EFF neem ANC-setel af in Noordwes

Foto: Facebook via Economic Freedom Fighters.

Die EFF het die ANC ontsetel in Coligny, Noordwes, en die DA het stewige terugslae beleef in die Wes-Kaap, maar in Gauteng het die magsbalans grootliks onveranderd gebly in gister se tussenverkiesings.

Die grootste verandering was in wyk 15 in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes. Die munisipaliteit setel in Lichtenburg en wyk 15 is gesentreer op die dorp Coligny, wat deesdae pal in die nuus is weens gewelddadige rassespanning.

Gister het die EFF in ʼn baie gelykop stryd die setel by die ANC afgeneem. Die nuwe raadslid is Bongane Cekisa van die EFF, wat 699 stemme gekry het teen 688 vir die ANC, 373 vir die DA, 124 vir die VF Plus en 32 vir ʼn onafhanklike kandidaat.

Drie tussenverkiesings het in Johannesburg plaasgevind, waarvan een ʼn baie hoëprofiel-kandidaat gehad het.

Argieffoto

Die ANC se besluit om Violet Chauke, nasionale ondervoorsitter van die SA National Civics Organisation (Sanco), as kandidaat te stel in Johannesburg wyk 92 (die woonbuurte Kaalfontein, Ebony Park en Allandale in Midrand) het vrugte afgewerp.

Die ANC het die wyk behou met 1 786 stemme teen 1 236 vir die DA, gevolg deur die EFF met 671 en die AIC met 37 stemme. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 4% na die ANC.

Die ander twee Johannesburgse wyke het groot DA-oorwinnings opgelewer.

Johannesburg wyk 72 is die gebied rondom Linksfield. Daar het Lionel Greenberg van die DA 4 513 stemme gekry, die ANC 342 en die EFF 67. Die swaai na die DA sedert 2016 is 9%.

In Johannesburg wyk 88 (Rooseveltpark, Montgomerypark en ʼn deel van Northcliff) het David Hensman van die DA 3 083 stemme gekry, ʼn onafhanklike 466 stemme, die ANC 284 en die EFF 37. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 2% teen die DA.

Die beste DA-uitslag van die dag was uit Pretoria se oostelike voorstede Elarduspark en Wingate Park, wat die Tshwane-metro se wyk 47 vorm. Daryl Johnston van die DA het 4 388 stemme gekry teen 192 vir die ANC en 30 vir die EFF. Dis ʼn swaai van 8% na die DA, weliswaar in die afwesigheid van ʼn VF Plus-kandidaat.

By die DA se laaste verkiesingsveldtog voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 (30 Julie 2016) Foto: DA, Facebook

Slegter nuus vir die DA het gekom vanaf twee tussenverkiesings in die Wes-Kaap, wat die DA weliswaar gewen het, maar waar die VF Plus heelwat sterker vertoon het.

Breedevallei wyk 10 is die woonbuurte Hexpark en Johnsonpark in Worcester. Die nuwe raadslid is Mac-Lizia Solomons (DA) wat 1 134 stemme gekry het teen 579 vir die Breedevallei Onafhanklik, 433 vir die ANC, 130 vir die VF Plus, 28 vir die EFF en 23 vir die ACDP. Die swaai teen die DA was 9%.

En in George wyk 18 (die woonbuurte Denneoord, Denver Park en Loeriepark) kon die DA se bekende en hoog aangeskrewe kandidaat, Jannie van der Westhuizen (oudrektor van Paul Roos Gimnasium), nie ʼn swaai van 12% teen sy party verhoed nie.

Die DA het 996 stemme gekry, die VF Plus 172, die ACDP 41, die ANC 4 en die EFF 2 stemme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JIP ·

Whaaaaa dit was te wagte gewees . die EFF het mos ‘n wapen . GROND . en WITMENSE . en solank jy grond wil he en witmense haat so lank kan jy EFF stem . ek het GEWEET die EFF gaan groot opgang maak want ongeleerde mense word maklik deur leuens beinvloed . STEM EFF en jy kry ‘n wildsplaas .. Die ANC het nou lekker pak gekry SO OOK DIE DA, want hulle wil mos nie standpunt inneem nie .. ek voorsien die EINDE Van die DA binnekort .. Daar gaan ‘n ANC en ‘n EFF wees en die ander partye gaan non-existing wees .. tooot toot die trein is op die afdraande pad …

Staan vas ·

Ek sal my eiendom verdedig, dis my nasionale en internasionale reg.

GO VF+ ·

YES STORM VOORT VF+ MOET ONS NET NIE TELEURSTEL EN WEGLOOP EN ONS VERKOOP SOOS KORTBROEK NIE .. ons is AGTER JULLE VF .. ons het nog altyd gese die wittes is nie welkom in die DA nie . hulle moet VF toe oorbeweeg . die DA se pakslae is oppad . en al is die VF nog nie naby aan hulle nie . gaan hulle al hoe meer wit stemme verloor agv hulle rassistiese beleid jeens blankes .. vat julle pak nou Mmusi .. gaan werf nou maar die massas ..

Waarheen nogal moet die vf- gaan ·

Regtig hulle verkoop julle al lankal uit. Hulle WERK SAAM MET DIE ANC. Wakker word asb. Die vf kry baie ondersteuning vir anc in die buite land

Neewat ·

Waarheen gaan jy? Lyk my jy HET nie eers ‘n party nie .. Lyk my julle is ook almal uitverkoop, toe nooit die huise en yskaste gekry wat julle belowe is nie ne? Kyk vir elke EEN vyand waarmee die VF saamwerk werk die DA met 500 saam en die ANC met 1000 en die EFF met 100000 so miskien moet mens maar die beste van die evils kies, ek kies VF!

david ras ·

“Waarheen nogal moet die VF – gaan….”—waar kom jy aan hierdie onsinnighede ? Voorgeskryf deur jou plaaslike DA tak….?
Ek dink JY moet wakker word ….!

PLP ·

Moet nou nie die arme EFF so beoordeel nie. Dis n baie goeie ding dat hulle Coligny gewen het. Nou is hulle in beheer van die munisipaliteit. Kom ons kyk of hulle n munisipaliteit kan bestuur. Hulle het absoluut geen idee hoe om n dorp te bestuur nie. Hierdie is n goeie geleentheid vir EFF aanhangers om te sien hoe die EFF alles nog verder gaan op bogger. Ek voorspel binne 3 maande na oorname brand hulle EFF huise

Koos ·

Gaan lees maar weer. Die Everything For Free-man het ‘n wyk in die verkiesing gewen wat basies die dorpsgebied van Coligny insluit. Soos ek dit verstaan is die munisipaliteit in Lichtenburg gesetel. So jy is verniet opgewonde.

Attie ·

Soveel wit dwase wat steeds dink dat hul redding by die DA-rugstekers lê.

Mielie ·

Baie bly om te sien die VF+ trek meer kiesers. Sal meer van hulle wil hoor. Meer aggresiewe benadering om stemme te trek, ek glo ons sal in die toekoms meer van hulle hoor.

Louwboepens ·

Om die uitslae in perspektief te stel moet die syfers die praatwerk doen.In die wyke waar die DA en VFplus kandidate het is die getalle DA 2503 en die VFplus 426 stemme.In die wyke waar die DA en die ANC kandidate het is die getalle DA 11723 en die ANC 3729.Die getalle praat vir hulle self!!

Reguit ·

Mense soos ek verlaat die land omdat daar steeds te veel mense soos PLP is wat ‘glo’ dat Azanië iets kan “leer” – terwyl ons almal weet dat Azanië die afgelope 24 jaar boggerol geleer het en reguit op pad ondertoe is. Om te glo dat die massas uit die ‘EFF se foute’ gaan “leer” is soos om te glo dat hulle na al die jare byvoorbeeld uit ESKOM se foute “geleer” het, of dat Afrika-lande “geleer” het om soos Westerse lande bestuur te word. Hoe naïef kan mens wees? Al wat die EFF gaan doen is om alle belastings na die swartes te kanaliseer, die wittes van dienste te stroop, en ons wéét wie gaan steeds hiervoor betaal. Verder gee die massas nie veel om as hulle op ‘n baie laer lewens-standaard lewe as die wittes nie, en sal die “EFF se foute” hulle min skeel – solank hulle gratis krag en water het nie. Dit is duidelik: die liberale wittes leer nooit. Infantiel ‘glo’ hulle steeds in hul wonderlike reënbooghool terwyl dit voor hulle oë afbrand.

Cherokee ·

Politiek blyk effens wisselend te raak in Suid Afrika.
Hier in ons dorpie word die munisipaliteit beheer deur ‘n groepie (weet nie mooi wie hulle is, maar die naam is) african national congress.

Hennie ·

‘n Politieke ontleder het die ander dag heeltemal tereg gesê die DA se suurstof het op geraak. Die EFF floreer net op publisiteit en vat alles wat hulle verniet kry, al is dit ook aanstote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.