EFF nader grondwethof oor Zuma

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die EFF gaan Donderdagmiddag ʼn aansoek by die konstitusionele hof indien om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te laat plaas.

Julius Malema, leier van die EFF, sal die aansoek namens die party indien. Die EFF versoek die konstitusionele hof om die speaker van die parlement te dwing om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas of met dissiplinêre stappe teen hom te begin.

Die aansoek hou onder meer verband met die Nkandla-sage. Die konstitusionele hof het verlede jaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die destydse openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Volgens Malema het Zuma al verskeie kere vir die parlement gelieg. Hy het ook gesê die EFF het al verskeie pogings aangewend om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te laat plaas, maar dat hul versoeke op dowe ore geval het en met geweld ontvang is. “Ons nader die konstitusionele hof as ʼn laaste uitweg aangesien ons glo Zuma se optrede rakende die Nkandla-sage, binne én buite die parlement, laat hom onbevoeg om president van die land te wees.”

Malema het gesê indien die aansoek suksesvol is, sal Baleka Mbete, die speaker, geen ander keuse hê as om met stappe teen Zuma te begin nie sodat hy direk aan die mense van Suid-Afrika rekenskap kan gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

zahn ·

Ek stem saam met julias, maar ek wil nie doemprofeet wees nie.
Ek is net bang ons sal eendag anc moet stem om die effers uit te hou. Daai dag is nie so ver weg nie.

Skim ·

Kan iemand vir my se wat van die SAKE teen Malema geword het? die SARS R6 miljoen en vele ander korrupsie-aanklagte mbt tenders ens.? Ek het nog min so ‘n arrogante mens gesien, jy hou ander ‘by the book’ maar sit self met ‘n vuil rekord. Kyk vir Zuma voel ek niks nie, en enigiemand kan hom maar bykom en aanvat, maar wragtie hoor .. MALEMA hou ‘n groot FRONT voor, al ons swart werkers se vir ons hy is KOP IN EEN MUS met ZUMA. Hy is Zuma se puppet en die hele ‘ding’ wat hy teen Zuma het is net ‘n front. Hy kry ondersteuners met sy aksies, en uiteindelik gaan hy weer aansluit by die ANC, seker as een of ander Minister, so moenie dat ‘n outjie wat nie eers skoolgegaan het julle FLOUS nie.

AL ·

Ons laat ons nie flous nie. Ons oë is wawyd oop. jM soek net mag en geld. Hy is slegs lojaal teenoor homself.

MANIE ·

Wil hierdie rassis nie selftetyd aansoek doen by hof dat hyself verwyder word

A ·

Gee krediet waar dit hoort. Eff …… Geen breinselle. Geen waardes. Ens, maar’ balls’so groot soos die wêreld. Give them some bells

Rynhardt ·

Mense moenie opgewonde raak oor Malema wat hof toe hardloop oor Zuma nie! n Ruk terug was dit die einste Malema wat op die program Carte Blanche gese het:”We gonna teach you Afrikanerboys a lesson!” Malema en EFF wil Zuma uit pad he en chaos skep vir hul rewolusie! Parlement is reeds in chaos met hulle elke keer! SA sit reeds met rewolusionere faksies in parlement.Onthou ons die plaasmoorde- debat?? Daar was reeds die verkeerde sein uitgestuur teen boere.Word wakker!

Koos1 ·

Makliker gesê as gedaan. Ons weet teen die tyd dat die ANC geen respek het vir howe nie. (Nkandla, SASSA) Slaag die aansoek, dan wie moet hom vervolg of stappe neem? Sy eie handpoppe!
Gee hom eerder nog tou.

Wouter ·

As jy dit regkry…..gaan die land jou omhels, want niemand kry dit reg nie.

Bs ·

Die DA wil weer n mosie van wantroue instel in die Parlement. Waarom het hul nie self gegaan na Konstitusionele Hof nie?

Ouma ·

Solank JM net nie oorvat by JZ nie. Hy is slim en uitgeslape.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.