflekterend van wat in die land aangaan nie? Begin eers om geweld op die grond en in die gemeenskap hok te slaan. Sulke optrede deur betogers en parlementslede word nooit ten sterkste aangespreek en skuldiges regtig vervolg nie. Mense in die gemeenskappe sien wat in die parlement aangaan en sien dit ook maar as aanvaarde gedrag.

Koos1 ·

Ekskuus, wie moet vir wie die voorbeeld stel? Onse “eerbare president” kan die woorde nie eers spel nie, maar hy word op sy troontjie gehou.
Wie het begin met die geweld pleging in die 1980? Wie het hulle ondersteuners aangemoedig om in daai tyd die land onregeerbaar te maak?
Nou word hulle eie taktiek teen hulle gebruik, en nou huil hulle? Eish.

Willie E ·

Die EFF is maar net ‘n pion wat sy “groter meester en hanteerder ” se opdragte stiptelik uitvoer,meer as dit wil ek nie se nie.

Suzette ·

@Willie E: Stem saam dekmantel wat prez verhoed om te praat soos hy hulle beveel het om te doen. Maak amok dan hoef prez nie onderworp te word aan vrae en antwoorde nie. Meer as dit kan ons nie se nie.

John ·

Sit Gordhan en Malema in die tronk. Die droomgeskenk vir ons geagte president… so word beweer. Die land sal brand en so ook die Rand. Waarheen sal ons rubberbote vol vlugtelinge vaar? Die vliegtuig staan reg vol brandstof vir ons VIP’s met die neus gerig op Dubai. Glo vriendelike mense. Miskien ken ons president iemand daar.

Ben Prinsloo. ·

John 10 uit 10 vir jou kommentaar. Nie veel meer nodig om te sê nie.

pop ·

Moet ons n politieke p[arty stig om ook weg te kom met die mees erge handelings en uitsprake. Nou die dag toe se die meneer hy gaan alle eiendom van witmense vat as hy aan bewind kom. en hy het nog vreeslikste goed kwyt geraak. Hy is openlik rassisties. As hy sy mond oopmaak braak hy gal oor ons wittes. Hy gaan gaos in die land saai en baie bloed gaan vloei want hy is geditermineerd om die land oor te vat.

Oom Kalahari ·

Hierdie hele wanordelike optrede van die jongman of stoute seun (Mal-emma) en EFF is alles beplande strategieë van die cANCer kaders as die ondergrondse rebelle groep en word deur hul finansieël ondersteun. Die aktivis Charlize T dra ook mildelik by tot hierdie groepe. Die drie enige mag is ANC, DA en EFF wat onder dieselfde sambreel die wolwedans vervolmaak.

Scalla ·

Laat hul aanspreelik gehou word vir die skade, pay back the money.

Zumie ·

Dit is nogal snaaks om die ANC te hoor skree dat die EFF moet betaal vir skade — hoe lekker het die ANC nie self in die sewentigs en tagtigers gebrand en gebom nie SONDER OM TE BETAAL NATUURLIK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.