EFF na appèlhof in Trevor Manuel-lastersaak

Trevor Manuel. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die EFF gaan die appèlhof petisioneer nadat die hooggeregshof in Johannesburg sy aansoek om te appelleer teen ʼn uitspraak in die Trevor Manuel-lastersaak van die hand gewys het.

Die rooipette se appèlaansoek het Dinsdag misluk. Die hof het die party vroeër beveel om Manuel, ʼn voormalige minister van finansies, om verskoning te vra en skadevergoeding van R500 000 te betaal.

Godrich Gardee, die EFF se sekretaris-generaal, sê die party sal hom tot die hoogste hof wend om geregtigheid te laat geskied.

“Ons is van plan om ons regte uit te oefen en die appèlhof binne 24 uur te petisioneer. Ons dink die laer hof het ʼn fout begaan, sekere feite in die saak verontagsaam en die wet verkeerd toegepas,” het Gardee gesê.

Manuel het die EFF hof toe gesleep nadat die party beweer het daar was nepotisme betrokke in die soektog na en aanstelling van die hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Edward Kieswetter.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het ʼn paneel, wat Manuel gelei het, aangestel om te soek na ʼn plaasvervanger vir die beleërde Tom Moyane.

Kieswetter is in Maart vanjaar as hoof van die SAID aangestel. Die EFF het die aanstelling “korrup” genoem en die beweerde geheimhouding rakende die onderhoud- en aanstellingsproses bevraagteken.

Regter Elias Matojane het verlede maand beslis die EFF se opmerkings was onwettig, vals en lasterlik.

Die party, gelei deur Julius Malema, is beveel om Manuel om verskoning te vra en die opmerkings van alle platforms, ook op sosiale media, te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann cb ·

Hoe meer hulle op hofbeslissings staatmaak, hoe minder word hulle fondse!

Cora Simpson ·

Hulle moet gery word tot by Oom Daantjie in die kalwer Hok!! Mors die staats se tyd!!

Andreas ·

Daar is mos nou niks mee verkeerd as mens jou regte wil uitoefen en jou geld in die water gooi nie, dis nou wel simpel ..

Anoniem ·

Ek dink die EFF het die wet (soos baie ander dinge) verkeerd verstaan.

hendrik ·

Afriforum se hofsake teen EFF loop dood maar ou Clever se saak draai in die hooggeregshof. Hoe nou?

Cherokee ·

hendrik, is jy seker van jou saak wanneer jy sê AfriForum se hofsake teen die EFF loop dood? Waar kry jy jou inligting? Maak seker van jou feite.

jaco ·

Ek kan laster teen wit mense verstaan; seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid, maar laster van swart teen Kleurling, dus vanaf een slagoffer van apartheid op ‘n ander slagoffer van apartheid is vreemd.

Sieg ·

Dink julle Joe-Joe sal dit doen, hy staan mos bo die gereg! Nee wat vergeet dit maar.

Gert van Wierdapark ·

Die EFf is nou al op “automatic” na die appel-hof en nie meer op “Manuel” nie! Wonder waar kry die Efl outjies al die geldjies – seker maar by die naaste vee bee es?!!

Malmokkie ·

Goetjoe!!! Hoog tyd dat hulle op hulle baadjie kry en Sarie gif tannie getrek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.