EFF ‘n “bedreiging vir demokrasie”

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) (L) en Braam Hanekom, lid van die nasionale taakspan van die ANC-jeugliga (R) in gesprek terwyl die polisie tussenbeide moes tree toe lede van die EFF en die ANC mekaar wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) (L) en Braam Hanekom, lid van die nasionale taakspan van die ANC-jeugliga (R) in gesprek terwyl die polisie tussenbeide moes tree toe lede van die EFF en die ANC mekaar wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die ANC het Vrydag gesê die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn bedreiging vir demokrasie.

“Die ANC neem met erns kennis van die gedrag van EFF-LP’s Donderdag in die parlement,” het Zizi Kodwa, woordvoerder vir die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Dit is die optrede van rebelle wat hulself as parlementariërs voordoen maar hulself daarop toespits om ons demokrasie, parlement en wetgewers te kaap.”

Die LP’s het Donderdag ʼn oproer in die Nasionale Vergadering veroorsaak. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder vir die EFF, het gesê daar is drie redes vir dié betoging, naamlik dat pres. Jacob Zuma nie op die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings by Nkandla reageer het nie; dat Zuma sê die minister van polisie moet bepaal wie vir die opgraderings gaan betaal; en omdat daar “behoorlik voldoen moet word” aan die OB se verslag.

Die OB het in haar verslag bepaal dat Zuma en sy familie onbehoorlik voordeel getrek het uit opgraderings aan sy woning in KwaZulu-Natal en hy ʼn gedeelte daarvan moet terugbetaal.

Die EFF-LP’s het die verrigtinge onderbreek terwyl Zuma vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord het. Malema het beswaar aangeteken op Zuma se antwoord of hy die geld gaan terugbetaal.

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het die EFF-lede versoek om die saal te verlaat, maar hulle het geweier om die gebou te verlaat.

Kodwa het gesê miljoene Suid-Afrikaners het vir politieke partye gestem om hulle in die parlement te verteenwoordig, en die parlement moet gevolglik nie homself tot “op die vlak van ʼn kleuterskool” laat daal en die wense van die mense verraai nie.

Bandile Masuku, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het gesê die party beplan om klagtes van aanranding teen Julius Malema [leier van die EFF], Andile Mngxitama en die EFF aanhangig te maak nadat die polisie tussenbeide moes tree ná ʼn onderonsie tussen EFF-LP’s en Braam Hanekom, lid van die nasionale taakspan van die ANC-jeugliga. Masuku het die “hardhandige optrede” as ʼn misdryf beskryf en gesê hulle sal die regstelsel hieroor nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andre De Klerk ·

Hierdie gedrag beklemtoon net die feit dat Suid Afrika nie reg is vir demokrasie nie!
Nie net die gedrag van Malema en sy volgelinge nie maar ook die van Zuma en sy trawante!
Malema, is reg as hy sê dat Zuma moet teruggee wat hy gesteel het, maar hoe mag hy wat agter die deur staan, die een wees wat die eise stel!?
Wanneer Malema oorneem sal daar n nuwe een sy plek aan die linkerkant inneem – net meer korrup en bloeddorstig!

Henry ·

Ek hoor jou Andre, ek wonder of enige derdewereldse land ooit reg is vir demokrasie…

Henrietta Klaasing ·

Dis moeilik om neutraal te kyk na die gebeure: aan die een kant is hul blatante ongepoetse / ongeskikte gedrag onaanvaarbaar, maar aan die anderkant kan veel goeds daaruit voortspruit: hulle gaan beslis nie tevrede wees dat net die ou 40-bladsytjies van Zuma se antwoord oor Nkandla aanvaar word nie, dis nie wittes wat so lawaai opskop teen Zuma nie en op die Mail n Guardian se voorblad lees ons dat daar ministers is wat g*tvol ( sic) Zuma se ontwyking van kwessies

Jan en Annatjie Karsten ·

Daar is een probleem in SA en dit is nie die politieke partye nie, maar die liberale marxistiese kommunisme wat agter alles sit, ma.w. die liberale jode, wereld wyd. Die manne met die geld wat ‘n nuwe wereld orde wil skep, satan se wereld. Hulle is nou te vrede met wat hulle met die anc bereik het en nou wil hulle, hulle deur die eff wat ook deur hulle gestig is om ver werp. Die hele idee agter die plaas onteienings en om die wit boere uit te kry, is om beheer en besit van die land in die regering se hande te kry en hulle dan in hulle peetjie stuur en so kan hulle wereld mag kry. Ons bly in die vsa en sien reeds hier wat aan die gebeur is. Die begin van wat in SA gebeur het, toe Verwoerd uit die pad geneem is , want sy beleid was heel teen strydig met wat hulle met die nuwe wereld orde wil tot stand bring. Elke volk het ‘n land gekry en die blankes het beslis nie die meerderheid en beste land gekry nie. Die wit boere het dan meer reg om grond te eis, aangesien ons voor ouers ook op plase begrawe is en al daai gemors. In 1912 toe die anc gestig is, was daar meer blankes in SA as swartes. Terloops die anc is ook deur hierdie jode tot stand gebring om ‘n sterk 1ste wereld land op sy kniee te dwing. Hulle het dit reg gekry om ‘n 4de wereld land tot stand te bring binne 20 jaar, wat ‘n absolute verslaendheid en vernedering onder die blankes veroorsaak. Suid Afrika was een van die sterkste lande ter wereld, ekonomies, weermag, landbou en talle ander gebiede. Nou vra ons president hulp van afrika eenheid om hulle troepe beskikbaar te stel oor moeilikheid in Lesotho. Hoe nou?

LEON ·

NEE JUL VESTAAN VERKEERD DIT IS ALLES VOORSPEL EN DEEL VAN
DI TOTALE INEEN STORTING WAARDEUR ONS MOET GAAN HOU MAAR
NET MOED

Pierre B. de Villiers ·

Die ANC het Mbeki teruggeroep en hy het dit goed hanteer, maar Zuma gaan met sy stert tussen die bene die pad vat. Zuma het die pad lankal byster geraak.
Malema en sy trawante tree werklik soos `n bende op. Hul visie is anargie. Malema sal nooit met niks saamstem nie, want hy kan nie logies onderhandel nie.
Arme skoolkind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.